ʼn Suid-Afrikaner is een van drie jokkies wat Sondag ernstig beseer is tydens ʼn voorval in die groep een Hong Kong Sprint, een van die hoogtepunte by die beroemde Sha Tin-perderesiesbaan.
Die voorval het gebeur nadat die Suid-Afrikaner Lyle Hewitson se Amazing Star gestruikel het, net toe die groep die laaste pylvak van die 1 200 m-resies binnegegaan het.
Lucky Patch en jokkie Zac Purton, Naboo Attack en jokkie Karis Teetan, asook Pixie Knight met jokkie Yuichi Fukunaga is in die gemaal vasgevang en in ontstellende tonele rondgeslinger.
Die Hongkongse jokkieklub het bevestig dat Purton, Hewitson en Fukunaga almal in ʼn bestendige toestand is nadat hulle na die nabygeleë Prince of Wales-hospitaal geneem is.
Amazing Star en Naboo Attack moes egter weens die omvang van hul beserings van kant gemaak word.
Lyle out of ICU https://t.co/k6riyQuM01 via @Turf Talk pic.twitter.com/AV71VPBUHB
— Turf Talk (@TurfTalk1) December 13, 2021
Teetan het ongedeerd weggestap en kon die res van sy ritte voltooi.
Die voorval het ʼn demper geplaas op Hongkong se grootste resies, die Longines International Races-byeenkoms wat op die tweede Sondag van elke Desember gehou word.
Die jokkie Gavin Lerena het intussen in ʼn plasing op Twitter geskryf Hewitson se heup benodig minstens nie ʼn operasie nie. Lerena het mense vroeër ook gevra om vir Hewitson te bid.
Lyle is ok hip fracture no surgery needed ???????? God is Great ???????? hope the other jocks ok too ????????
— Gavin Lerena (@gavlerena07) December 12, 2021
Die 24-jarige Hewitson is in 2020-’21 vir die derde keer as Suid-Afrikaanse kampioenjokkie aangewys en het reeds 263 oorwinnings agter die blad.
Sportingpost berig dokters is tevrede met die uitslae van skanderings wat op Hewitson gedoen is en maak gereed om hom na ʼn algemene saal te verskuif waarna hy na verwagting na die Hong Kong Jockey Club-hospitaal oorgeplaas sal word.
One of our leading jockeys has been involved in a terrifying race fall. Zac Purton had already ridden three winners at the prestigious Hong Kong international met when he fell from 'Lucky Patch' in the $4 million sprint. https://t.co/OF81oZFF1j #7NEWS pic.twitter.com/Tm0NYDaScD
— 7NEWS Sydney (@7NewsSydney) December 12, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Ek wens hulle wil die wrede sport verban.
Arme diere!
Eina!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Daardie arme perde!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Wou sê elke sport het sy beserings, maar sjoe!!!!!!!! Dis erg!