SA juig oor reën

Foto: pixabay.

Foto: pixabay.

Mense landwyd het gejuig toe die druppels Dinsdag begin val en vir ʼn wyle ʼn klein bietjie verligting van die droogte gebring het.

Noordwes en die Vrystaat het veral guns geniet. Die droogte wat tans oor groot dele van Suid-Afrika ervaar word, is die gevolg van ʼn herhalende reeks droogtetydperke en uitermatige warm toestande, wat kenmerkend is van die weerverskynsel El Niño. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens meen dit sal Suid-Afrika ’n hele ruk neem om van die droogte te herstel.

Daar word vir dele van die land nóg reën voorspel vir die res van die week. Kyk hier hoeveel reën jou provinsie reeds gekry het en of jy nóg te wagte kan wees:

Gauteng

Daar is 20 mm reën tussen Dinsdag en Woensdag in Wonderboom aangeteken, die meeste vir die provinsie. Johannesburg het agter in die ry gestaan met ʼn skamele 7 mm. Pretoria kan die heel week nog reën verwag met maksimum temperature tussen 27 en 32 °C . Daar is ʼn 60% kans vir reën Vrydag en 30% die naweek.

Bronkhorstspruit het 17 mm gekry, Pretoria 12 mm en Zuurbekom 14 mm.

Mpumalanga

Witbank het die meeste reën gehad met 15 mm wat aangeteken is en slegs 1 mm in Baberton. Daar is egter ʼn 60% kans vir reën Woensdag, Donderdag en Sondag.

Secunda het 13 mm gekry, Ogies 14 mm en Ermelo 11 mm.

Limpopo

Warmbad het 19 mm reën aangeteken en Mara en Tzaneen slegs 1 mm. Daar is egter ʼn 60% kans vir reën vandag in Polokwane met vooruitsigte vir reën die naweek. Saterdag se maksimum temperatuur sal tot 33 °C styg.

Oudestad en Lephalale het albei 14 mm gekry en Levubu 4 mm.

Noordwes

Lichtenburg in Noordwes is behoorlik nat met 36 mm reën. Die heel minste reënval in dié provinsie is by die Hartbeespoortdam aangeteken (9 mm). Vryburg het tot Vrydag ʼn 30% kans op reën.

Die res van Noordwes het ook nie droëbek verbygegaan nie. Leeukop het 19 mm gekry, Phitshane 28 mm en Potchefstroom 23 mm.

Vrystaat

Bethlehem het lekker gereën gehad met 28 mm, terwyl Glen College en Wepener net 1 mm gekry het. Bloemfontein kan tot Sondag reën verwag met Saterdag se maksimum temperatuur wat op 30 °C staan.

Frankfort het 22 mm gekry, Kroonstad 14 mm en Vrede 19 mm.

Noord-Kaap

Dit het skaars hier gereën met Postmasburg wat 7 mm aangeteken het en Twee Rivieren en Upington albei net 1 mm. Springbok se temperature is relatief laag op 21-24 °C, maar geen reën word vir die dorp vir die res van die week voorspel nie.

Brandvlei het slegs 2 mm aangeteken.

Wes-Kaap

Vredendal in die Wes-Kaap het maar aan die agterspeen gesuig met 1 mm. Die Moederstad  het Donderdag, Vrydag en Saterdag ʼn 30% kans op reën. Temperature sal Saterdag tot 18 °C daal.

Oos-Kaap

Dié provinsie het byna geen reën gekry nie: Jamestown het 3 mm aangeteken, Somerset-Oos, Lady Grey, Buffelsfontein, Barkly-Oos en Aliwal-Noord almal 2 mm en Graaf-Reinet slegs 1 mm.

Oos-Londen het Woensdag en Donderdag ʼn 30% kans op reën maar dit sal ʼn droë naweek vir dié stad wees.

KwaZulu-Natal

Ladysmith het 19 mm aangeteken, met Babanango kort op sy hakke met 13 mm. Mount Edgecombe het egter net 2 mm gekry. Richardsbaai kan bewolkte en reënerige toestande te wagte wees tot in volgende week.

Mooirivier het 8 mm aangeteken, Kokstad 3 mm en Durban 2 mm.

Cobus Olivier, ʼn wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het bevestig dat die weerdiens steeds bogemiddelde reënval in die somer reënvalgebiede tydens November, Desember en Januarie verwag.

Volgens die weerdiens toon die Indiese Oseaan-dipool ʼn negatiewe ontwikkeling, wat gewoonlik beteken die beweging van vog van die Indiese Oseaan na die sub-kontinent word onderdruk. “Dit is die stelsel wat ons ʼn aanduiding gee om in die lente dalk minder as die normale reënval te verwag,” het Olivier verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

SNEL ·

Wonderlik! Prys die Heer! Ons sal nog aanhou bid en kan nie wag vir alles om weer mooi groen te wees en damme wat oorloop van al die water nie. Hier is mos n pannekoekresep op Maroela, dat ons begin bak en brou vir die groot reën wat nog gaan val.

Suzy ·

Dankie JESUS vir die reen wat regoor die land geval het , ons loof en prys u daarvoor .

Vissie ·

Ons het verlede Sondag hier in ons gemeente in Namakwaland spesiaal vir hierdie gebiede gebid, en in die komende naweek sal ons dankie sê.

Dankbaar ·

het jy al n boer sien lag, n boer sien dans in die reën terwyl n traan by sy ….?
Ek kan beslis

Dankbaar ·

“het jy al n boer sien lag, n boer sien dans in die reën terwyl n traan by sy ….”?
Ek kan beslis

hennie schutzler ·

Ons hier in Vryburg distrik het 3mm reën gekry. Ek murmureer nie, bly maar bid vir nog!

Johann Smith ·

Die Allmagtige God luister na die gebede van sy kinders as hulle in die geloof tot Hom nader. Prys Sy Grote Naam. AMEN!!

C ·

Dankie aan my Hemelse Vader vir elke druppel wat erens geval het. Ons het nog baie reen nodig en darem bid ons tot U om vir ons nog reen te stuur en veral in die gebiede waar dit die nodigste is. Ons glo en vertrou dat hierdie reen net die begin is en dat ons nog baie geseen gaan word met reen. All eer aan ons Hemelse Vader!!!

Brian ·

Prys die Here vir die reen wat geval het. Hy moet die die eer ontvang .

christa ·

Dankie Vader vir die wonderlike reen ons bly op ons kniee vir waar dit nog baie droog is want U Genade is groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.