SA kan herstel word – Zille

Helen Zille

Helen Zille

Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Vrydag gesê daar is niks fout met Suid-Afrika wat nie herstel kan word nie.

“Die les van Suid-Afrika se geskiedenis is dat ons ons toekoms kan vorm deur die besluite wat ons maak,” het Zille tydens ʼn openbare vergadering in Belfast, Mpumalanga, gesê.

Sy sê die DA is die enigste politieke party wat werklik gefokus is op die toekoms van die land. Die ekonomie groei en poste word geskep in die plekke waar dié party regeer.

“Die Wes-Kaap het die laagste werkloosheidsyfer in Suid-Afrika. Kaapstad is die stad in Suid-Afrika met die laagste inkomsteongelykheid,” het sy gesê. Die provinsie is ook die eerste wat universele toegang tot antiretrovirale medikasie beskikbaar gestel het.

Zille sê onafhanklike navorsers het glo bevind dat die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng, wat ook deur die DA bestuur word, die enigste plek in die provinsie is waar die meerderheid inwoners, swart en wit, tevrede is met dienslewering.

Sy is optimisties oor die verkiesing wat “werklike verandering” na Suid-Afrika kan bring. “Ons kies verandering. Ons kan ʼn regering kies wat doen wat dit verg om ware poste te skep,” het Zille bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Die les waarvan sy praat ? Is dit dat Engelse en kolonialisme nie reg was nie ? Of dalk al die Afrikaners wat deur Engelse in konsentrasie kampe vermoor is ??

Grassie ·

Nee, me Zille, jy droom van kiewieteiers wat pik. Tusse julle wit liberales en die huidige revolusionêre bewind het julle hierdie land op `n onstuitbare pad na totale anargie geplaas. Ek dink julle weet dit, maar probeer die feite verdoesel deur deurgans die behoudende deel van die wit bevolking te blameer vir alles wat verkeerd loop. Julle het die ellende geskep, so leef daarmee.
Ons paar wittetjies wat oor is sal na onsself omsien, ons doen dit al 362 jaar lank.

Slim Daan ·

100% in die kol. ( Benoude katjies – benoude spronge. [drome] )

Ria Maritz ·

Netjiese skrywe Grassie – terwyl jy nou praat van wit liberales, mens moet maar mooi op die uitkyk wees vir hulle, selfs slinkser as die ANC en trawante.

Kobus ·

Weereens die nie-Christelike wat onskuldiges ‘n grusame dood toewens in ongelukke en wat Shannon met alle geweld wil verban. Dubbel standaarde op sy beste.
Jou kommentare word ligterig opgeneem.

Ria Maritz ·

Dis tragies. Wanneer daar met my God die spot gedryf word, SAL ek nie stilbly nie.

Slim Daan ·

Kastrasie op TRAAG en jy’s oornag “messie” !? Pynlike proses so met n stomp dolk en al.

Messie ·

Wee jou die dag wanneer jy stilbly…

Hulle gespot is soos krassende kraaie – in hul soetste drome… Geen rus vir die goddeloses nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.