SA kan nie gratis universiteite bekostig

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die minister van hoër onderwys het gesê dit is onwaarskynlik dat universiteite in Suid-Afrika gratis opleiding kan verskaf.

Minister Blade Nzimande het tydens ‘n mediakonferensie gesê die regering het groot vooruitgang gemaak om befondsing aan universiteitstudente te verskaf en sal voortgaan om dit te doen.

“Ons kan nie ʼn stelsel sonder klasgelde bekostig nie. Diegene wat kan betaal, moet betaal. ʼn Land soos ons s’n kan nie bekostig om gratis hoër onderwys aan almal te verskaf nie,” het Nzimande gesê.

“Dit is ‘n goedkoop populistiese beroep deur mense wat geen verantwoordelikheid het om die land te regeer nie.” Nzimande het gesê sy departement is een van slegs ʼn paar departemente waarvan die begroting aansienlik verhoog is vir die 2016/17-boekjaar, te midde van begrotingsdruk weens die wêreldwye ekonomiese afswaai.

Die besluit om nie universiteite se klasgelde vir 2016 te verhoog nie, het die regering ʼn bykomende R1,9 miljard gekos. Nzimande het gesê bykomende fondse is toegeken om te verseker dat laasgenoemde besluit nie tot gevolg het dat klasgelde in die toekoms buitensporig styg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Theresa B ·

Kan my nie indink dat hulle ooit gedink het dis moontlik nie. REGTIG!!!

Hennie ·

Daar sal nog steets sekere wees wat geld het en steets nie betaal nie dis hoe ons land werk

Dee ·

En al sou daar gratis universiteite wees sal mense steets nie eens in hul eie taal kan skryf nie.

Proffie ·

Dit was nóóit moontlik nie. Maar, die regerende party het dit herhaaldelik belowe in vergange verkiesingsjare. Dit was erg onverantwoordelik, en nou sit ons met die gebakte pere. My simpatie lê nie by die betogende skobbejakke nie, en nog minder by die regerende skobbejakke. My simpatie lê by die betalende middelklas wat geen waarde vir hulle geld kry nie.

Hendrik van Niekerk ·

Die betalende middelklas word al hoe minder en minder.

Hendrik van Niekerk ·

Daar is niks oor van die vorige bedeling se ekonomies momentum en dit gaan wyse ekonomiese ingryping benodig om weer die ekonomie aan die gang te kry. Ons weet dit is nie moontlik a.g.v die magstbehebte regeerder. Dus moet ons maar as gemeenskappe onafhanklik groei om ons voortbestaan te verseker. Anders gaan ons kripeer en sal moet immigreer/migreer na land/buurlande om te oorleef. Bly jy in so gemeenskap en indien nie kan jy so gemeenskap skep? Kruisie trek gaan nie meer help nie maar hardwerk wel.

Anoniem ·

Gaan krap in ons staatspresident se kas…daar is baie geld!!!!!!!!!!!!!!!!!

m ·

Shame kom julle dit nou eers agter. Seker gedink hulle gaan die belastingbetaler tap vir daai miljarde wat dit gaan kos. Nee wat ouens julle moet begin logies dink oor dinge en ophou om julle mense te belowe alles in die lewe gaan gratis wees. As julle die ekonomie van hierdie land kan begin opbou sal meer besighede bele in SA en dan sal da dalk meer beurse wees vir student deur hierdie maatskappy, maar nee, julle wil afbreek en die belastingbetaler rook vir alles…….

WER ·

Ek is nie n minister nie ek ek kon dit ook vir jou gesê het idioot……..hou ook aan om vir jou mese te sê om meer kinders te hê…ek kyk wat gebeur….die siening van meer kinders hê is nie net n Malema ding nie…..dit was al vir hulle gesê voor 1994….en kyk waar is julle nou….baie kinders……..geen huise, geen kos en geen werk nie……swart regering maar jy is nog net waar jy was voor 1994…….

anni ·

Nou toe nou! Wie sou dit ooit kon raai?Hee hee hee ne mnr president.

Anti-Haas ·

Wil kar koop – het nie geld nie – SO, ek KAN NIE!
Wil huis koop – het nie geld nie – SO, ek KAN NIE!!
Wil boot koop – het nie geld nie – SO, ek KAN NIE
Wil STUDEER- het nie geld nie – SO, ek FLIPPEN KAN NIE!!!!!!!!!

Hoe agtergeblewe moet jy dan wees om dit nie te verstaan nie?????

Wat-ek-lees ·

Wil trou-het nie geld nie-SO ek kan nie.
Wil kinders hê-het nie geld nie-MAAR daar is ‘n “child grant”. SO EK KAN !!

Arm gebore ·

Ek was arm gebore. Moeilik gehad tot op univeristeit. My pa kon nooit n kar bekostig, so ons het nie een gehad nie. Huis en alles wat jy genoem het, het ons nie gehad nie. So dan, volgens jou moes ek ook nie gaan studeer het nie? Die regering het my n beurs gegee en ek kan met trots se, die GTI voot my Spoghuis is myne. Ek is tans besig met my derde graad en kort voor lank sal ek daarin ook sukses behaal. Ek hoop en bid dat daar n dag sal wees wanneer tersiëre onderwys gratis sal wees. My oud president wat al oorlede is, Nelson Mandela, het gese Education is the key to a better future… Ek glo daarin. Onthou ne, niemand kies om arm gebore te word nie, maar as mens die kans kry kan jy jou lewe verander

Scalla ·

Was dit nie een van hul verkiesingsbeloftes wat nie nagekom kan word nie?

neelsie ·

Hoe kan ons nou verwag dat die Anc sy biljoene rande wat onder die tafel deurkom nou aan opleiding moet mors!
“Dis mos nie hoekom ons regeer nie…… ”
R71 biljoen in een jaar vedwyn!!

Joa ·

Ek dink nie dit gaan net oor beloftes wat gemaak is nie. Kyk maar na nuus reg oor die wereld. Daar is sekere groepe mense wat dink die wereld skuld hulle ‘n lewe en daarom wil hulle alles verniet he. Ander groepe weet dat jy moet werk vir dit wat jy in die lewe wil he.

Van wanneer af is die lewe verniet? Jy kry verniet asem wanneer jy gebore word en dit is dit.

E.K. ·

Joa – ek kon dit nie beter stel nie. Moes egter net sê ek het lekker gelag vir jou laase sin, dis ‘n feit soos ‘n koei!

Dee ·

Geen universiteitsgraad is nodig om raak te sien dat die probleem baie verder strek as slegs in Suid Afrika. Die wêreld is besig om te vermoslem en en te verswart.

boemerang ·

BETAAL HELE REGERING MINIMUM LOON vir 1JAAR !!! z in kluis. Dan praat ons.

Humor ·

Alles weer z se brouwerk. Net om die betogende boewe terwille te wees het hy met die beloftes gekom teryl hy bewus was dat dit onmoontlik is. So blade gaan trap hom uit. Mens sal wil dink dat z nou verlee is, maar nee hy bly lag en seefier. Miskien is die positiewe dat hul nou n paar stemme kwyt is.

Arno ·

Dit gebeur wanner ‘n party vir hulle ondersteuners die Son, Maan en Stêre belowe, maar dit nie vir hulle kan gee wanner hulle vir daai beloftes vra nie.

Die ANC moet vir hulle kry wat na hulle toe kom. Hulle het vir hulle self daai gat gegrou.

Dee ·

Die skade wat die ANC ly is hoogs-waarskynlik nie ten gunste van ons nie en dan het ons nie rede om daaroor te verheug nie. Nie as dit ten gunste van die EFF is nie.

Johann Marx ·

Daar is tog lande in die wêreld waar universiteitsopleiding “gratis” is….m.a.w. die ouers betaal belasting, en met daardie belasting word universiteitsopleiding aan hulle kinders verskaf. Dit kan in Suid Afrika ook werk op voorwaarde dat ons ook so presteer soos daardie lande, bv. daar is ‘n land in Europa wat omtrent die helfte so groot soos Natal is, en wie se BBP verlede jaar 14 triljoen euro beloop het. In die ooste is daar ‘n klein eiland-land omtrent ‘n derde so groot soos Suid Afrika…..met die derde sterkste ekonomie in die wêreld, en meer as 850 universiteite, terwyl Suid Afrika krepeer en besig is om die 29 universiteite wat hier is aan die brand te steek en af te breek.

Acca ·

En wie bepaal wie kan betaal en wie kan nie betaal nie. Seker net die mense wat sedert apartheid geëindig het wat nou hengse groot salarisse kry oor bee wat nie hoef te betaal want al was hy nie geraak deur apartheid nie is hy mos nie wit nie en mag alles gratis kry en ons wat nie werk het nie moet betaal. Welkom in SA

Dup du Plessis ·

……en dis hoekom Afrikaanssprekendes wat swaar aan hul kinders se gelde betaal ook ten MINSTE mag aandring vir die onderrig van hul kinders in hul moedertaal……hoekom? – want ons was nog altyd bereid om daarvoor te betaal, maar nou wil die sisteem ons dwing om steeds te betaal maar vir iets wat ons nie wil he nie ( slegs Engels as taal by ‘n Afrikaanse universiteit)….

Gerald Rademeyer ·

Ditsim daar is vordering een van die dae gaan hulle ook wakker skrik en besef hulle kan nie aanhou om gratis huise,krag,water en kindertoelaes tegee nie agv al die mense wat hulle werk verloor en die met ekonomie wat agteruit gaan raak die belasting inkomste van die staat ook minder so die melkkoei raak net al maerder en maerder.

Marous ·

Bwahahahaa!! Hoeveel keer wil julle weer die wiel uitvind?

Gideon ·

Die arme sotte!!! Ek wens almal kan gaan studeer, en kyk wat gebeur na die 3 of 4 jaar!! Jammer maar julle gaan op die hoeke van strate staan met die “grade” en soebat vir verfwerk of stuk werk. Hierdie wonderlike land het julle opgemors!! SA kan in die kleine gesien word as ‘n eens pragtige produserende plaas, wat uitgedeel is aan grondhonger mense! Kyk wat is oor van daardie plase, en dit is nou wat met die hele SA gebeur het! So beteken grade deesdae bitter min! Kyk bietjie na waar ons SA Universiteite op die lys is van wêreld standaarde! Lagwekkend, om nog te wil moeite doen om hier te studeer, gaan buiteland toe, en kry julle grade daar, ons Afrikaners maak altyd ‘n plan!

Oom Kalahari ·

Mnr Blade, jy met jou party en eerwaarde Dr. Mal-emma het ‘n belofte gemaak tot vry opleiding, so die koeël is deur die kerk en jul moet maar gestand doen aan jul beloftes anders gaan daar minder Universiteite wees na al die getoi-toi. Ek hou nogal van die manier wat jul dink hier in Suidbabwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.