SA kan nié kernkrag bekostig nie, sê Fedusa

Argieffoto

Dennis George, hoofsekretaris van die vakverbond Fedusa, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Suid-Afrika kan nié kernkrag bekostig nie en dat die regering in dié stadium liefs op ekonomiese en politieke stabiliteit moet fokus.

Dit volg nadat die graderingsagentskap Standard & Poor’s die land se huidige skuldgradering na rommelstatus afgradeer het.

George het gereageer op die geïntegreerde hulpbronneplan wat sê dat Suid-Afrika agt kernreaktors wil bou wat 9,6 GW krag gaan opwek en sowat R1 biljoen (“trillion”) sal kos.

Hy het gesê hernieubare energie is ʼn baie goedkoper én meer omgewingsvriendelike manier om krag op te wek, maar dat die regering sal verseker dat Suid-Afrika verder afgegradeer word omdat hy voet by stuk wil hou oor kernkrag.

George het gesê die swak ekonomiese groei van die afgelope tyd het reeds die beskikbare regeringsfinansies ʼn knou gegee wat aan die einde van die dag ook die loononderhandelinge negatief sal beïnvloed in die staatsdiens-koördinerende bedingingsraad wat staatsamptenare verteenwoordig.

“Die Zuma-faksie het belangrike politieke beleidsinstellings, soos die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die nasionale tesourie, gedestabiliseer. Die hele ekonomiese en politieke situasie kon vermy gewees het as dit nie vir die swak politieke leierskap van pres. Zuma was nie,” het hy gesê.

George het ook gesê die swak ekonomiese groei sal miljoene onderwysers, gesondheidswerkers, polisiebeamptes en ander mense in die werksmag verder vasvang in stygende skuld en verslegtende armoede en werkloosheid. Hy het gesê die styging in brandstofpryse in Desember gaan boonop ook die wisselkoers verswak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wortel ·

Ek weet almal bly se ons kan dit nie bekostig en dis nie omgewingsvriendelik ens ens, maar wat gana ons doen as die steenkool op raak ? Ons almal kan nie sonpanele en Tesla batterye bekostig op ons huise nie

john ·

Koop vir jou ‘n gas stoof of primis en gebruik ‘n vergrootglas om die sterre in die vertrek te focus om lig te verskaf.

oplossing ·

Hulle kan sonpanele of wind energie gebruik ipv kernkrag of steenkool.

Rupert Ashford ·

Jy kan nie ‘n land se industriee dryf van sg hernubare bronne nie, so jy gaan of steenkool, of gas, of kernkrag nodig he om base load krag te voorsien. In ‘n land met 30% werkloosheid is dit uiters onverantwoordelik om nie ‘n industrie-vriendelike elektrisiteitplan te he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.