‘SA kan onttrekking van internasionale strafhof heroorweeg’

Obed Bapela, adjunk-minister van samewerkende regering en tradisionele sake,  tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Flickr/GovernmentZA

Obed Bapela, adjunk-minister van samewerkende regering en tradisionele sake, tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Flickr/GovernmentZA

ʼn Adjunk-minister het Dinsdag gesê Suid-Afrika kan moontlik oortuig word om sy omstrede besluit om hom aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek, om te keer.

Obed Bapela, adjunk-minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het tydens ʼn seminaar in Pretoria ook erken dat die regering nasionale belang bó die reg gestel het toe hy versuim het om die Soedannese president, Omar al-Basjir, in hegtenis te neem toe hy Suid-Afrika in Junie verlede jaar besoek het.

Bapela het gesê die internasionale gemeenskap het tot op hede Suid-Afrika se bekommernisse oor die ISH geïgnoreer. Suid-Afrika het geruime tyd gelede besluit dat indien hy in sy gesprekke met die ISH nie daarin slaag om die hof te oortuig om veranderinge aan te bring nie, die land hom aan die ISH sal onttrek.

Hy het gesê dit was eers nadat Suid-Afrika verlede week die VN se veiligheidsraad ingelig het van sy voorneme om hom aan die ISH te onttrek, dat SA die geleentheid gebied is om sy bekommernisse te bespreek. Bapela, wat ook ʼn lid van die ANC se komitee vir internasionale verhoudinge is, het gesê die VN se veiligheidsraad het intussen ʼn brief aan Suid-Afrika geskryf om die saak te bespreek. “Kom ons kyk wat is op die tafel,” het hy gesê.

Bapela het gesê Suid-Afrika kan moontlik sy onttrekking omkeer indien die drie voltydse lede van die veiligheidsraad, die VSA, Rusland en China, wat nie lede van die ISH is nie, by die ISH aansluit. SA sal ook sy onttrekking heroorweeg indien nie-ISH-lede van die VN se veiligheidsraad verbied word om sake na die ISH te verwys en indien die ISH en die veiligheidsraad op die Afrika Unie sal ag slaan in sake waarby Afrika betrokke is.

Dit was nie Dinsdag duidelik of die “internasionale gemeenskap” waarna Bapela verwys het ook die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, insluit nie. Ban Ki-moon het Maandag ʼn verklaring uitgereik waarin hy gesê het hy hoop Suid-Afrika sal sy besluit om hom aan die ISH te onttrek, heroorweeg voordat die onttrekking in werking tree. ʼn Lid van die ISH mag hom eers aan die hof onttrek ʼn jaar nadat hy die VN se veiligheidsraad van sy besluit ingelig het.

Bapela het tydens ʼn seminaar gepraat wat deur die Sentrum vir Konflikresolusie georganiseer is oor menseregte-uitdagings in Suid-Afrika se buitelandse beleid.

Hy het heelwat vrae ontlok toe hy gesê het Suid-Afrika moes nasionale belang teen die reg opweeg toe die regering gekies het om Al-Basjir nie verlede jaar in hegtenis te neem nie. Hy het gesê die regering het nasionale belang gekies omdat Al-Basjir se inhegtenisneming ʼn “oorlogsverklaring” sou wees.

Volgens Bapela was Suid-Afrika se vredesmagte in daardie tyd in Soedan ontplooi en “amper omring” deur Soedannese troepe terwyl Al-Basjir in Suid-Afrika was. SA se soldate sou “in hegtenis geneem of doodgemaak geword het”. Hy het ook gesê Al-Basjir se inhegtenisneming sou woede laat opvlam het en ekstremiste en radikale sou bomme regoor Suid-Afrika laat ontplof het. Afrika-lande sou Suid-Afrikaanse winkels en sakeondernemings in dié lande toegemaak het.

Bapela het gesê hy het intelligensie-inligting wat hierdie bewerings kan staaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Hoekom dit in die eerste plek oorweeg en nou weer her-oorweeg. Lyk my die mense het nie werk nie.

Cherokee ·

Indien daar geen strafmaatreëls teenoor Suid Afrika toegepas word nadat versuim is om Al-Basjir in hegtenis te neem, waarom sal enige opdragte vanaf die ISH gehoorsaam word? Dan hoef daar nie eens onttrek te word maar bloot eie rigting volg. Daar behoort tog een of ander terugvoer te wees vanaf die ISH.

Ben Prinslo ·

Maak SA hom klaar vir openlike oorlog. Burundi wie se naam so baie gebruik word is in n interne oorlog gewikkel.

peanut ·

Wat ‘n narrehuis !!!!
Dan wil hulle, dan wil hulle nie, . . .
Dan sal hulle, dan sal hulle nie. . .
Dan gaan hulle dan gaan hulle nie . . . .
Dis soos n klomp graad een seuntjies op n rugbyveld

Hulle weet nie regtig wat hulle moet doen of wat hulle eintlik daar soek nie – hoe pateties, en dan is dit veronderstel om die voorbeeld van leiers vir komende geslagte te wees!!!!!!

Alida ·

Van toekomstige geslagte gepraat. Hulle boer in die strate en verwoes en verbrand alles. Dit is ons toekomstige ongeletterde leiers. Hoef nie te studeer nie want in SA kan jy president word met st 3 agter jou naam. LOL

wilma ·

Afrika se mense wil altyd hul sin he. Soooo pateties. Tog so veglustig

C ·

En die sirkus gaan net voort!!!! En net die narre dink hul is oulik en snaaks.

vierkleur ·

miskien net nog n stap nader aan die beplande volksmoord??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.