Suid-Afrika en Kanada het ʼn memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking in die mynbedryf en minerale ontwikkeling.
Ngoako Ramatlhodi, minister van minerale hulpbronne, en Kanada se minister van internasionale handel, Ed Fast, het die ooreenkoms in Toronto, Kanada onderteken tydens die konferensie vir die Vereniging van Prospekteerders en Ontwikkelaars.
“Ons het ons toewyding tot ʼn vennootskap tussen die twee regerings bevestig,” het Ramatlhodi gesê.
Die ooreenkoms behels samewerking tussen die twee lande met ʼn toename in wedersydse belegging in verkenning en prospekteer-aktiwiteite veral wat betref die junior tot middelvlak-mynbedryf.
Die ooreenkoms bevestig ook die voorneme op samewerking in vaardigheidsontwikkeling, tegniese kundigheid en ervaring en waardetoevoeging.