SA kap na Trump oor Jerusalem-besluit

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Verskeie Suid-Afrikaanse organisasies het hulle uitgespreek teen die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om Jerusalem formeel te erken as Israel se hoofstad.

Dit volg nadat Trump aangekondig het dat die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem geskuif sal word. Dié besluit het wêreldwyd kritiek ontlok en verskeie organisasies en individue in Suid-Afrika het hulle hierby aangesluit.

Intussen het die ANC gesê ʼn afgradering, of moontlike sluiting van die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel, wat in Julie voorgestel is, sal in Desember by die party se 54ste nasionale verkiesingskonferensie bespreek word as deel van die ANC se toekomstige internasionale beleid.

Cosatu het Donderdag in ʼn verklaring Trump se besluit veroordeel en dit as “roekeloos en uitdagend” bestempel. “Hierdie verregaande besluit bewys die vlak van agteruitgang van die Trump-administrasie en die Amerikaanse politieke stelsel in geheel,” lui die verklaring.

“Donald Trump se besluit is ook ʼn oortreding van internasionale wet en moet teengestaan word deur alle vredeliewende mense.” Volgens Cosatu is Trump se besluit die spyker in die doodskis vir enige vooruitsigte van ʼn vreedsame skikking van die Israelies-Palestynse situasie en sal dit godsdienstige spanning verder laat opvlam “omdat Jerusalem ʼn heilige plek vir Judaïsme, Christendom en Islam is”.

Die EFF het ook Donderdag sy stuiwer in die armbeurs gegooi en Trump se besluit veroordeel. “Ons sluit ons aan by die internasionale gemeenskap om ons walging uit te spreek teenoor hierdie besluit wat dien as gronde vir die algehele vernietiging van Palestina en sy mense,” het die party in ʼn verklaring gesê.

“Trump het in wese ʼn stempel van goedkeuring afgedruk op die projek van onwettige gedwonge verwyderings wat in Oos-Jerusalem deur Israel uitgevoer is. Sy besluit is ook in teenstelling met die internasionale reg en baie VN-resolusies rakende ʼn tweestaat-oplossing.”

Die EFF het ʼn beroep op die internasionale gemeenskap, veral die Europese Unie, gedoen om Trump se besluit te weier en Israel te dwing “om sy onwettige besetting van Palestina deur boikotte, beleggingsonttrekking en sanksies te beëindig”.

Die United Ulama Council of South Africa het in reaksie op Trump se besluit gesê die aankondiging is geen verrassing nie. “Die VSA was nooit ʼn eerlike makelaar van vrede in die Palestynse konflik nie. Indien enigsins, is dit Amerika se bevooroordeelde beleid teenoor besette Palestina wat tot die verlenging van die konflik bygedra het, ondanks verskeie VN-resolusies wat Israeliese aggressie ontken.”

Mandla Mandela van Mvezo, voormalige president Nelson Mandela se kleinseun, het hom ook teen Trump se besluit uitgespreek en gesê Jerusalem “sal altyd die hoofstad van Palestina bly”.

“Trump se onwettige besluit om Jerusalem tot die hoofstad van Israel te verklaar, is ʼn daad van aggressie teenoor die Palestyne en alle vredeliewende mense in die wêreld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

JZ ·

Ek dink die ANC ,EEF, Cosato moet eers hier voor hul eie deur vee voor hulle ander veroordeel.

Han ·

JZ, ek stem volkome saam met jou. ANC, Cosatu en EFF se kommentaar is arrogant! Hoor wie praat!

Matt 7:5 ·

Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal.

Andréas ·

Alle feite moet eers goed ondersoek en bekend gemaak word voordat oorhaastig geoordeel word. Kommerwekkend is dat die SA regering en sommige partye niks rep (of ooit standpunt inneem) oor erge vergrype en diktatorskappe (of is dit diktatuur?) in Afrika nie maar hans voorpraters is wanneer die Rand se waarde slegs meer negatief hierdeur geraak kan word.

Danie ·

Is nou nie asof enige een van hierdie wyse menere juis die invloed het om wêreld te verander nie. Suur druiwe omdat Trump hulle bestaan nie eens erken nie

Freud ·

Look who is talking! Ons het mos hierdie wonderlike Parliament wat in allesvwat hulle doen bo verdenking is!

Dirk Coetzee ·

Trump troef telkens tirades teen Trump. Hy’s ‘n man van sy woord. Die geskiedenis gaan om eer.

Bullseye ·

Kry eers jou eie huis in orde voor jy ander wil voorskryf! Kyk waar is ons land. Hoe gaan dit met die ” vredeliewende” bevolking hier?

Callie ·

Dankie President Trump. Na al die wat kamstig politiek korrek is, is jy n vars bries wat waai in n baie, baie siek wereld. Net in Afrika, Mugabe en die nuwe President daar het duisende vernietig en word sieklik vereer. Israel was eintlik nog altyd reg maar die wereld hou nie daarvan nie. Net erens moet daar n kragtige land opstaan en die res wat so lieg, bedrieg, huigel en Christendom afkraak byloop en n les leer. Hoop die word geplaas. Erens moet die wat in geregtigheid glo opstaan

Lena Jonk ·

Stem saam met jou Callie, die probleem is die mense ken nie hul Bybel nie. Deur die Bybel was Jerusalem die plek waar die tempel gebou is, op party plekke in Bybel word ook gepraat van Sion. President Trump is nie n ongeletterde mens nie, hy weet wat hy doen, so die wat so vir Israel wil veroordeel bly maar stil julle is die ongeletterdes.

BenaYaHU ·

Callie & Lena Jonk
Jammer, julle waarheid is ietwat verdraai, om die minste te se.
Callie – “christendom” is ‘n “geloof” en beslis NIE dit wat in Die Geskrifte geleer word nie.. eerder die Sekte van die Nasarener (wat die Turah in Gehoorsaamheid onderhou het!).
Lena – ken nie hul “Biblos” nie.. jammer, ek wil voorstel jy doen veel dieper studie as wat deur valse leraars (wolwe) in skaapklere aan jou opgedis word..
Hierdie sal seker heel moontlik nie geplaas word nie, maar ek vertrou tog dat die Waarheid aan jul Openbaar gemaak sal word. Shalom!

brt vd merwe ·

Soos ook ander liberales leef hulle in vrees en bewing voor Trump wat besig is om die ou spul en hulle geesgenote oor die wereld heen se vals heiligheid en beterweterigheid goed deurmekaar te klits

Flippie ·

Nou ja, in SA het elke volk sy eie grondgebied, gewaarborg deur die grondwet, behalwe die witmense. Nou wil die mense Hulle vrot eiers oor twee baie suksesvolle lande lê.

Jerusalem is die hoofstad van die Juda en Benjamin van Israel en Samaria die hoofstad van die red van Israel.

PJC ·

Ek sal nogal daarvan hou as die pallestyne ons kan inlig in watter jaartal hulle Jerusalem gebou het. Om een of ander rede het ek nooit daardie deel van die geskiedenis op skool geleer nie

Rupert Ashford ·

Ne. Nou sien ek die Emiritus Arrtsbiskop het ook mond uitgespoel daaroor maar hy is doodstil oor die moord en doodslag in sy eie land wat deur sy helde gepleeg word. Daar is ‘n ou spreekwoord wat se: As die Palestyne ophou veg sal dit die einde van die konflik tussen Israel en Palestina wees, maar as Israel ophou veg sal dit die einde van Israel wees. Dit is so waar en hulle het geleer deur te kyk wat in Suid-Afrika gebeur het – om die sg “morele hoegrond” te probeer inneem help jou ongelukkig nie op die lange duur nie. Staan vas VSA en Israel.

Dries ·

Hi Rupert , dis vir my snaaks hoe hierdie emeritus altyd afgaan or moraliteit wanner dit hom pas, Ek betwyfeld sy opregtheid of dit vir hom werklik oor die koninkryk van GOD gaan! Hy is lyk my een van hierdie jakkalse wat net totale globalisasie in die wereld wil bereik . uitstekend epost van jou Rupert

Johan ·

Ironies genoeg het die ANC/EFF mugabe gesteun in sy rassistiese aanvalle op die wittes in Zimbabwe. Toe bly die ANC/EFF stil. Nou het hulle die vermetelheid om President Trump aanvat oor dat hy Jerusalem herken as Israel se Hoofstad. Afrika bly maar n ahterstand se kontinent.

Dries ·

Hierdie mense wat nou so gal afgaan oor Trump , dis nogal opmerklik hoe selektief hulle is oor vergrype, die onmenslikheid van hierdie midde oosterse radikaliste kyk hulle mis, maar hulle gaan af oor Trump. Ek glo in elk geval Trump doen goeie werk. Tutu gaan ook af teen Trump, sê ‘GOD weeps over Trump”, maar dis vir my snaaks wanner hy skielik omgee oor GOD, wanneer dit hom pas.

anton ·

Ha ha ha ……….Nou wil die piesang republiek ook n eiertjie le oor dinge wat hulle absoluut zero van weet.!!!Hulle opinie tel minder as 2 sent en ek wonder of hulle dit ooit sal besef?
Lee pyp, hou jou kraan toe, dalk dink iemand jy is vol!!!

Jakalas ·

Israel en America moet nie in gee nie. Ons het 23 jaar terug en kyk waar trek ons nou.

JPV ·

Ek weet nie of mense dit besef – die ooste (Islam ens.) is besig om die weste (Christendom) ín totaliteit te annekseer sonder ( relatief min) oorlog, geweld of konfrontasie.,… Meeste lande in Europa het negatiewe wit bevolkingsgroei. SA loop ook daai pad. Studies het gewys oor 20 tot 30 jaar is Europa ‘n Islamitiese staat, want dit gaan’n Islamitiese bevolking hê. Afrika in totaliteit ook islamieties. Oorloë in Ooste doelbewus sodat Islam Weste kan bevolk met massa vlugtelinge. Niks wat ons daaraan kan doen – insuipeling van “antichrist”.

marous ·

Trump het al van die ANC gehoor , Benjamin Nethanyau ook. Dis ‘n plek waar jy tydskrifte en potlode kan koop…

Domvraag ·

Die wiel het gedraai. Is Suezman, Goldreich, Sachs, ens nie almal van Joodse afkoms wat die Anc gesteun het en vandag word Israel verruil vir die palistyne.

christa ·

Hoekom meng SA in met ander lande in. Los ander lande uit en kyk na SA se slegte bestuur deur die topbestuur self.

Hein ·

Baie kommentaar van ‘n bankrotlandjie deur pionne van ‘n nog groter bankrot groepering. Hoekom gee MM hierdie sinnelose reaksies enige dekking in elk geval? Almal weet waar hulle sentiments lê. Ekt gehoor dat Hamas weg-gestap het van vrede-besprekings af. Nou blameer hulle almal behalwe die skuldiges! Hamas het in elk geval nog nooit hulle oorlog teen Israel gestop het nie en nog nooit ophou wêreld-hulp geruik om tonnels te grou en wapens op te gaar nie? Sies vir MM om ongebalanseerde dekking te doen. Dit skep onnodige spanning en los mense oningelig

theo ·

Benayahu, net n regstelling. die christendom volg bybelse waarde na, veral die tien geboeie. mense wat Jesus volg dit is geloof. Jesus het al die wette gehoorsaam sodat geen persoon n vinger teen Jesus kon wys nie. hoeveel keer het die Rabi’s dit probeer om Jesus skuldig te vind in die oortreding van ‘n wet, dan haal Jesus uit die ou testament aan om hulle verkeerd te bewys. groete

hennie ·

stem 100 % saam. watter jaar het sg “palesteine” ontstaan?
het maar met tyd inbeweeg soos “squatters”, toe israel verstrooi is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.