SA katamaran-span verdwyn

Anthony Murray, Reg Robertson en Jaryd Payne  (Foto verskaf aan SAPA)

Anthony Murray, Reg Robertson en Jaryd Payne (Foto verskaf aan SAPA)

Drie Suid-Afrikaners wat met ʼn katamaran op pad is na Thailand, se familie het ʼn maand en ʼn half gelede van hulle iets gehoor.

Anthony Murray, Reg Robertson en Jaryd Payne se familie glo daar is rede tot kommer, aangesien hulle laas op 18 Januarie met ʼn satellietfoon kontak gemaak het, het die besorgde familielede in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Volgens die seiljag se koördinate in daardie stadium, ongeveer 2 190 myl noord-noordwes van Perth, Australië in internasionale water, was die verwagte aankomsdatum 2 Februarie.

“Anthony Murray se familie het op 12 Februarie sy katamaran as agterstallig by die Maritieme Reddingskoördinasiesentrum (MRCC) in Kaapstad aangemeld,” lui die verklaring. Die Maritieme Veiligheidsowerheid in Australië (AMSA) het op dieselfde dag ʼn kennisgewing aan alle skepe gestuur vir berigte oor enigiemand wat miskien die katamaran gewaar het. Die uitsending het ook alle maritieme veiligheidsgebiede van Thailand, Singapoer, Maleisië en Indië ingesluit.

Die katamaran Sunsail RCo44-978 het op 14 Desember uit Kaapstad vertrek op ʼn afleweringsreis na Phuket, Thailand. Die aflewering was op die Amerikaans gebaseerde Tui Marine.

Murray (58), die skipper, het meer as 25 jaar ondervinding op die see, insluitend talle internasionale katamaran- en seiljagaflewerings.

Robertson (59) is ook ʼn ervare seiljagvaarder en ʼn lid van die Royal Natal-seiljagklub.

Payne is 20 jaar oud.

Die seiljag se noodsein was teen Sondag nog nie geaktiveer nie. Sodra hierdie sein uitgestuur word, word ʼn soek- en reddingspoging geaktiveer.

Die familie is ook besorg dat die drie mans moontlik in die tropiese sikloon Bansi beland het. “Alhoewel die seiljag suid en wegbeweeg het van die sikloon, het ons geen bevestiging dat die katamaran nie weens die storm beskadig is nie.”

Die katamaran dra amptelik genoeg voorraad vir 65 dae, maar is nou al 79 dae op die see.

Jared Blows, woordvoerder vir MRCC, het gesê Suid-Afrika se Maritieme Veiligheidsowerheid (SAMSA) ondersteun sy Australiese eweknie in die poging om die seiljag op te spoor. “Die familie is in kontak met die kantoor en ons verskaf so veel as moontlik inligting aan hulle,” het Blows gesê.

“Ons kommernis het nou in angs verander dat Anthony, Reg en Jaryd werklik redding nodig het,” het die familielede gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish! ·

Sjoe dit moet erg wees vir die families en vriende. Ek hoop regtig iets word uitgevind. Mag hul ongedeerd wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.