SA-kenners onwillig om vir Noakes te getuig oor Banting-benadering

Prof. Tim Noakes. Foto: Twitter

Prof. Tim Noakes. Foto: Twitter

Suid-Afrikaanse kenners is glo onwillig om te getuig ter ondersteuning van prof. Tim Noakes wat Maandag voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) verskyn het nadat hy aangekla is dat hy onprofessioneel sou opgetree het.

Noakes, die voorstander van die veelbesproke Banting-dieet, word deur die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging (Adsa) daarvan beskuldig dat hy “ongewone raad” op sosiale media gedeel het nadat hy ʼn ma aangeraai het om haar baba met ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet te speen.

Adv. Michael van der Nest, vir Noakes, het Maandag voorleggings gemaak vir kenners van Nieu-Seeland en Kanada om in Noakes se guns te getuig deur regstreekse beeldsending. Noakes se regsadviseur het gesê hy kan dit nie bekostig om dié kundiges na Suid-Afrika te laat vlieg nie.

Adv. Meshack Mapholisa, vir die raad, het egter die versoek teengestaan en gesê so iets is nooit van tevore gedoen nie. Hy het toegegee dat daar geen geskrewe regulasies is om sulke getuies te verbied nie, maar het gesê dat ʼn verskeidenheid onderbrekings kan voorkom, waaronder beurtkrag of tegniese probleme.

Mapholisa was ook bekommerd dat ʼn kenner aan die ander kant van die kamera deur iemand bygestaan word terwyl die kenner getuienis lewer. Die komitee het die verhoor verdaag om ʼn besluit oor die aansoek te maak.

Adam Pike, Noakes se prokureur, het tydens ʼn perskonferensie gesê dit is nie maklik om plaaslike kenners te vind nie.

“Toe ons begin voelers uitsteek en na kenners gesoek het, het kenners nie geweier nie, maar was meer ongewillig om vorendag te kom uit kommer om hulself oop te stel vir ʼn soortgelyke aanklag van die verskaffing van ongewone raad,” het Pike gesê.

“Hierdie is egter die ideale toetsgrond om die wetenskap te bespreek, om oor die kwessies te praat en daaroor in debat te tree.”

Caryn Zinn, ʼn dieetkundige wat aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer het en nou in Nieu-Seeland woon, is een van Noakes se ondersteuners en skryf al ʼn paar jaar lank dié laekoolhidraat-, hoëvet-dieet voor.

Noakes het gesê sy het “hordes” pasiënte behandel, maar sy beweer daar was verskeie pogings van instellings in Nieu-Seeland en Australië om haar “stil te maak”.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Elsabe ·

‘n Aanbeveling is nie ‘n opdrag nie. Dit het die kind se ma se keuse gebly om sy raad (wat sy moes gevra het, hoe anders sou sy dit gekry het?) te volg.

Kasper ·

Elsabe,

Dit is ‘n heksejag deur die graan industrie, hulle is bang hulle gaan groot mark aandeel verloor as mense lae koolhidraad, hoe vet diet begin volg, en soos jy tereg se , die ma moes haar eie oordeel gebruik het, want dit was net ‘n aanbeveling deur Prof Noakes.

Kasper ·

Die graan industrie sal alles probeer om prof Noakes stil te maak. Hulle wil nie mark aandeel verloor nie. Klein babatjies drink tog moedersmelk, en dit is lae koolhidraad, hoog in vet, Wil hulle nou vir my se die natuur maak ‘n fout ?. Nee wat, ek hoop Prof Noakes wys hulle presies waar het Dawid die wortels begrawe.

WL ·

Kasper waar kom jy aan hierdie twak wat jy kwyt raak? Is jy bewus van ‘n komplot deur die graan industrie wat in geheim vergaderings hou oor hoe hulle vir arme Tim kan stil maak? Absoluut belaglik. Daar sal altyd ‘n mark wees vir graan want dit is die goedkoper alternatief. En sou die hele wêreld Tim se diet begin volg, sal die vleis industrie tienvoudig moet groei. En wat dink jy gaan al daai diere eet?

Kasper ·

WL,
Jy is seker werksaam of het ‘n aandeel in die graan industrie.
Dit is groot geld waarvan hier gepraat word, en as iemand daai geld fontein gaan bedreig gaan die eienaars nie baie gelukkig wees nie.Met banting sny jy graan heeltemal uit, as genoeg mense die diet volg dink net wat dit aan verlies van inkomste gaan beteken vir die graan industrie. Dan net nog ‘n wan opvatting by jou, banting beteken nie jy gaan hompe vleis eet nie, jy eet matig protiene,
Maak asb net eers seker van jou feite voor jy mense wil ettikeer.

Se maar net ·

Hoop hierdie belaglike hofsaak kom gou tot ‘n einde ! Prof Noakes is reg en het al soveel van ons se lewens vir die beter verander.Maar dit is besig om aan groot industriee se geldsake te raak, so ek reken hierdie is net die begin …

Petro Bester ·

Ek verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie, dit klink nie of iemand dood is nie…wanneer gaan hulle Monsanto aankla oor GMO kosse…en wanneer gaan hulle al die ander groot verspreiders van kos op supermark rakke insluitende babakosse aankla wat kos en koeldranke en blikkieskos verkoop wat mense siek maak…ens…ens…ens??

Chris ·

Tim Noakes se wetenskap is swak en sy raad gevaarlik. Sy eie kollegas by UCT het hul gedistansieer van hom. Dit se baie. Gaan lees gerus die kritiek van gerespekteerde kenners oor Noakes se werk.

JJ ·

Dit is so gevaarlik dat my vrou ophou insillin gebruik het en haar diabetes 2 totaal omgekeer het. Dit is inderdaad gevaarlik vir SUIKER GRAAN MAG!

Mariki ·

Die antwoord is ooglopend in hulle onwilligheid om vir Noakes te getuig…. Dit bewys dat die dieet skadelik is, anders sal mense tougestaan het om ten gunste daarvan te getuig! Ek neem hulle nie kwalik nie, as ‘n kenner op gebied van leefstyl kan ek onomwonde sê dat op die lang duur die Noakes dieet gevaarlik is! Korttermyn dalk nie ‘n groot krisis nie, maar langtermyn….’n groot nee!

Deon ·

Nou maar as jy dan so groot kenner is, verlig ons asseblief tog met die gepubliseerde uitslae van jou langtermyn studies? O, jy het nie enige sulkes nie? Nou hoe is jy dan so kenner van die langtermyn gevolge van Noakes se voorstelle, as jy (of enigiemand anders) geen uitsale van navorsing daaroor kan voorhou nie?

Jakoba ·

Wow Mariki is jy een vad die sogenaamde dieetkundiges wat bedreig voel deur Tim Noakes. Ek het my dieet deur die dieetkundige uitgewerk in die drom gegooi want ek het nie gewig verloor nie, en Tim Noakes se Banting gevolg en weet jy wat 27 kg later, geen hoe bloeddruk, geen moegheid, geen tamheid, ek het tonne energie en was oppad na diabete 2 toe. BANTING AL DIE PAD., Dieetkundiges SUCK

Ian Raper ·

My raad het vanjaar vir Tim Noakes by Universiteit Pretoria die goue medalje gegee op grond van sy gradering en bewese prestasies as navorser en wetenskaplike. Ons, die Genootskap vir die Bevordering van die Wetenskap, is in 1902 gestig. Van Suid-Afrika se grootste wetenskaplikes en akademici was presidente en het medaljes ontvang. Ek self is al byna 20 jaar president.

JJ ·

My vrou Ansie is totaal gerehabilliteer van Diabetis M2. Vier keer ‘n dag insìllin gespuit( vekskoon spelling vir die verkramptes). Na 8 maande geen insillin; Teen sogenaamde dieetkundiges se voorskrifte totaal omgekeerde DB2.

Gerhardt ·

Ongelukig met Mariki. Die langtermyn gevolge van Banting is totaal onbekend.

JJ ·

Gerhardt maar die lang termyn gevolge van hoë koolhidrate is baie bekend!!!! Vet “obese” mense met diabetes 2? My vrou se omkeer is merkwaardig en die mediese rekords beskikbaar. WORD WAKKER!!! Hou op om mense in die afgrond te dryf met wat jy glo. Feite praat!!!!

Irene Pool ·

Wat n heksejag is dit nie!!!!!! Jy vra om raad, gebruik dit of los dit uit – dit is jou keuse!!!!

Francois Pretorius ·

Iets wat die kritici mis is dat LCHF nie net ‘n Suid Afrikaanse phenomeen is nie. Junie 2014 voorblad Times Magazine – “Eat butter – scientists labeled fat the enemy – why they were wrong”.

Credit Suisse bank skryf artikel en maan Europese investeerders om in Eiers, Suiwel en Rooivleis te investeer aangesien die dae van versadigde vet beskuldiging verby is en inname gaan toeneem.

Proff Darius Mozaffarian, kardiologie epidiomologie outoriteit van faam wys dat daar statisties geen toename in risiko van Ischemiese hartsiekte is met toename van hoe versadigde vet dieet nie. Bg gestaaf uit groot studies.

VSA lipidoloog Dr Ronald Krause wys dat versadigde vette LDL partikel grootte vergroot en verbeter, HDL neem proporsioneel meer toe en Trig verminder met vesadigde vet inname.

Kyk ook na die werke van Dr Aseem Malhotra, Dr Andreas Eenveldt.

LCHF is nie slegs ‘n SA verskynsel nie. Dit is na alle waarskynlikheid, met variasie binne bevolkings en geografiese areas die natuurlike dieet van die mens vir millenia.

RB ·

Hierby wil ek aansluit om te sê die publiek moet eers huiswerk gaan doen, tyd vat om te lees dan sal hulle meer agtergrond hê en dieselfde tyd sien dat daar al baie meer navorsing gedoen is oor “Low Fat” diets en hulle negatiewe uitwerking op ons menslike liggaam. Miskien is hierdie die geval van “mense gee nie die eer aan persone wat plaaslik iets bereik nie” TN het net ons oë kom oopmaak en kom wakker skud.

Gaan lees David Perlmutter se boek “Grain Brain” Hierdie neuroloog het jare lank al studies gedoen oor die negatiewe uitwerking wat graan en lae vet op ons het nl, diabetes, altzheimers, dimentia….. ens ens. Elke ou se leefwyse is sy keuse. Die WGO het ons lank mislei met hulle voedselpiramide wat ons van kinds af leer.

Viva Tim Noakes!!!! Viva LCHF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Naomi ·

ek is trots om te se ek is 10 maande suiker en koolidrate vry…. My lewe het handomkeer verander het ‘n bakterie in my maag opgetel wat teer op suiker en stysel.
Banting bo 25kg gewig verloor!!! Banting BO!!!!

RB ·

17 maande suikervry en koolhidraat vry, geen sinus probleme nie en ekseem ook verdwyn. man is ontslae van sy “gluten” probleem. Need i say more??? Dink net wat dit vir ander mense kan doen.

SNEL ·

Dis die ou wat nie n heerlike koeksister op Suzelle DIY wil eet nie :)

Elke mens se liggaam verskil, mens eet en doen wat vir jou werk. So as Tim Noaks vir jou werk is dit n wenner. Om my egter te weerhou van n broodjie, heerlike aartappeltjie of enige koolhidraat, sal my humeur deur die dak laat skiet, so vir almal om my se behoud, welstand en goeie gesonsheid, gee my eerder my koolhidrate en stysels en gooi sommer n soet ou dingetjie ook op die bord….of sommer twee.

Jasmyn ·

Ek is mal oor banting. En niemand gaan my vertel om vette soos avos, neute, olyf olie, kaas en coconut milk te eet is verkeerd, en om suiker, pasta, brood en ryd te eet is reg nie. As jy sê banting is ‘gevaarlik’ weet jy nie wat dit is nie.

Dit het my binge eating disorder (van 20 jaar) HEELTEMAL onder beheer gebring. Suiker verslawing is nie net n mite nie. Ek is n lewende voorbeeld.

Flippie ·

Hoekom is Nkosana Dlamini Zuma en ook al die dokters in die regeringsdiens wat Tabo Mbeki se onsinnge en gevaarlike AIDS strategie ondersteun nie voor die Mediese Raad gebring nie.

Bogenoemde het mense vroegtydig laat sterf. Hoeveel mense het Tim Noakes al voortydig laat sterf.

Ek het lank voor Tim Noakes al die Banting dieet gevolg MRT merk waardige resultate. Net jammer dat ek so gereeld daarvan afdwaal (die lus vir koolhidrate raak some net oorweldigend), net om maar weer op die wa the klim.

Tim word aangekla deur ‘n duister groepering wat die mensdom vir hulle eie gewin op ‘n koolhidraat dieet te hou. Ek het bv. Eendag op RSG na ‘n skoolsielkundige geluister wat beweer het dat brood feite-vaslegging en die herroeping van feite nadelig beïnvloed. Miskien is daar iemand wat ‘n belang het in die verdomming van die Suid-Afrikaanse bevolking.

Ek woon in die platteland van KZN en as na die ligaamsbou van die bevolking rondom my kyk sien ek net oorgewig mense en al die volwassenes het voor die voet diabetes. Hierdie mense se stapel is mieliemeel en rys.

Joa ·

Ek het lanklaas so gesond gevoel soos nou. Ek volg nie Tim Noakes se dieet slaafs na nie, ek eet net nie meer meel produkte, suiker, pasta en hoe koolhidraat kosse nie. Daar is genoeg koolhidrate in die vars groente wat ons elke dag moet eet. Ek het die wonderlikste mengsel (sonder meel) gemaak waarvan ek brood bak so ek “crave” nie meer brood nie. Ek was nie oorgewig nie, maar ek het die afgelope paar maande 2 kg gewig verloor en ek voel baie goed. Onthou net, ons is gebore met ‘n brein vir ‘n doel = om jou eie besluite te neem.

Sollie ·

Joa – vertel ons abs van jou meelmengsel en hoe jy dit gebruik? Dankie!

Marietjie ·

Hoe op aarde kan dit gevaarlik wees of enige langdurige nadele he om natuurlik te eet? Banting is slegs natuurlike kosse uit die grond uit, nie uit pakkies of blikkies of bottels nie en alles word gaargemaak met natuurlike botter, hoe kan dit gevaarliker wees as olie en preseveermiddeliks en al die chemiese gemors wat in blikkieskos gesit word om dit vir jare “vars” te hou? Doen jouself `n guns en lees die bestandele van blikkieskos, pakkies kos, gas koeldrank ens ens. Daar is lang lyste van goed wat mens nie eers verstaan of weet wat daarin is nie in teenstelling met natuurlike kosse wat slegs een bestandeel in het en wat jy presies verstaan en weet wat dit is. Ek was `n kroniese hoë bloeddruklyer en my bloeddruk is alreeds vir die laaste 7 maande normal en ek is van alle kroniese medikasie af. Banting is eenvoudig, natuurlik en gesond.

Rina ·

Ek dink TM moet n saak teen die dieetkundige vereniging maak want hoekom is ons mense al die jare deur dieetkundiges ingelig hoe sleg vette vir mens is. Nou is die teendeel bewys. Maar nog steeds bevorder hulle die lae vet dieet.

Lize Weber ·

Hier moet ek vir die prof bietjie opkom….volg nie sy dieet nie, maar soortgelyke dieet van CSN…het al 20 kg verloor nadat ek vir 20 jaar na dieetkundiges geluister het en die koolhidrate diete gevolg het. Die wipwa van gewig verloor en weer aansit, het veroorsaak dat ek insulien weerstandig geword het. My huidige eetgewoontes het my suiker gestabiliseer en die beste van alles is…ek tel nie gewig op as ek dalk iets verkeerd eet nie…..volg net die volgende dag weer my normale eetpatroon.

C. FOUCHE ·

Ek wil net graag die volgende met julle deel. Ek het so 4 jaar gelede opgehou met rook en het in die proses 18 kilos opgetel wat ek net nie weer kon afskud nie. Het my dokter vir iets anders gaan sien en toe so ‘n bietjie met hom gepraat. Wat was sy raad? gaan op Tim se dieet en jy sal sien jy sal ook genees van die suiker wat jy het en definitief gewig verloor, want ek is self op dit en het al 6 kilo’s verloor. Dit is die raad van my dokter en ek glo hom, is nog nie heeltemal van die suiker genees nie maar het al my pille verminder en het ook al 10 kilo’s verloor.

Christie Joubert ·

Ek het hoe Cholestrol. Met medikasie was my gemiddelde telling 9.8 met slegte cholestrol hemelhoog. Ek kon ook nie n dag deur gaan sonder n Berocca nie. Het in Januarie 2015 begin bant. Ek het 17kg verloor, nog glad nie hierdie jaar n Berocca nodig gehad nie en verlede week my cholestrol laat toets. Gemiddeld 3.1 met slegte cholestrol laer as wat toelaatbaar is. Sê wat julle wil, maar dit werk vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.