‘SA kleptokrasie word deur diewe bestuur’

Mac Chavalala, president van Saftu (Foto: Saftu, Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) voer aan Suid-Afrika word ʼn kleptokrasie – ʼn land wat deur diewe bestuur word. Saftu sê dit is geen oordrywing nie en dit is nou bewys.

Mac Chavalala, president van Saftu, het Saterdag tydens ʼn bekendstellingskongres in Salt River, Kaapstad, gesê Suid-Afrika gaan gebuk onder dieselfde probleme as talle ander lande, en in baie gebiede is dit erger as die gemiddeld, ve

ral wat werkloosheid betref, waar die ware koers van 36,85% ses keer meer is as die wêreldwye gemiddeld. Meer as die helfte van die bevolking leef onder die broodlyn en ongelykheid is die grootste in die wêreld.

“Dit is ongelooflik dat ons onsself in dié situasie bevind onder ʼn ANC-regering wat aanvoer dat hy ‘radikale ekonomiese transformasie’ implementeer. Die realiteit is dat hy presies die teenoorgestelde doen deur teen-revolusionêre neoliberale beleide wat die heerskappy van dieselfde ‘witmonopoliekapitaal’ versterk – dit wat die ANC-leiers voorgee om teen te staan,” het Chavalala gesê.

“Wat nog erger is, is die tsoenami van bewyse wat aan die lig kom deur e-posse, fluitjieblasers, getuienis, en mees onlangs [ondersoekende joernalis] Jacques Pauw se boek, The President’s Keepers, dat die leiers van die regering, staatsbeheerde ondernemings, staatsamptenare en privaat sakemanne wat sistematies die land se welstand plunder en fortuine vir hulself, hul families en hul makkers bymekaar maak.

“Ondanks al die bewyse, is niemand nog vervolg nie, want hulle het ook staatsliggame soos die Valke [die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke], die NVG [Nasionale Vervolgingsgesag] en sleutel staatsdepartemente gedemobiliseer deur hulle te vul met handlangers wat die skuldiges sal beskerm teen enige gevolge vir misdade wat dreig om die hele land in ʼn katastrofiese insinking te laat beland.

“Ons moet ook kennis neem, soos Saftu vantevore al gesê het, dat die netwerk van korrupsie groter is as pres. [Jacob] Zuma en die Guptas, aangesien die name van een groot multinasionale monopoliemaatskappy na die ander geïmpliseer word dat hulle betrokke was of die korrupte afpersers gehelp het.

“Die mees verdoemende bewyse in Pauw se boek is dat politieke leiers verbind word met berugte bendelede en skurke. Toe Saftu beweer het die land word ʼn kleptokrasie, het ons nie oordryf nie. Dit is nou bewys dat dit die realiteit van Suid-Afrika vandag is,” het Chavalala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sarel Strydom ·

Die Vakbonde was in alliansie met die ANC. So hulle moet bietjie na hulle self ook kyk.

Gert ·

Jaja. En julle stem elke keer vir die skelms. Ook maar lekker stupid. Hulle verstaan nie hoe werk demokrasie nie

Hanna ·

En vir wie stem julle (weereens) in die volgende verkiesing? Nee wat, blah blah blah…

Rupert Ashford ·

Pasop vir wie julle prys. Hierdie ou blameer nogsteeds die “witmonopoliekapitaal” al is daar bloedweinig “wit” name onder nambawan se meelopers. So hy staan eintlik nog meer radikale, vernietigende beleide voor om die probleme “reg te stel” en hy gaan eerste aan die witman se deur kom klop.

Cherokee ·

Johan, jy kan daardie woorde ook toedig aan menige blanke… hulle kry waarvoor hulle gestem het.
Gert & Hanna vra vir wie stem hulle volgende keer. Die blanke kieser in hierdie land het ook geen geskiedenis om mee te spog nie. Hulle het ja gestem en toe die Nasionale Party winkel toemaak spring hulle om en stem vir hul gewese grootste teenstanders, die DA (bekend gewees as PFP). Daarna weer ‘n radikale skuif na die VF. So…. wit kiesers het net so min om oor te spog.

Eish ·

Ja, dis die heilige waarheid. Die handjie in eie boesem en as jy hom uittrek is hy witmelaats!

Johan ·

Cherokee, saftu huil oor die ANC. Kom die volgende verkiesing, vir wie dink jy gaan hulle stem?
ANC!!
Hulle sal nooit vir die DA stem nie. Want hulle bly die propoganda glo van die ANC. So, hulle kry wat hulle voor gestem het.
Rakende die ‘92 verkiesing, wel ongelukkig lei al die wittes daaronder. Draai die klok terug en kyk dan weer hoe word dan gestem in ‘92.
Dinge sal nooit weer in die land regkom nie.

Cherokee ·

Ek stem saam met wat jy sê Johan. Hulle brand rubber op die teer vandag en stem weer ANC môre. Jou stelling dat hulle nooit vir die DA sal stem is nie is ongelukkig ook waar (en die ‘ongelukkig’ is ten spyte van my ooglopend hewige afkeer in die DA) want ek het meer as een keer gesê dat die swartes nie meer gematigd sal draai (DA meer gematigd? Cherokee… hou kop!) maar bloot erger sal draai en skielik lyk Malema in Zuma se stoel nie meer so vergesog nie. Die lokale DA-lede wat hoop op hul party om die ligte aan te skakel (van donker na skemer) is windowshopping. DA se globes is buitendien ook gefuse.

Cherokee ·

Ek lees nou weer jou ‘draai die klok terug’ en vergewe dat ek jou in Engels antwoord maar ek is gemakliker in Engels. if we could maneuver the time, there would be fewer mistakes, if any.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.