SA kletsrymer met blikkies gegooi tydens vertoning

AKA. Foto: ANA

Die gewilde Suid-Afrikaanse kletsrymer AKA is met vol blikkies bier gegooi tydens ʼn Versoeningsdagkonsert in Potchefstroom, Noordwes.

Kiernan Forbes, beter bekend as AKA, het sy misnoeë oor die voorval op sosiale media uitgespreek. Hy was een van die kunstenaar by die “All White 80s Party” by Trimpak. Nasty C, Destruction Boyz, Shane Eagle, Mlindo en DJ Maphorisa was van die ander kunstenaars.

AKA het op sy Twitter-profiel gesê hy is baie teleurgesteld deur van die konsertgangers se optrede. “Ek verstaan heeltemal dat mense opgewonde is en ʼn goeie tyd wil hê maar om deur ʼn vol blikkie bier getref te word, is nie aan nie. Ongelukkig het iemand die vertoning vir almal bederf. Ek het nog nooit verstaan hoe die gooi van bierblikkies ʼn manier is om opgewondenheid te wys nie … maar vanaand het ek amper seergekry.”

AKA het ook ʼn video gedeel wat wys hoe bierblikkies op die verhoog gegooi word terwyl hy optree. Hy het daarna aan konsertgangers gesê hy moet die verhoog vir sy eie veiligheid verlaat.

“Ek is regtig jammer. Julle het gesien ons het terug op die verhoog probeer gaan. Die organiseerders het selfs op die verhoog gegaan en mense gevra om nie blikkies te gooi nie.” Volgens AKA het mense egter aangehou blikkies gooi.

“Verstaan julle nie dat ek nie my kop oopgebars wil hê deur ʼn blikkie bier nie? Hoekom sal ek myself in so ʼn posisie plaas? Dit is teleurstellend en mense moet leer om hulle te gedra.”

Talle ondersteuners was egter nie simpatiek nie en het daarop gewys dat hy in die verlede al van sy ondersteuners sleg behandel het.

AKA het in 2016 ʼn ondersteuner se selfoon van ʼn balkon af gegooi nadat die ondersteuner ʼn foto saam met hom probeer neem het tydens die “Super Mag Show” in Kaapstad. AKA het glo ook verlede maand ʼn ondersteuner se selfoon gegryp en in die skare ingegooi toe die ondersteuner ʼn video gemaak het tydens ʼn optrede by ʼn nagklub in Johannesburg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Vonkprop ·

Lekker lag ek nou vir die hierdie kommentaar. Hy kan bly wees hulle het net bierblikke geslinger.

Bekommerd ·

gelukkig is jy AKA. Dis nie AK’s in plek van blikkies.

Thinus Erasmus ·

Kan iemand my inlig waarvoor staan die naam? ek het vlugtig na foto’s gekyk en daar is soos geen wit gesigte????

Susan ·

Die “all white” is die “dress code”, nie die ras nie. Dis ‘n partytjie vir swartes in wit klere ?.

Jack Daniel ·

Kiernan Forbes staan dan bekend as AKA. Hulle praat Dan van Sy …. Waar kom haar in??? ??

Jack Daniel ·

Hello!!!! AKA hulle gooi nie blikke uit genot en opwinding nie…
Hulle gooi jou met blikke omdat hulle jou nie like nie en omdat hulle jou nie daar wil he nie. ??

Chris du preez ·

Dis wat ek ook dink. Hoe verstaan die man dit nie ?

Morsjors ·

Dalk moet MM ook berig oor die vieslike toestand waarin Trimpark en Potchefstroom hom vandag bevind. Papiere, plastiek, hoenderkarkasse en bottels doe hele wêreld vol na dié konsert.

Hans ·

Verstaan nie die klomp hoenor karkasse nie, sou eerder dink dá moes baie boeries/ tjops bene gewies het.

Morsjors ·

Dalk moet MM ook berig oor die vieslike toestand waarin Trimpark en Potchefstroom hom vandag bevind. Papiere, plastiek, hoenderkarkasse en bottels die hele wêreld vol na dié konsert. Die hele dorp is deurnag (op die Sabbat) wakker gehou deur dié sogenaamde musiek.

Ampie ·

“Die gewilde kletsrymer”. Gits hoeveel mense ken die clown.? Gooi hom met bier blikkies ! So what? Hoekom is die berig op Maroela? Is dit nou nuus of gossip?

humor ·

As een persoon se jy is n donkie, steur jou nie daaraan nie, maar as n hele gehoor se jy is n donkie, gaan koop dan n saal.

Kleur ·

Ja nee mense moet nie dat die naam van die konsert en die area julle flous gaan google maar daar is videos en kyk wie is die crowd!!!!@&)?!

AMS ·

As konsertgangers so baie geld het om vol bierblikkies na die man te gooi mos dit ‘n la di da konsert gewees het. En die bierverkopers het hande gevryf want hulle produk was hoog in aanvraag. Ja, soos die mense sê, die wiel draai, en die wiel het tussen ‘n klomp bierblikke in gefoeter. Gelukkig was dit nie bottels nie, anders mos die man fyntrap tussen die skerwe! (Nou wonder ek, die mense wat na die tyd skoongemaak het, kon hulle nou van die blikkies weer gebruik? Dan het hulle mos nou gescore so saam die pay?)

Lidia ·

Sjoe, hier is darem bitterbekke! Maak nie saak of hy ongewild is nie – dit is onaanvaarbaar om iemand met blikke (of wat ook al) te gooi!

Sarel ·

Dit is ook onaanvaarbaar as mens vernietig , brand , roof, moor ens. orals behalwe in SA. CR behoort seker in sy skik te wees, sy people was weer op hul stukke en getoon dat die land aan hulle behoort. Wat kan wette nou aan hulle doen. Die kletsruimer het seker bra’s en vrouebroekies verwag, kan glo hoe teleurgesteld hy was oor die bierblikke .

Anoniem ·

Woon langs trimpark waar hierdie funksies gehou word. Drank word sommer langs die pad verkoop. Wettig? Die volgende oggend as dit opgeruim word is die stukkende bottels ens so groot soos berge. Sal bly wees as hierdie funksies nie hier plaas vind nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.