SA-klimmers veilig na Everest-sneeustorting

Everest

Everest

Suid-Afrikaanse bergklimmers is veilig na ʼn sneeustorting op berg Everest wat tot die dood van 13 gidse gelei het, berig City Press.

Saray Khumalo, wat poog om die eerste swart vrou te wees om Everest uit te klim, het aan die koerant gesê sy en Sibusiso Vilane was Vrydagoggend by die basiskamp toe die sneeustorting sowat 500m teen die berg op plaasgevind het.

Vilane, die eerste swart persoon om Everest uit te klim, het kort hierna ʼn boodskap gestuur om te sê hy en die ander Suid-Afrikaanse klimmers is veilig. Volgens City Press is Vilane en Khumalo deel van ʼn groep van 23 klimmers.

Die liggame van 12 gidse is reeds van Everest verwyder met drie wat steeds vermis word. – Sapa

Lees ook:
12 sterf na sneeustorting op Everest

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.