SA koerant sê jammer oor Charlie Hebdo-spotprent

Grafika: Verslaggewers Sonder Grense (http://en.rsf.org/)

Grafika: Verslaggewers Sonder Grense (http://en.rsf.org/)

Die Citizen het Donderdag om verskoning gevra nadat hy ʼn spotprent van die profeet Mohammed gepubliseer het soos dit op die Franse satiriese weekblad Charlie Hebdo verskyn het.

“Dit was ‘n vergissing, daar was geen kwade bedoelings nie… dit was nie bedoel om iemand te beledig nie,” het Steven Motale, redakteur van die koerant, gesê. “Ons weet dat die gebruik van ʼn prent van Mohammed verbied word in Islam en ons vra onvoorwaardelik om verskoning aan diegene wat ons aanstoot gegee het.”

Volgens Motale het die koerant slegs ʼn handvol klagtes van hul lesers ontvang en is daar nie druk op hulle geplaas om ʼn verskoning aan te bied nie. Die Citizen het Donderdag op sy voorblad die verskoning gepubliseer.

“Die Citizen sal nooit doelbewus iemand se godsdienstige sensitiwiteit beledig nie, veral nie in die wyse waarop Charlie Hebdo dit gedoen het nie. Ons betreur die moorde, sowel as enige poging om sensuur deur geweld af te dwing. Ons handhaaf die reg tot vryheid van spraak.”

Die koerant het Woensdag ʼn foto gepubliseer van Charlie Hebdo se nuutste voorblad. Op die voorblad is ʼn huilende profeet Mohammed wat ʼn plakkaat ophou met die woorde “Je suis Charlie” [Ek is Charlie], met die opskrif “Tout est pardonné” [Alles is vergewe] bo sy kop.

Daar is Woensdag 3 miljoen eksemplare van Charlie Hebdo se nuutste uitgawe gedruk, wat spoedig uitverkoop is. Daar is besluit om ʼn verdere 2 miljoen eksemplare te druk. Die weekblad se drukoplaag is gewoonlik 60 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

André Botha ·

Hulle het gee nie om vir my geloof nie!
Hulle is Lafaarde.

Johannes ·

Ek is bly om te sien dat die Citizen om verskoning gevra het oor die plasing van die spotprent waarin die profeet uitgebeeld word. Ek is self nie ‘n Moslem nie, maar ‘n Christen. Vryheid van spraak is goed, maar persoonlik glo ek dat dit soms te ver gevoer word, soos in Charlie Hebdo se geval. Dit is onnodig om met ander mense se geloof die spot te dryf. Dit veroorsaak net haat, en neem die mensdom nie vorentoe nie. Dis maar net my beskeie mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.