SA krieketlegende sterf

Een van Suid-Afrika se voorste snelboulers, Neil Adcock, is Sondagoggend in die ouderdom van 81 oorlede.

“Adcock het bekend geraak in die 50’s en het Suid-Afrika se eerste wêreldklas, ware snelbouler geword,” het Ali Bacher, voormalige krieketspeler en vriend, gesê. “Dit was ook in die tyd dat die Springbokkrieketspan vir die eerste keer erken is as ʼn krag in internasionale krieket en een van die redes was die openingspaar van snelboulers naamlik Adcock en Peter Heine.” Adcock het 26 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 104 paaltjies platgetrek. Adcock is dood aan dermkanker. Hy word oorleef deur sy vrou Maureen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.