SA kry nuwe sleepbote

Argieffoto Foto: shopwestcoast.co.za

Argieffoto Foto: shopwestcoast.co.za

Suid-Afrika gaan nege nuwe sleepbote oor die volgende vier jaar in Durban bou.

Prasheen Maharaj, hoof uitvoerende beampte van Southern African Shipyards, het Donderdag gesê die bestelling van Transnet National Ports Authority (TNPA) beloop net minder as R1.5 miljard.

Tau Morwe, uitvoerende hoof van TNPA, het tydens ʼn amptelike seremonie waar die eerste staalplaat vir die sleepboot T3013 gesny is, gesê Suid-Afrika se skeepsbedryf moet dink waar hy oor 20 of 30 jaar wil wees. Hy het gesê Singapoer en Korea neem geloofstappe wanneer dié lande in hul maritieme bedryf belê. “Ons is te bang om te belê. Ons het 25 jaar gelede in tyd begin stilstaan,” het Morwe gesê. Hy sê die land moet in hawens belê, “anders gaan ons nêrens heen nie”.

Maharaj sê minstens 600 mense sal direk deur SA Shipyards aangestel word om die sleepbote te bou. Die kontrak sal na verwagting nog werk skep vir 3 000 mense.

Die eerste sleepboot sal na verwagting in November 2015 geloods word en die laaste een in die eerste kwartaal van 2018. Buiten die negende vaartuig, sal al die sleepbote 31 m lank en 11.5 m wyd wees. Die sleepbote sal ook na verwagting oor dubbel die sleepkrag beskik van die bestaande sleepbote wat in Suid-Afrikaanse hawens gebruik word.

Die negende sleepboot sal die kragtigste sleepboot in die wêreld wees. Dié boot sal 42 meter lank wees, 15 meter wyd wees en 100 ton kan sleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

R1.5 miljard is seker die prys nou, en teen einde volgende hoor mens “kan nie bestelling na kom nie daar is nie geld” en dan word daar natuurlik soos gewoonlik deur ondankbare kontrak werkers gestaak. En so sal die bou van die bote doodloop en die geld soos mis voor die son verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.