SA kry toekenning vir stryd teen malaria

President Zuma nadat hy die toekenning ontvang het. Foto: GCIS

President Zuma nadat hy die toekenning ontvang het. Foto: GCIS

Suid-Afrika het die 2016-Alma-toekenning ontvang vir die stryd teen malaria.

Die presidensie het Saterdag in ʼn verklaring gesê pres. Jacob Zuma het die toekenning tydens die African Leaders Malaria Alliance-byeenkoms (bekend as Alma) by die Afrika-unie (AU) se beraad vir staatshoofde en regerings in Addis Abeba, Ethiopië, ontvang.

“Ons is geëerd om die toekenning te kan ontvang. Dit beloon ons pogings en die vordering wat ons program in Suid-Afrika gemaak het, nie net die afgelope dekade nie, maar ook danksy die beleggings in die 1940’s om malaria te beveg,” het Zuma in sy toespraak gesê.

Sedert 2000 het malariagevalle in Suid-Afrika met 82% en sterfgevalle weens malaria met 71% afgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sarie van heerden ·

Moet ons nie liewer totaal wegbly uit malariagebiede agv die nadele van die gebruik van antimalariamedikasie? Ekself het erge spierprobleme ontwikkel agv ‘n bekende teenmiddel. Sopas is my suster ontslaan na meer as ‘n maand, uit die hospitaal na die nagevolge van malariapille en sal daar volgens haar spesialis dit 6 maande neem om van die middel se nagevolge ontslae te raak omdat die liggaam self die gifstowwe moet uitskei.

Johannes Meintjes ·

Daar bestaan ‘n paar bewese kruie-remedies wat baie effektief is vir die voorkoming en behandeling van malaria. Ek kan self as ‘n gebruiker in Suidelike-Afrika tot sover as die Kongo getuig van die effektiwiteit daarvan, selfs oor periodes van so lank as vier maande op ‘n slag.

sarie van heerden ·

JOHANNES MEINTJIES. Ek weet ons mag nie adverteer nie maar is dit nie moontlik dat jy tog maar vir ons kan vertel wat die medikasie is wat jy van weet teen malaria nie? Kruie kom tog nie in skedule 6 of 7 of wat ookal nie. En dit sal baie mense help. 5 van ons vriende is dood aan malaria en 2 het dit oorleef en my suster spartel nou met die nadraai van die medikasie TEEN malaria. Ons sal dit hoog op prys stel.

chrisp ·

Johannes.
Ek wil ook graag weet . Ek beweeg geweldig baie in Afrika rond en is al twee keer byna bokveld toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.