SA kry vroulike president (vir ʼn dag)

Susan Shabangu. Foto: Flickr/GovernmentZA

Susan Shabangu. Foto: Flickr/GovernmentZA

Suid-Afrika gaan vir ʼn kort periode ʼn vroulike president hê.  Susan Shabangu, minister in die presidensie verantwoordelik vir vroue, sal as waarnemende president van die Republiek optree in die afwesigheid van president Jacob Zuma en adjunk-president Cyril Ramaphosa.

Shabangu is Woensdag deur hoofregter Mogoeng Mogoeng by die Grondwethof ingesweer, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Zuma is in Nieu-Delhi, Indië vir die derde Indië-Afrika-Forumberaad. Die beraad sal Vrydag tot ʼn einde kom.

Intussen is Ramaphosa op ʼn drie-nasie toer van Swede, Kuba en Mexiko. Hy is tans by die Open Government Partnership Global Summit in Mexiko City wat vandag sal afsluit.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Dink as daar ‘n vrou in bewind sou wees oor die algemeen sou die land in ‘n beter toestand wees.

Desiree ·

Hou haar sommer daar. Ken haar gladnie maar dit kan net beter wees.

Elaine ·

Desiree, dink jy regtig hulle gaan haar toelaat om haar eie besluite te neem?

Piet Snot ·

Laas toe Mangosotho Buthelezi vir ‘n paar dae president was, het ons Lesotho binnegeval.
Onthou julle nog?

Martin ·

Hy sit met ‘n krises in sy land en hy kuier oorsee. Laat h y sommer daar bly. Gee haar maar ‘n kans.

JOHAN ·

Laat hy sommer daar bly ,want soos dit hier gaan lyk dit in elk geval nie of ons ‘n president het nie.

BoereBikerBaby ·

Ek dink regtig enige iemand sal beter wees as Zuma en ou Julias ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.