
Steven Cohen
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Steven Cohen (51) is Maandag in ʼn hof in Parys, Frankryk, skuldig bevind aan openbare onsedelikheid nadat hy verlede jaar met ʼn hoenderhaan, wat aan sy geslagsdeel vasgebind was, gedans het.
Cohen is egter geen boete opgelê nie, aangesien niemand oor die voorval gekla het nie en hy nie aan enige seksuele misdryf skuldig bevind is nie. Staatsaanklaers het versoek dat hy ʼn boete van €1 000 (sowat R14 500) opgelê moet word.
Cohen is in September 2013 in hegtenis geneem nadat hy by ʼn besige openbare gebied naby die Eiffel-toring gedans het. ‘n Hoenderhaan genaamd Frank was met ʼn lint aan sy penis vasgemaak. Hy is vir sowat 10 uur lank aangehou en ondervra en moes ook ʼn DNS-monster indien en psigiatriese evaluasie ondergaan. Hy het gesê die boodskap van sy opvoering was om gelyktydig in verskeie rigtings getrek te word.
“Wat ek gedoen het was kuns en het niks met seksualiteit te doen nie,” het hy aan die hof gesê. Hy het ook aan die hof gesê ʼn groep nonne het verby gestap en nie eens gekla nie.
Klik hier om ʼn foto van sy dans te sien. Waarskuwing: Die foto kan ontstellend wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dis GEEN kuns nie – hy klink en lyk na ‘n persoon wat verseker psigiatriese hulp benodig.
DIT IS SIEK !
Geen einde aan ‘n kunstenaar se verbeelding nie ! Baie vindingryk Steven……..dit wat jy wou bereik het jy reggekry !
Steve jou kuns stink. Gebruik volgende keer n ystervark vir meer drama ou Queeny
Ja, natuurlik belangrik om in gedagte te hou dat Steven Cohen van Joodse afkoms is en dus op `n soort van carte blanche geregtig is om sy fantasieë uit te leef. Volgens Cohen, wie voorheen reeds `n paar kere met haan aan haan in die publiek sy diepe boodskap aan die waarderende publiek opgevoer het, sal masturbasie in die publiek ook as kuns tel. Ek kan nie begryp wat dit is met die stelsel nie !!? Die man is duidelik skuldig aan beide ontbloting in `n publieke plek sowel as diere mishandeling. Als vasgelê op film. Hy word geen vonnis… Lees meer »
Ek hoor ‘n voltruisboer van Oudtshoorn gaan ‘n wilde volstruismannetjie aan Cohen skenk vir sy volgende dans. Dan sal sy ‘kuns’ heelwat verder strek!