SA laat Chinese vissersbote gaan ná boetes

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Drie Chinese vissersbote waarvan die teenwoordigheid in Suid-Afrikaanse viswaters onder verdenking was, is vrygespreek op ʼn klag van stropery, maar is R2 miljoen beboet vir ander oortredings.

Volgens ʼn gesamentlike verklaring van die departement van landbou, bosbou en visserye, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse maritieme veiligheidsowerheid (Samsa), is al drie vaartuie wat in Mei onderskep en in Oos-Londen aangehou is, verlede week laat gaan.

Die vaartuiggesagvoerders is skuldig bevind op ʼn aanklag van die besit van toerusting sonder ʼn permit. Twee van die vaartuie se gesagvoerders is skuldig bevind aan die nie-nakoming van ʼn visserybeheeramptenaar se opdrag.

Daar is ook bevind dat al drie vaartuie Samsa-wetgewing rakende die bedreiging van omgewingsbesoedeling en -agteruitgang oortree het.

Die Suid-Afrikaanse owerhede het gesê die vaartuie se gesagvoerders het al die boetes betaal en is toestemming gegee dat die bote die Oos-Londen-hawe ná 23 Junie kan verlaat.

Volgens die verklaring het die departement van landbou, bosbou en visserye in Mei saam met die vloot patrollies uitgevoer na aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en lede van die departement van binnelandse sake en Samsa het die drie vaartuie deeglik deursoek.

Die vissersbote het tonne vis aan boord gehad. “Die Fu Yuan Yu 7880 het omtrent 340 ton inkvis en 36 bemanningslede aan boord gehad, die Fu Yang Yu 7881 het omtrent 60 ton inkvis en 34 bemanningslede aan boord gehad terwyl die Run Da 617 met 200 ton inkvis en ander visspesies asook 26 bemanningslede gehad het.”

Verdere ondersoek is gedoen om vas te stel of die vis aan boord uit Suid-Afrikaanse waters afkomstig is. Die uitslae van die toetse het egter getoon dit is nie die geval nie. “Ons het dus geen wettige gronde gehad om beslag op die vis te lê nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KarooKlong ·

Is nie wie jy is nie, is wie jy ken, dan kan jy enigiets regkry.

PMB ·

Die boewe moes tronk toe en die skepe see bodem toe, nou gaan hulle huis toe!. Nog n ANC politieke gunsie.

Nico ·

Nuwe koloniale meesters China word met ‘n ligte hand hanteer.

Vis uit die massas se monde ·

Die massas is nie slim genoeg om te begryp dat die vis wat die Chinese steel is vis wat uit hulle kinders se honger mae kon wees nie, die dat dit nie eers vir hulle n oorweging is wanneer dit by die stembus kom nie.

Lance ·

Moet eers weer uitloop op n kriesis ….gaan die kuswag nou eintlik iets begin doen en dalk patroleer …of gaan ons nou weer wag tot daar geen vis meer in ons water is ….SKRIK WAKKER KUSWAG !

Rapes ·

As dit plaaslike bote was het hulle dit gekonfiskeer en op ‘n veiling verkoop.

cobusp ·

Die Chinese is meesters met korrupsie en bribes………sal die anc nog baie leer………..voels van enerste vere nie verbaas hulle moes n klein prys betaal …….geen melding van hoeveel onder die tafel betaal is nie………sal seker nooit weet nie…….die sa verbruiker betaal net elke dag meer vir vis by die winkels soos dit skaarser raak……….wat soek n vistrailer van china nou eintlik hier in ons viswaters……..vra maar net?????

Lynette ·

Eish dit maak my kop heel deurmekaar . Hoe werk die wette dan nou van visvang . Die groote , gewig tel mos . Daai wat met die nette gevang word is mos klein . Ons moet sukkel om kos op die tafel te kry en hulle smile lekker al die pad terug china toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.