SA leer ‘binnekort’ om entstowwe te vervaardig

Suid-Afrika sal glo binnekort ’n tegnologie-oordragshub vir Covid-19-entstowwe ryker wees. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag aangekondig dat Suid-Afrika binnekort ’n tegnologie-oordragshub vir Covid-19-entstowwe ryker sal wees, om kennis oor die vervaardiging van dié entstowwe op te skerp.

Dié aankondiging kom te midde van ’n derde Covid-19-golf met ’n skerp toename in positiewe Covid-19-gevalle oor die hele land.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het soortgelyke sentrums (hubs) in ander lande op die been gebring wat opleiding rakende die vervaardiging van griepinentings aan plaaslike vervaardigers bied om hulle te bemagtig om self entstowwe te maak.

Tydens ’n onlangse besoek aan Suid-Afrika het pres. Emmanuel Macron van Frankryk aangedui dat hy vir vinniger oordrag van gesondheidstegnologie in armer lande druk sodat hulle hul eie Covid-19-entstowwe kan vervaardig.

Volgens die WGO se statistieke is slegs 1% van Afrika se bevolking ten volle teen Covid-19 ingeënt. Sowat 35% van Covid-19-gevalle in Afrika is in Suid-Afrika aangeteken – die hoogste van al die Afrika-lande. Suid-Afrika se positiwiteitskoers staan tans op 23,7% en 13 155 nuwe gevalle is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bevestig. Daar was teen Sondagaand 117 114 aktiewe gevalle in die land.

“Die vinnige toename in nuwe gevalle is buitengewoon skerp,” sê Ramaphosa.

Boonop is die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking nog nie teen die virus ingeënt nie.

Suid-Afrika en Indië het vroeër reeds versoek dat die intellektuele eiendomsreg van entstowwe tydelik laat vaar word om vervaardiging te bespoedig.

Maroela Media het verlede maand berig dat dié kwytskelding volgens Ramaphosa broodnodig is om op ’n “noodgeval” te reageer en nie net aan die hoogste bieërs beskikbaar gestel moet word nie.

“Dit is ’n ongekende situasie. Dit vereis dat alle intellektuele eiendom, kennis, tegnologie en data met betrekking tot Covid-19-gesondheidsbehandeling tot almal se beskikking moet wees,” het Ramaphosa vroeër gesê.

Ramaphosa, Macron en Tedros Adhanom Ghebreyesus, uitvoerende hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), sal Maandagaand meer inligting hieroor bekendmaak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johann ·

Tipies…wil als HÊ. Niks self ontwikkel of werk daarvoor nie. Die alewige oop hand Afrika sindroom wat vat en wil hê want…hoekom nie?

Rian ·

Dis hoekom ramaphosa so lekker gegrinnik het op G7 beraad. Weer iets verniet gekry.

piet ·

Die ou regering moes oophand staan toe die Franse ons kernaanleg geinstalleer het en moes wys hoe dit werk. Vroeere jare moes Italianers en Engelse ons leer hoe om brue te bou, tonnels te grawe, paaie en treinspore te maak, ens. Sekere dinge moet jy geleer word om te doen. Ons is ‘n ontwikkelende land nie ‘n hoogsgesofistikeerde reeds ontwikkele land nie, was nog nooit.

Johan ·

Ek verstaan nou nie SA wil leer om entstowe te maak maar hulle maak dan by ASPEN in PE alreeds so wie wil wat leer

piet ·

SA kan nie die entstof self ontwikkel en vervaardig nie, ons moet eers leer hoe. So eenvoudig soos dit.

Persheks Adri ·

Gaan dit die kaders se BEE maats wees wat dit gaan leer maak? Cyril dink weer nie wat se perd hy nou opsaal nie! Wat gaan in daai konkonsie wees? Ek sidder om daaraan te dink…

Anel ·

Ja, nê. Hier kom ‘n ding. Was se konkoksies gaan daar gebrou word? Hoeveel songomas gaan betrek word…?

Johanncb ·

Ek staan verstom om te hoor ons het nie die kennis óf tegnologie om entstowwe in Suid-Afrika te vervaardig nie! Is ons dan nie ‘n “ontwikkelde land” nie?
My wetenskaplike buurman in Port Elizabeth is werksaam by Aspen in Noordeinde – wonder net wát hulle dan vervaardig!

piet ·

Daar’s ‘n verskil tussen’n entstof van begin af te ontwikkel (dis gewoonlik uiters duur) en op groot maat te vervaardig as om ‘n reeds bekende resep te gebruik, ons moet leer hoe om dit te doen. Dis nie disprins en rennies wat aanmekaar geslaan word nie. Ons is ‘n ontwikkelende land nie ‘n ontwikkelde land nie.

Daleen ·

Nee o genade weet nie of ek “Proudly South African” entstof wil ontvang nie.

Pieter ·

Wat maak hulle als by Novartis in Brits.
En al radioAktiewe medikasie by Phelindaba AEK
Ons het kundiges

Rian ·

Enige persoon wat n Suid Afrikaans vervaardigde entstof ontvang is mal in sy/haar kop.

piet ·

Jy neem dan reeds plaaslike vervaardigde medikasie. Het jy al mal geraak in die kop?

Debby ·

Nadat jy daai entstof inkry begin jy snork soos n vark en begin vere orals groei

marius ·

En hy dring aan daarop aan dat die IMF biljoene moet gee ? Wat het afrika al vir die res van die wereld gegee ? Sweet blou boggerol !

Astrain ·

Ag tog…soms net soms raak hulle nog twak kwyt wat regkry om my kakebeen teen die grond te laat val…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.