SA lughawens ontvang stiptelikheidstoekenning

Kaapstad Internasionale Lughawe (Foto: CapeTown-Airport.co.za)

Kaapstad Internasionale Lughawe (Foto: CapeTown-Airport.co.za)

Dipuo Peters, minister van vervoer, het die Lughawensmaatskappy (Acsa) gelukgewens nadat drie lughawens in Suid-Afrika aangewys is as van die toptien stiptelikste lughawens ter wêreld.

OAG Aviation Worldwide, ʼn agentskap in die Verenigde Koninkryk wat prestasie by lugrederye en lughawens wêreldwyd monitor, het die lys bekend gemaak, het die departement Saterdag gesê.

OR Tambo Internasionale Lughawe het die agtste plek behaal in die grootlughawenskategorie, Kaapstad Internasionale Lughawe het die sesde plek behaal in die mediumlughawenskategorie en King Shaka Internasionale Lughawe het die 10de plek behaal in die kleinlughawenskategorie.

“OAG Aviation Worldwide monitor minstens 80% van die vlugte by ʼn lughawe voordat die lughawe in die stiptelikheidsliga ingesluit word. Volgens die liga het die toptwintig lughawens in die grootlughawenskategorie verseker dat 83,9% van vlugte binne 15 minute van hul geskeduleerde aankoms of vertrektye bedryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johanna Botha ·

Ek kan dit goed glo want die mense wat die aankondigings doen het geen idee van uitspraak ek bler oor die interkom, roep name uit dat mens meer as die helfte nie kan hoor of verstaan nie….klink eintlik so bar ….so mense sorg maar dat hulle betyds is

Niemand ·

lmga, hang seker af van hoeveel keer jy vlieg, of jy dit gaan agterkom dan nie? Tweedens is stiptelik in Westerse land en in AFRIKA lande ook nie dieselde nie. Bly julle is so ‘stiptelik’, dis soos die misdaadstatistieke, niemand glo julle meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.