SA ma terug in Londen-huis ná kinders se dood

facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Tania Clarence (43), ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, is tydelik uit die hospitaal ontslaan.

The Telegraph berig Clarence word oor naweke uit die hospitaal ontslaan as deel van ʼn rehabilitasieprogram. Sy is in November met ʼn hospitaalbevel gevonnis nadat ʼn regter bevind het dat sy baie lief was vir haar drie gestremde kinders en haarself finansieel en emosioneel uitgeput het om hul welstand te verseker voordat sy hulle uiteindelik versmoor het.

Clarence het skuldig gepleit aan strafbare manslag deur verminderde aanspreeklikheid in verband met die dood van haar vierjarige dogtertjie, Olivia, en driejarige tweelingseuns, Ben en Max.

Die polisie is op 22 April na die gesin se vyfslaapkamerhuis in Thetfordweg in die welgestelde voorstad New Malden in Londen ontbied waar hulle op die kinders se liggame afgekom het.

Volgens The Telegraph se berig was Clarence die naweek tuis en is buite die huis opgemerk saam met haar oorlewende dogter, wat agt jaar oud was ten tyde van die voorval. Clarence se man, Gary, en die egpaar se oudste dogter was in Suid-Afrika toe die kinders vermoor is.

Olivia, Ben en Max het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Hierdie vrou moes die ergste ooit doen en nou die res van haar lewe met haar self saam leef. Ek glo sy sal die beste ondersteuning kry om haar lewe te help herbou. Sterkte aan jul.

ladybug ·

Ek kry hierdie vrou uit my hart uit jammer!

En ek blameer haar man, hy gaan lekker vakansie hou in SA terwyl sy alleen moet probeer regkom met 3 gestermde kinders!

CHRISTA ·

Het hulle nie fasiliteite in Engeland waar hierdie kinders versorg kon word nie? (Soos Little Eden in Edenvale vir gestr.emdes)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.