ʼn Beroepsjagter van Suid-Afrika is Sondag by die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, se ampswoning in Harare in hegtenis geneem.
Volgens die Zimbabwiese nuuswebwerf News Day is Adriaan Philip Oliver met nege patrone in sy besit in hegtenis geneem.
Oliver, wat Dinsdag in die landdroshof in Harare aan betreding skuldig bevind is, is tot twee maande tronkstraf of ʼn boete van $150 (net meer as R2 000) gevonnis.
Volgens die staat het Oliver op 7 Mei omstreeks 03:00 met ʼn Toyota Land Cruiser deur polisieversperrings na die president se ampswoning gery. Hy het glo versuim om ag te slaan op verskeie padtekens en het toe oor ʼn versperring met skerp penne gery voordat hy 20 m verder met ʼn pap wiel gaan staan het. Dit is toe dat hy in hegtenis geneem is.
In sy getuienis het Oliver aan landdros Lazini Ncube gesê hy het verdwaal en nie besef waar hy was nie.
Hy het ook gesê hy is tydelik in Zimbabwe om by sy siek kind te wees.
Ncube het gesê hy gee Olivier die voordeel van die twyfel omdat dit sy eerste oortreding is.
Seker n skild eiser.
‘n Skild? Nêrens word gesê dat hy ‘n swaard by hom gehad het nie.
Net Skuld kan ge-eis word.
Skild is n wapen.
Laat ons tog let op die spelling van ons taal asseblief!
Dankie tog hy is nie lewenslank gevonnis nie!
Beroepsjagter? Bob kan bly wees hy was nie n kudu nie
Kan jy glo.
ʼn ” Wit” man kry die voordeel van die twyfel in ʼn “swart ” land by ʼn “swart” regter…
Kan SA se Howe nie iets hieruit leer nie.
Ja, ons kan dit amper nie glo van Zimbabwe nie, maar dit sê baie van hoe goed hulle regstelsel is. Die gewone mense in die land is eintlik vredeliewend, vriendelik en positief.
Jaco ook nie almal nie, hier in NSA is hul rowers en moordenaars by uitstek!
Hy het nie die man gesien nie want hy het sy oë gerus hehe