SA-man dalk doodstraf opgelê in VSA

Muziwokuthula Madondo.

Muziwokuthula Madondo.

ʼn Suid-Afrikaanse man, wat skuldig bevind is aan twee moorde in die VSA en van nog twee aangekla word, kan moontlik die doodstraf opgelê word.

Muziwokuthula “Muzi” Madondo is Maandag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir twee van die moorde. Madondo, wat verlede maand skuldig bevind is aan die moorde op ʼn pa en seun, Bobby Gonzales (57) en Gabriel Baca (37), sal ten minste 24 jaar van sy vonnis moet uitdien, voordat hy vir parool in aanmerking kan kom

Tog word dit betwyfel of Madondo ooit op parool vrygelaat sal word. ʼn Paar uur voor sy skuldigbevinding op die twee moordaanklagte, het speurders van die Akron-polisiestsie met nuwe bewyse vorendag gekom wat hulle hoop Madondo aan die pen kan laat ry vir die moord op Jacquelyn Hilder, ʼn bankamptenaar van First Merit Bank.

Hilder is die aand van 17 Februarie 2011 in haar huis vermoor, terwyl die liggaam van ʼn Maritzburg College-skoolseun in ʼn woud gevind is in die Butler Township, naby die stad Dayton in Ohio. Anders as in Nieu-Meksiko, kan die doodstraf opgelê word in Ohio.

Tim Rose, prokureur van die Quay County Distrik, het gesê dat hy tevrede is met die vonnis, “veral aangesien dit Nieu-Meksiko is. In ander state is die vonnis vir moord 30 tot 40 jaar.”

In Nieu-Meksiko is die maksimumvonnis 15 jaar. Madondo gaan die twee vonnisse vir moord gelyklopend uitdien.

Tydens Madondo se inhegtenisneming en aanhouding in die dorpie Conroe in Texas, in Maart 2011, het Madondo nie net skuld beken op die aanklagte van moord op Gonzales en Baca nie, maar blykbaar ook vir die moorde op Hilder en Mdadane.

Vroeër vanjaar het Madondo die hoë hof in Nieu-Meksiko oortuig dat sy regte misken is toe hy die bekentenis gemaak het. Skaars twee maande voordat Madondo se verhoor sou begin, het hy skuld beken vir die Tucumcari-moorde.

Kort voor Madondo se vonnis, het Rose gesê Madondo, wat ʼn student aan die Universiteit van Durban-Westville (nou die Universiteit van KwaZulu-Natal) was, het erken hy het Hilder vermoor om die “uitsluitlike rede om geld in die hande te kry”.

“Hy het gereis van Akron, Ohio, met die doel voor oë om Mdadane te vermoor. Hy sê die moord was koudbloedig en beplan. Hy het Mdadane vermoor omdat hy hom in die verlede te nagekom het,” het Rose gesê.

Madondo kom van Richmond naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. In sy bekentenis, wat op videoband opgeneem is, het hy gesê hy het die klere wat Mdadane aangehad het, gesteel het, sodat hy nie nagespoor kan word nie.

Madondo het Mdadane se identifikasiekaart gebruik om ʼn bankrekening oop te maak en ʼn woonstel te huur.

“Binne twee weke het Madondo nog twee moorde gepleeg. Ons glo dat die motief vir al die moorde die beskuldigde se geldgierigheid was. Al vier moorde is met dieselfde wapen gepleeg,” het Rose gesê.

Volgens Rose sal Madondo in die staatsgevangenis in Los Lunas aangehou word, maar hy sal na verwagting in Januarie of Februarie aan Ohio uitgelewer word. Rose het gesê indien “Madondo skuldig bevind word aan die Ohio-moorde, sal hy eers sy vonnis wat in Nieu-Meksiko opgelê is, moet uitdien”.

Indien Madondo egter die doodstraf in Ohio opgelê word, sal dit in alle waarskynlikheid die eerste vonnis wees wat uitgedien moet word. In Ohio staan Madondo ook tereg op aanklagte van roof en inbraak, wat verband hou met die moord op Hilder.

Skuldigbevinding aan moord in Ohio is strafbaar met die doodstraf. Volgens die Ohio departement van rehabilitasie en regstelling, is die laaste doodsvonnis in Januarie 2014 volstrek.

Daar is tans 139 mans en een vrou in Ohio wat ter dood veroordeel is. Die volgende doodsvonnis sal volgens skedule in Januarie 2017 voltrek word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Susan ·

Oorsese lande moet hulle nie daar toelaat nie…om van SA VSA toe te gaan om daar moord te pleeg wys jou nou net dit bly in hulle leefwyse…gelukkig is die strawwe daar erger en selfs doodstraf

Bloues ·

Haha gedink Amerika is Afrika waar jy met moord wegkom. Ek hoop hy kry die doodstraf

Winston ·

Hy het hom vasgeloop in proffessionele ondersoek beamptes en toe vang slim sy baas. Doodstraf sal tot sy redding wees.

weggegee ·

Die manier wat hy loer sê al baie. Kan maar gaan spaar ons baie geld met al die verhore en, en. Het geen simpatie. Daai is maar een hier in SA is hulle volop.

OuVrou ·

Nou het Amerika sommer eerstehandse ondervinding opgedoen met die geldgierige moordlustige spul hier by ons. Wat ons boere en wit mense uitmoor vir wapens, geld en aardse besittings.

Annie ·

Gee hom die doodstraf – en sommer vinnig ook. Wens hulle wil dit terug bring in SA.

Tammy ·

Gee hom wat hy verdien….Hang hom of elektriese stoel. Sy gesig vertel hy is n tipiese man uit Afrika. Hy verlang seker lekker na sy land van herkoms waar sy soort beskerm word!!!

Hang ? ·

Tammy , skaam jou ! Jy kan sien hy is een van ons mense , net omdat hy nie n atleet is soos Oscar nie en nou in n ander land is , ver van sy eie mense .. sommer net hang hom ?

Riaan ·

Ha ha nou toe nou,weg kom daar is toe nou nie so maklik. Jy gaan kry wat jou toe kom

Jackie ·

Wens die regstelsel was ook so goed hier in SA!! Well done VSA…julle het nog polisie en speuders wat iets werd is!!

NG Lidmaat ·

Wie is ons om te oordeel ? Ons het almal sonde , onthou as jy n vinger wys is daar vier wat terug wys . In elk geval , hoe moes die jongman weet hy mag dit nie in Amerika doen nie .

Johan Mahne ·

Ons kan vir hulle nog n Helen klomp vliegtuie stuur vol van die soort mense dan kan hulle n groot geleentheid hou in 2017.

HEVW ·

“Hoe moes hy weet hy mag dit nie in Amerika dit doen nie?”n Tipiese benadering soos ons al uit hierdie geledere verneem het

jaco ·

Ek sal onbeskermde seks he met iemand wat sterwend is aam VIGS, as dit sou beteken dat en na die VSA kan verhuis. Ek weet dis nie n perfekte land nie, maar daars minder misdaad, geen beurtkrag ens ens. En hier lees en sopas van n Suid-Afrikaner wat wel soontoe kon verhuis en toe sy kanse daar verbrou het. Dis bitter…

SixGun ·

He wasnt even born in the dark ages. He chose to murder he chose his fate!! Hang the bastard!!

jaco ·

Hulle sit soms 20 jaar en langer op “death row” voordat die elektriese stoel finaal gebruik word. So die jare op death row is maar dieselfde as lewenslank en dit bly op die rekening v.d. belastingbetaler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.