SA man doodgeskiet in Malawi

Harry Wakeford. Foto: Facebook

Harry Wakeford. Foto: Facebook

Harry Wakeford (63), van Ballito in KwaZulu-Natal, is Saterdag in Malawi doodgeskiet toe hy ʼn familielid probeer beskerm het.

Barry Chapman, Wakeford se skoonseun, het aan Maroela Media gesê sy skoonpa was deel van ʼn toergroep wat vroeg verlede maand deur verskeie Afrika-lande begin reis het. Chapman se pa en broer was ook deel van die groep.

Volgens Chapman het die groep Vrydagaand in Karonga gekamp. Hulle het omstreeks 02:00 Saterdagoggend wakker geskrik toe Wakeford se niggie, Anne Croasdale, gegil het toe drie rowers haar tent begin oopsny het. Wakeford het tot haar redding gekom en is deur een van die mans in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood.

Volgens Chapman het die rowers $2 000 (meer as R24 000), klere en Wakeford se kamera en toerusting gebuit. Chapman het gesê sy skoonpa was baie lief vir fotografie. “Nie net is hy nou weg nie maar ook die herinneringe wat hy afgeneem het.”

Chapman het gesê die groep het nog ʼn dag in Karonga oorgebly, aangesien een van die Land Cruiser-voertuie waarmee hulle gery het onklaar geraak het en hulle vir onderdele gewag het.

Volgens Chapman het die groep vir agt maande aan die “avontuur van ‘n leeftyd” beplan. Hulle was onder meer in Tanzanië, Rwanda en die DRK waar hulle gorillas gaan kyk het. Hy het gesê die groep was op pad terug huis toe en sou teen die middel van vandeesmaand terug wees.

‘n Nadoodse ondersoek sal intussen op Wakeford gedoen word voordat sy liggaam na Suid-Afrika teruggevlieg sal word. Volgens Chapman is die res van die groep nou op pad terug Suid-Afrika toe.

Chapman het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar dat hy hoopvol is dat die polisie in Malawi wel die skuldiges sal vastrek.

Wakeford laat sy vrou, ʼn dogter, ʼn seun en ʼn kleinkind agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Nêrens in Afrika is daar rus en vrede.
Sterkte aan die familie.
‘Wakefield’ in die berig is seker ook ‘Wakeford’ ?

Gerhard Bezuidenhout ·

Die Afrika kutuur is n angswekkende kultuur.

Berhalet Beukes ·

Opportunitiese lafaards! Afrika is vol van duiwelse dienaars wat genot daaruit put om te roof en te moor eerder as te werk en hulself op ‘n werke wyse te onderhou! Dis walglik!

Johannes Meintjes ·

Werklik innige simpatie! Dit is moeilik om te bepaal of Afrika ernstig en kapabel is om te ontwikkel. In 2014 het ek self ‘n “vredes en ontwikkelings ekspedisie” per 4×4 deur 8 SADC lande onderneem. Die toerisme bedryf het baie potensiaal, maar juis in Malawi het ek herhaaldelik van grondvlak (swart en wit) baie frustrasie verneem a.g.v. die regering se onvermoe of onwilligheid om toeriste en die bedryf in Malawi te beskerm. Brutale rooftogte op kampterreine en oorde is skynbaar al gerug, en ontmoedig beleggers, besigheid en ook oord-operateurs. Plaaslike werkgeleenthede, belasting en vertroue ly ernstig daaronder.

Jaco Grobler ·

Ons bly in een van die ‘state’ Adrie, boonop die een met die hoogste misdaadsyfer, jy is dus veiliger in enige ander Afrika land as wat jy hier is. Misdaad is orals, en jou bewerings dat ‘wittes’ oral geteiken word uitgeroei word, is belaglik. Kyk maar net wat doen die swart leiers aan hulle eie mense! Inteendeel, ek dink die ‘blankes’ word eintlik deur die politici beskerm, want hulle bring meestal geld en beleggings die land in, wat beteken belasting vir hulle salarisse.

Pieter ·

Ek reageer nooit op hierdie netwerke nie, maar ek moet hier reageer. Ek bly nou al vir jare in Malawi en meeste van die tyd alleen tussen die mense. Ek kan vir julle sê ek voel altyd baie veiliger hier as wat ek in SA voel. Ek glo net besoekers van SA dink hulle is nou weg van SA en dan verslap hulle, en vergeet dat hulle uitstaan en dan as die mense al die luukshede en somme geld sien wat die mense by die grens gebruik dan volg hulle die mense. Karonga is by die Noorde grens so ek glo hulle was gevolg van die grens af. Nee Malawi is baie veiliger as SA, ons hoor selde of ooit van ‘n moord

Betsie ·

Baie jammer vir die familie met julle verlies. Ek self bly al 9 jaar in Malawi, en voel baie veilig hier. Dis jammer as toeriste hulle geld en besittings oop en bloot ten toon stel, en soos Pieter tereg se, hulle is waarskynlik van die Tanzaniese grens af agtervolg Karonga toe. Die Malawiers is as ‘n reel ‘n vredeliewende nasie, en dit kan dalk lelik klink, maar hulle is net te lui om so iets uit te voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.