SA man doodstraf opgelê in Maleisië

Deon Cornelius. Foto: Facebook

Deon Cornelius. Foto: Facebook

Deon Cornelius, ʼn veiligheidswag van Suid-Afrika, is Donderdag die doodstraf opgelê in Maleisië.

“Na amper twee jaar in Maleisië is my man vanoggend die doodstraf opgelê,” het sy vrou, Angie Ackermann, op Facebook gesê. “Dit is sy verjaarsdag vandag… ons vyfjarige dogter het vanoggend vir sy oproep gewag om hom geluk te wens met sy verjaarsdag.”

Cornelius is skuldig bevind aan dwelmhandel nadat hy op 4 Oktober 2013 met 1,949 kg metamfetamien (ook bekend as tik) by die Penang Internasionale-lughawe betrap is.

Volgens The Malay Mail Online het regter Datuk Nordin Hassan bevind dat Cornelius nie daarin kon slaag om die staat se saak in redelike twyfel te trek nie. Cornelius het uitdrukkingloos voorgekom toe Nordin beveel het dat hy gehang moet word.

Cornelius is gevonnis ingevolge artikel 39B (1) (a) van die Wet op Gevaarlike Dwelms van 1952 waarvolgens dit verpligtend is dat ʼn persoon wat skuldig bevind word, die doodstraf opgelê word.

“Ek mis jou… jy was veronderstel om huis toe te kom…. vandag is jou tweede verjaarsdag in Maleisië en dan is dit die nuus wat ons ontvang… ons is lief vir jou,” het Ackermann op Facebook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jan ·

Eerstens, dwelms verwoes mense se lewens. Tweedens, boontjie kry sy loontjie en derdens, dis wat ons land kort, baie strenger wetgewing en strawwe!

Linda ·

Jan, dis darem lekker om kommentaar te lewer as jy nog nooit in dieselfde booitjie was nie, nê?

Auke ·

Linda, is dit nou die bootjie waarin ek dwelms smokkel? As ek in daardie booitjie klim, dan moet ek weet dat dit kan sink. Help nie ek kla NA die tyd die water is nat nie.

Desmond ·

Ja, dis ongelukkig dat enigsins ‘n lewe (en talle ander lewens) verwoes word agv dwelmhandel en gebruik. Ook ongelukkig vir hom is dit in ‘n land wat BAIE streng oortedings vervolgings het. Reg wat Jan sê, ons land moet dieselfde teregstellings laat gebeur (weer). Want kyk wat veroorsaak dit, mense/kriminele in ons land dink hulle is untouchable (in ons land ja) maar dan dink hulle dit kan werk in enige land en dan gebeur dit. Jammer, maar daar is eerliker maniere op jou brood op die tafel te sit. Quick money, quick trouble.

Jan ·

Linda, as jy weet waardeur ons as ‘n familie was agv dwelms, sal jy nie so ligtelik daaroor dink nie. As ek die woord dwelms hoor wil ek ‘n hartaanval kry. So ‘n dwelmafhanklike put jou finansieel, geestelik uit. Dit dryf families uitmekaar. Op die ou einde het ons haar met ‘n sak op straat gesit na advies van ‘n kenner. Dink jy dis lekker om dit aan familie te doen ?

Ano ·

Jan, ek stem met jou saam met van daai dinge. MAAR, wet in die hande van dwase is gevaarliker as n slap wet. Wat dink jy gaan gebeur as die korrupte regs stelsel en polisie meer krag het? Ons sal les op sê

Doortjie ·

Ek stem – jammer vir sy familie, dis ‘n harde slag, maar ons land kort dieselfde uitkyk … ons kinders word in hierdie ingetrek en hul lewens verwoes, en ons as ouers kan net magteloos staan en toekyk

Nina ·

Moenie ander blameer vir die besluite wat ‘ons’ (?) kinders neem nie. Elkeen wat dwels snuif, spuit, rook of watookal, is self verantwoordelik vir hul simpel besluite!

Ek dink ·

Ag Nina, jy is afgesaag met elke keer jou selfde simpel deuntjie. Copy en paste jy dit elke keer?? Kry iets anders toe?

Nina ·

@ Ek dink: Nes jy, is EK geregtig op my opinie, al verskil dit. Hoe afgesaag dit ookal vir jou mag wees. ;) Dit verander steeds nie die feit dat mens nie ander kan blameer vir die boggerops wat jou kind maak nie.

Ek hoef nie my opinie hieroor te ‘copy and paste’ nie, want dit sal altyd dieselfde bly! Dis mos nou soos om sekswerkers te blameer vir die feit dat mans hulle huur? Dit bly steeds die persoon se EIE keuse. NIEMAND forseer hulle nie.

Estelle ·

Nina ek wil voorstel dat jy gaan lees eers oor die effek van dwelms voordat jy kommentaar lewer! Laat ek jou vertel as ‘n “addict” ‘n keer of wat wegbly van die handelaar, word hulle gebel en gratis goed aangebied! So ek weet dit is ‘n lekker gevoel as jou vingers oor die “keyboard” gly, maar doen eers jou huiswerk en praat “sense”

Estelle ·

SUID AFRIKA leer by Maleisia!!! Ons kinders sterf daagliks aan die hand van dwelmhandelaars en smokkelaars! Jan stem 100% met jou saam! Ek ondervind daagliks die “destruction” wat dwelms veroorsaak!!

Bella ·

Mense, waarom oordeel julle so vinnig? Was julle daar? Weet elkeen van julle vir n feit dat hy skuldig is? Mag God met hom wees!

Nico ·

Bella, SA burgers maak dit hul hobby om drugs te smokkel na oorseese bestemmings en dan skoon verbaas is en so ”onskuldig” is as hulle gevang word en dit net a.g.v gulsigheid.

Petrus van Eeden ·

Sal God hom uit die tronk haal Bella? Ek wil dit sien!

Christiano ·

Als is moontlik in die here daar kan n wonderwerk gebeur in Deon se saak…mense oordeel maar ken skaars die rede hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het nie…mag die here an hom dink…hoekom se jille nie Zuma moet doodstraf kry wat die land se geld so vreet nie.

Nico ·

Ek dink as dit van die meerderheid SA burgers afgehang het en dit moontlik was sou Zuma en sy trawante lankal nie meer op aarde gewees het nie.

Magaretha van Heerden ·

Voel so jammer vir die desperate arm Suid Afrikaners. Die lewe is nie maklik nie en alhoewel dit verkeerd was wil ek hom nie veroordeel nie. Wat het hom tot dit gedryf? Veiligheidsmense kry bitter min geld om van te lewe.

isak ·

Mense sal enige iets doen om vir hulle kinders te sorg,nie almal is ryk of kan n ordentelike lewe lei nie so my meegevoel is daar vir deon en sy famielie!!

Asjas ·

Ek verstaan jou nou seker nie reg nie. Wil jy vir my se dat dit is reg vir Deon om ander mense se kinders se lewens te verwoes met dwelms, ander mense se kinders te vermoor? solank hy darem net vir sy kinders sorg want hy is nie ryk nie??
Nee, daar is altyd ‘n ander uitweg. En JA, ek praat uit ondervinding!!

Susan ·

Ag, Deon, mag jy krag kry deur hierdie verskriklike tyd! Mag jy vrede en vergifnis vind, mag jy die genade van God ervaar; mag jou geliefdes troos vind in die wete dat jy nooit alleen was nie. sterkte!

hebr ·

Ai jammer vir hom as hy nou sy kosbaarder wit lewe moet verloor?$

Willem ·

Wat het kleur hiermee te doen, hy het n dodelike dwel gehaat. Hoeveel, waarvoor maak dit nie reg nie!

Kathy ·

Hoekom sien ons nie hierdie moord, hi jacks ens op tv nuus nie? nie almal het fb of internet. Moeg vir hulle politiese issues!!!

Juan Olivier ·

Ek dink ‘n lekker tronk staf sal goed genoeg wees. Doodstaf is te veel.

Albert ·

1,9 gram mense dit is ligter as n kopspeld. As jy dit in perspektief sit. As hulle ons mense die dood straf gee vir drugs wat ligter weeg as n kopspeld lets take action Engen belong to malaisian company with billions leaving our country every year. Stop filling your motor vehicle at an engin feul station, which by the way is the most expensive stations in the country. Kom mense staan saam! Almal maak foute almal wat hier kommentaar gelewer het wie van julle het nie all iets groter verkeerd gedoen as n pakkie poeer kleiner as n kopspeld.

Nico Strydom ·

Dagsê Albert
Die hoeveelheid was amper 2kg. Hoeveelhede word volgens ‘n ander desimale stelsel aangedui in sekere oorsese lande. Dit was dus in die oorspronklike berig so aangedui maar is nou op die berig gewysig.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Mila ·

Ongelukkig het elke aksie ‘n reaksie. Elkeen van ons ken die verskil tussen reg en verkeerd jy maak daardie keuse watter kant toe jy gaan maak nie saak wat jou omstandighede en net jy is verantwoordelik vir jou dade. ‘n Saak het altyd 3 kante jou kant my kant en die waarheid. Ek kan nie oordeel nie ek was nie daar nie is dwelms verkeerd ja het hy dit gedoen wie weet ? Dalk wetend of onwetend ons weet nie.Sterkte aan die familie is al wat ek kan se.

Eugene ·

EK stem 100% saam Mila – Ons mag nie oordeel nie, dis alleenlik vir ons Vader daar bo. Feite bly Feite – wat okal sy omstandighede was,die keuse het by hom gele en hy die verkeerde keuse gemaak. Dis hart verskeurend om te dink dat sy 5 jarige dogtertjie moet groot word sonder haar pa. Sterkte aan die familie.

Jannie ·

1,949 g – hulle gebruik “thousands seperator – komma ” dus is dit 1.949Kg (met ‘n punt)

Nico Strydom ·

Dagsê

Die hoeveelheid was amper 2kg. Hoeveelhede word volgens ‘n ander desimale stelsel aangedui in sekere oorsese lande. Dit was dus in die oorspronklike berig so aangedui, maar dit is nou op die berig gewysig.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Maggie ·

Wonder hoeveel mense word hier in ons land gevang? Ons land is hopeloos te sleg om die mense hier uit te vang. Hoe het die ou deur ons land se doeane gekom om daar gevang te word huh? Ons gereg wil nie die mense hier keer nie want hulle is betrokke, waar het jy in die ganse lewe gesien jy gaan met so baie drugs deur sonder dat dit raak gesien is, komaan dit is mos nou klug, die klomp werk jou uit man, en laat weet die mense aan die anderkant kyk uit vir die persoon. ek se nie dit is reg wat die man gedoen het nie dit is verkeerd maar ek het gesien hoe die drug mense jou so drug op jols dan is jy gehoek en vergeet dit jy kan nie weg kom sonder hulp nie en meeste van ons jong mense het nie eers geld om te rehabiliteer nie.

elize ·

kom ek se julle julle was nie in dai man se skoene nie julle weet nie hoekom hy dit gedoen het nie mens weet nooit of n dealer gedryg het om Iets aan sy mense te doen nie maar nee kom ons oordeel dis mos te lekker.en die een wat vra sal god hom kan red ja hy sal kan want heeldydelik ken jy nie god nie tyd om jou lewe reg te kry dit kan met jou ook gebeur pasop sit n wag voor jou mond.hy gaan vry kom met die help van die here

maggie ·

Niemand mag oordeel nie, maar ek verstaan nie hoe enige iemand so deur die doane kom nie. ek wil nie in enige iemand se skoene staan wat deur die soort ding gaan nie. glo my ek dink die hel wat daardie persoon moet deur gaan moet aaklig wees. so mense as dit ooit met een van ons kinders gebeur weet hoe moet dit voel. die mense het hulp nodig gehad en niks was vir hulle gebied behalwe skelms wat hulle uitgebyt het nie en niemand kan se dit is nie so nie, waar is die mense wat se hulle is skuldig en hoekom moet ons ons rue draai op ons eie mense maar die ander mag met moord wegkom . nee nee nee nee

maggie ·

ek oordeel niemand nie want net soos daardie man in die moeilikheid beland het kan enige een van ons ook daar beland
al se mense ook nee nooit maar nooit is baie lank, ek gun dit vir niemand nie, maar kyk hoe stenig almal die man. maar toe daar so n rukkie terug n man en sy vrou oor die selfde probleem in die koerante beland het wat het gebeur almal het hulle jammer gekry en glo hy is onskuldig, nou hoekom oordeel julle die ou nou. ek glo nie dit is wat hy wou gehad het nie. mag die mense wat hiervoor verantwoordelik is ook gevang word. maar nee ons land beskerm die grootste skelms en gee hulle die beste blyplekke, en ons eie mense word verstrap. so ons land het ons weg gegee nou word die hele wereld kan hier in die land kom skelm wees en wegkom met moord. so mag die Here jou beskerm en huistoe stuur.

moenie smokkel asb ·

Niemand oordeel nie ‘n hof het hom skuldig bevind en terdoodveroordeel.Hy sou nie vir min geld gaan werk het as sekuriteitswag oorsee nie.So gierigheid…..

Johan ·

Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip optel. Dink jou vir een oomblik in as diefstal op dieselfde wyse gestraf is was daar seker niemand oor op aarde nie. Hierdie persoon het geen kans om reg te stel nie of gerehabiliteer te word nie, skuldig of onskuldig gaan hy sterf. Wat sou jy daarvan se as dit jou kind was of jou pa. Kom ons bid vir hierdie persoon en sy gesin dat ons Abba Vader hulle genadig sal wees en hulle sal dra in die onbeskryflike tydperk.

Werkloosheid ·

Dit is baie hartseer, maar weereens is ander mense se boeke duister! Daar is nie werksgeleenthede vir ons blanke mans in die land nie, as jy nie n inkomste het nie, en nie vir jou gesin kan sorg nie, en jy staan aan die Hoof van die huishouding, dink ek sal enige iemand enigiets doen om n paar rand te verdien, ongeag wat dit is! sy keuse was die verkeerde een! Die Woord se nie verniet, die wat ryk is sal nog ryker word en die wat arm is sal nog meer verarm! Wens ons nasie kan saam staan net vir eenkeer in ons lewe, maar nee ons sien mos nie die son oor n ander se kop skyn nie, ons is n selfsugtige nasie wat net aan jou eie belange dink en baie maklik oordeel!!!

Zanti ·

Mense kom ons vat liewers hande en help mekaar. In die Woord staan dit duidelik ons mag nie oordeel nie. So ek neem aan dis n job wat God vir Homself uitgehou het.

Ladybug ·

Sorry maar maak nie saak hoe desperaat ek is nie, dwelms smokkel of verkoop sal ek nie! So ek het nie veel simpatie met die ou nie.

Een ja, 2 kante van die saak; sy onnoselheid en sy kind en familie wat ly … hopelik word hy begenadig en kry net tronkstraf.

Lize ·

My vraag is, seker ‘n dom een. Maar as hy geld gehad het vir ‘n vlieg kaartjie Malesie toe, dan het hy geld gehad om vir sy vrou en kind te sorg? Of is ek nou verkeerd? Ek oordeel nie ek wonder net?

Ek dink ·

Aan die “slimme” Nina: Jy leef in ‘n borrel my kind. Daar is dusiende verslaafdes wat NIE uit eie keuse so geraak het nie. Dink nou mooi: ‘n dwelmverkoper moet heeltyd nuwe klante hê om meer en meer geld te maak en ook vanaf druk van SY/HAAR verskaffers weer. Dus gaan hul rond na partytjies, by skole (ja kinders doen sulke goed) en “spike” iemand se koeldrank. Verskeie verdowingsmiddels (gaan doen bietjie navorsing, LEES bietjie en kom uit jou klein borreltjie en dalk sal jy wakker word en beter verstaan) is feitlik na die eerste keer totaal verslawend. So moenie veralgemeen deur te sê dis hul eie keuse nie – dis in dusiende der duisende gevalle NIE! En moet nou nie weer probeer om jouself te verontskuldig deur te sê hoekom gaan kinders na partytjies waar verdowingsmiddels beksikbaar is. Weereens, dis op gewone partytjies, onthou nou hulle soek soveel moontlike klante so hulle gaan nie noodwendig in areas waar reeds gebruikers of maklik teikens is nie. So DINK voor jy almal oor een kam skeer.

Tinus ·

Ek is nie een om te oordeel nie, ons almal bly in huise van glas, so moenie klippe gooi nie. Wat hy gedoen het is verkeerd en sy onskuldige familie en gesin moet ongelukkig ook n groot prys betaal. Dit is hulle wat agterbly en moet aangaan met die lewe en die feit dat hulle geliefde vir altyd gebrandmerk is as n dwelm handelaar/smokkelaar. Sy dade het wel ook ander se lewens verwoes en hy moes gestraf word. Kom ons almal leer eerder n les hieruit en bid hom en sy familie genade en krag toe in hierdie tyd.

Bernadette ·

Mense muni oordeel ni sy moeder kry baie swaar sy dogtr en vrou ook hys werk aangebied en toe gebeur dit en hyt ni eens gewet dars drug ni ek se hy was di muel iemand ht hule gese hy km deur en so gan ng iemand deur mt meer drug bring di doodstraf trug in SA dn gan ons ook minder drugs he mar nee kry n boete van r1000 en naderhand wrd di saak uitgegoi. Hkm stuur hule hm ni SA toe ni en hy die sy straf hier uit hkm hm hang dis ni reg in my oe ni

Melanie ·

Dwelmhandelaars voorspel n hele nuwe toekoms vir diegene wie hulle kan gebruik, en mense staar hul blind vir dit… wie is ons om te oordeel? ek wou op n stadium ‘n vuurwapen onwetig bekom om my seun se pa se “dealer” self van die aarde te laat verwyn nadat hy my kind veronreg het om sy pa te vroeg van hom af weg te neem agv dwelms.. hyt sy pa verloor en huil nog elke dag… en ek wens so baie dinge… maar ek wens Satan toe wat hy gaan kry…. ek het bitternis en haat en is vol woede… maar wie is ek om te oordeel…. ek sien my kind in sy pa en beskerm hom met als…. ek sal nie weer so seer kry nie…

Willem ·

ek hoop net op die einde dat hy weet hy is skuldig….wat weet ons…soveel scenarios!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.