SA man doodstraf opgelê

Tyrone Lee Coetzee

ʼn Hof in die suide van Viëtnam het ʼn Suid-Afrikaner die doodstraf opgelê nadat hy aan dwelmsmokkelary skuldig bevind is.

Die Ho Chi Minh City Law-koerant berig Tyron Lee Coetzee is daaraan skuldig bevind dat hy nagenoeg 1,5 kg se kokaïene gesmokkel het.

Hy is in Junie 2016 in hegtenis geneem nadat hy by die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe geland het en die dwelms in sy bagasie gevind is.

Volgens die berig het Coetzee glo in die hof aangevoer dat ʼn Nigeriër hom gehuur het om die dwelms te vervoer en dat hy $3 500 sou ontvang ná sy aankoms in Viëtnam. Hy het glo van Suid-Afrika na Brasilië toe gevlieg waar hy die dwelms gekry het, waarna hy na Viëtnam gevlieg het.

VN Express International het in Mei verlede jaar berig Coetzee het aangevoer hy het skisofrenie en dat sy saak toe uitgestel is sodat hy ʼn sielkundige evaluering kon ondergaan.

Vietnam het van die wêreld se strengste wetgewing teen dwelms en die smokkel van net sowat 100 g heroïen of kokaïen is strafbaar met die doodstraf.

Maroela Media het vroeër die maand berig oor Letitia Bosman (27) wat in 2015 die doodstraf in Maleisië opgelê is. Sy het vroeër die week in die hof verskyn in ʼn laaste desperate poging om haar vonnis na gevangenisstraf te laat omkeer. Die saak is tot 11 Oktober uitgestel omdat haar regsverteenwoordiger siek was.

Elsie Bosman, Letitia se ma wat in Pretoria woon, het aan Maroela Media gesê haar grootste wens is dat haar dogter se vonnis na gevangenisstraf omgeskakel word en dat die Maleisiese owerhede instem dat sy haar tronkstraf in Suid-Afrika kan kom uitdien. “Dan kan ek haar darem gereeld sien en met haar praat. Sy bly my baba. Niks kan dit verander nie.

Bosman is in September 2013 op die Senai Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en daar is 1,9 kg metamfetamien, ook bekend as tik, in haar besit gevind. Die dwelms was in ʼn sak versteek wat sy by haar gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Anonieme Lafaard ·

Kyk ‘n paar episodes van “Banged up Abroad”. Dit het my genees om ooit so iets te oorweeg, maak nie saak hoe goed die geld is of hoe desperaat ek is nie.

Nellia ·

If U dont want to do the time…….Dont do the Crime.
Tronkstraf moet uitgedien word in die land waar die misdaad gepleeg en plaas gevind het .

Cherokee ·

Dìt Nellia, is uiters debatteerbaar. Dit wat jy voorstel beteken dat Suid Afrikaners moet sorg vir duisende tronkvoëls vanuit Afrika.

Jane ·

Dit is aaklig en natuurlik verdien hulle ‘n goeie straf, maar ek dink eerste oortreders moet net tronkstraf kry .. dit is darem baie erg om met die eerste oortreding die doodstraf te ontvang .

koos1 ·

Nee Jane, dis juis omdat daar sulke wette is dat daar bykans geen dwelm gebruik daar is nie. As tronkstaf in plaas van doodstraf jou voorland is sal die smokkel van delms mos toe neem of hoe?
Hy het oop oë in hierdie ding in gestap en moet nou die gevolge dra. My hart gaan uit na sy familie. Nog ‘n verdere vraag. Hoe weet jy dat hy ‘n eerste oortreder is? Eerste keer uitgevang, ja, maar het hy dit al voorheen gedoen?

Dirkie ·

Dink nie jy redeneer reg nie. As ek bv eerste keer iemand doodmaak moet ek Dan ook n wasrskuwing kry. Nee misdaad is misdaad en straf jou hard. Was daardie wette in SA Sal ons lekker geleef het.

HFC ·

Jane hulle is gewoonlik nie eerste oortreders nie maar wel die eerste keer wat hulle gevang word.

hanna ·

Sou die SA regering net presies dieslefde straf kon toe pas, vir burgers van Vietnam, China en ander lande , wat RSA se wette oortree,

ek verwys na die onwettige jag van bedreigde spesies oa
Nie eers te praat van die dwelm wat hul inbring en versprei nie

Dubbele Standaarde ·

So ironies, die hele wêreld lyk my is heel tevrede om dubbele standaaarde te handhaaf as dit by die dwelm alkohol kom. Dis netso fisiologies and psigologies verslawend as middlele soos tik, dagga, kokaien ens ens, en netso lewensgevaarlik vir die liggaam. Maar om die een of ander rede was en is alkohol misbruik nog altyd sosiaal aanvaarbaar en bestaan daar nie ‘n misdaad om alkohol misbruik te beperk nie. ‘n Man gaan dood gemaak word omdat hy indirek lewens verwoes deur dwelms te smokkel – sosiaal onaanvaarbaar. Drankhandelaars verwoes daagliks indirek lewens – sosiaal aanvaarbaar. Mense word netso afhandlik v alkohol as van ander dwelmmiddels.

Johan ·

Doodreg – en ander mense se lewens word verwoes deur mense wat drank misbruik.

Carolin ·

Hi Dubbele Standaarde
Jy’s heeltemal reg oor alkohol. Die verskil is, verantwoordelike mense gebruik alkohol verantwoordelik en dis nie ‘n gegewe dat jy, wat drie glasies wyn saam met ete geniet het gisteraand, gaan uitgaan en motors verwoes, brand stig en mense doodslaan nie. Dieselfde met sigarette – wees verantwoordelik met jou gebruik. Dwelms is ongelukkig nie dieselfde nie. Daar is geen mate van verantwoordelikheid sin aan verwonde nie. Dit gaan oor geldsug en die vernietiging van letterlik duisende onskuldige mense se lewens. Maak nie saak watter kant mens redeneer nie, dwelm handel kan NIE goed gepraat word nie. Ek is seker dat doodstraf nie sou toegepas word in Vietnam as dwelmhandel nie ‘n massiewe probleem was nie. Ek voel dieselde oor ivoor, renosterhoring en perlemoen handel in SA – wat my betref kan hierdie poachers vrot in die tronk of selfs doodstraf kry! En dis ‘n bedryf wat baie geld verdien in Vietnam. Ja, doodstraf is erg vir dwelm handel, maar het hierdie soort ouens nie al geleer uit ander se foute nie? Besef hulle nie as hulle gevang word, gaan hulle swaai nie? Laat my dink, hoeveel kere het hulle nie al suksesvol daarmee weggekom nie..

corne ·

Dit bitter erg en kan net bid dat my kind nooit in so n struk trap nie.Maar ja da moet wetgewing wees om wet en orde te handhaaf.

Boela ·

Ek dink nie dit gaan soseer oor dwelm handel nie.
Ek dink dit gaan dalk meer oor orgaan handel.
Hoeveel mense sit al jare lank in daardie selfde tronke- maar ewe skielik kry jy 2 jong mense, relatief gesond en hulle word binne maande die tronkstraf opgele.
Watter tipe bloed groepe is hulle????
En watter organe word waar gesoek.
Stap jy verby die tronk hekke sit die mense voor in die straat- reg voor die tronk hekke en dwelms gebruik.
Ek is heilig oortuig dit gaan oor orgaan handel meer as wat dit oor dwelmhandel gaan.

Jenny ·

Klink interessant. Nooit daaraan gedink nie. Waar kom jy daaraan?

Sputnik ·

Boela, yl jy of droom jy? Wat laat jou só dink? Dit klink absurd!

christa ·

Jane, die mense weet van baie jongs af dat dwels n misdryf is. Eerste of tiende oortreding, dwelms bly dwelms en verwoes ander se lewens. Niemand doen sulke dinge onskuldig nie. As jy skelm is oor iets, moet wees, is dit wat jy doen verkeerd

Wonder net ·

Wat hy gedoen het was verkeerd. Dit is nie debateerbaar nie.
Maar êrens is daar ouers en familie wat omgee. Dit is skokkende nuus vir hulle. Dink net as dit dalk jou kind was en almal oordeel links en regs.
Dwelms verwoes lewens!!!
Strenger maatreels in SA sal help. Allerhande gemors word die land ingebring en skuldiges kom net op borg uit. Of ons renosterhoring en leeukoppe en tande word uitgevat.
Wat ek nie verstaan nie is dat daar altyd ‘n groot dwelm probleem is onder werkloses. Jy kan baie mense nie finansieel help nie want alles wat hulle kry gaan vir dwelms. Groot rede vir armmoede.

Henry ·

Dink gou verder na die gebruikers van die 1.5kg wat hy gesmokkel het (of wou smokkel), dink gou wat dit aan daai mense en hulle families sou doen? Om hierdie met die renoster saga te probeer vergelyk is verregaande! Dit is werelde verwyder van mekaar. Dwelms is dwelms, en dis nie die draeer wat noodwendig die ergste daarvan afkom nie maar die uiteindelike gebruikers… So smoor die kiem voor hy groei, en die kiem le by die ouens wat dit van land tot land smokkel. Hierdie ouens weet dit verwoes lewens, maar is bereid om vir 3500$ so iets aan te vang… hulle dink nie aan die gevolge nie maar die geld. Wil nie n eerlike werk doen nie. Ek het geen maar geen simpatie met sulke gevalle nie. Ek het al van naby gesien wat die gebruik van dwelms kan doen… van dood agv o.d tot families uitmekaar skeur… simpatie vir sulke ouens is op

Blommie ·

Jahaa ek hoor julle, wat as dit julle familie/kind of watookal was…
Sou julle dieselfde liedjie sing, ja wat hy gedoen het was verkeerd, maar so maak baie mense foute en dis erg dat iemand met jou lewe moet betaal daarvoor.

Jacobus ·

Misdaad is nie ‘n fout nie, dit is beplan en uitgevoer om geld te maak uit ‘n misdryf sonder om aan die gevolge en verwoesting wat die dwelms inhou te dink.

Die doodstraf is gepas en moet meer toegepas word.

Lizl ·

Laat dit `n les wees vir enige iemand wat `n vinnige paar rand wil maak. Ek kyk genoeg Border Security om nie eens `n appel te probeer inbring. Dwelms is `n euwel wat lewens op soveel vlakke vernietig. Maar ja, as die vietnamese met renoster horings smokkel in SAkom hul so lig daarvan af dat dit eintlik belaglik is.

Staak ·

Ek oordeel nie maar doodstraf is regverdig dwelm handel en smokkel, hierdie mense wat gevang word is mooi groot en volwasse, hulle kom van n land waar dwelms al by laerskole gekoop kan word by Nigiriers, hulle kan nooit omdraai en se maar ons het nie geweet nie.
Die straf is gepas want dwelms maak die gemeenskap siek en verwoes lewens, mense OD en hierdie smouse van ons loop en soek nog n slagoffer vir nog n bietjie wins sonder om oor hulle dade te besin………tot hulle gevang word.

bollie ·

En ons kla oor ditjies en datjies. Dis die tipe van ding wat ‘n ou weer ‘n bietjie perspektief oor die lewe bied.

J ·

Ons almal weet jy gaan nooit daarmee weg kom nie. Dwelm base sit gewoonlik agter alles en lewer jou uit om hulself te cover.

Jacobus ·

Welgedaan aan Vietnam dat hulle die wette van hulle land so getrou toepas.

Laat dit net weer vir Suid Afrikaners ‘n les wees, as jy ‘n misdadiger wil wees, moet jy bereid wees om die gevolge hoe erg ook al dra.

Ek is vir die doodstraf, as enige lid van my familie (vader, moeder, broer, suster of kinders) misdaad begaan, moet hulle die gevolge kan dra al is dit die doodstraf.

Piet ·

Ek dink nie eens vampiere is so bloeddorstig soos julle klomp hier bo nie. Wanneer n vrou haar lyf op straat verkoop doen sy dit gewoonlik nie omdat dit ‘n lekker avontuur is nie (en dit is ook teen die wet). Hierdie mense het gewoonlik alles in die lewe al probeer. Ek wonder wat julle sal doen as swaarkry eendag aan jou deur kom klop? n Reeksmoordenaar, kinderverkragter en ‘n delmmuil verdien volgens julle almal dieselfde straf- nee wat dit maak nie sin nie. Julle almal glo julle is beter as ander mense.

Henry ·

Hulle doen ja, want soos n reeks moodernaar mense se lewens neem, so neem n dwelkm muil ook mense se lewens… om nie eens te praat van die kinder verkragter wat jy noem nie… Net n vraag, is jou mening gebaseer op die ou se ouderdom en ras? En hoe sou jy reageer as dit n suid amerikaner was bv? Jy weet wat die reels is, niemand in so geval kan onskuld pleit nie… As dit wettig was sou jy dit nie hoef te smokkel nie….as die straf doodstraf is, dan kan jy besef hoe ernstig die oortreding werklik is. Ons moet maar ophou om te sugarcoat… Ek se so want ek het al gesien wat dwelms doen, ek het ook al iemand verloor agv o.d …so gn simpatie vir die ouens wat dit smokkel nie. noem my maar n vampier i dont care. Wat stop n mens om pakkies by checkers te loop pak, of till te slaan…of is dit benede mense deesdae?

Henry ·

Hou ook ingedagte dat hy nie van n agtergeblewe opbrengs kom nie… Jeppe boys…Parktown College , n solutions argitek ….nie n dom ou nie… So skuif gerus armoede uit die prentjie

Cherokee ·

Stem nogal met jou saam Piet. Ek hou van die manier waarop jy dit aan hulle verduidelik. Soos iemand doer bo sê, êrens is daar familie wat hoop op ‘n beter uitkoms. Wees verras wanneer ek sê sy suster lewer kommentaar in hierdie forums.

Oom Piet ·

Stem saam dis erg skrikwekkend uitblakerend beslis die regte finaal uithaal straf.

Met 1,3kg R Miljoene werd betrap, blyk dit hy is al menigmaal vertoude ingeligte kalant.

In RSA hoort korrupte amptenare in propvol tronk toegesluit tot ware onskuld bewys is.

Piet ·

Hendry, baie eerlik kan ek vir jou se dat ek nie die selfde sou voel as die persoon van Suid- Amerika was nie. Ek kry die persoon jammer want ek kan parallele sien tussen my en hom. Ek was al in my lewe in die doodloopstrate, maar ek kon gelukkig daardeur kom. Ek was ook al in die tronk, onskuldig bewys, en weer uit. Daar was die wat geen simpatie gehad het nie (al was ek onskuldig). Al wat ek se is dat barmhartigheid is ‘n goeie eienskap, nie ‘n swakheid nie. My boodskap aan die man sal wees, dat as jy God se wapenrusting aantrek kan jy alles oorkom. Onthou: “deur Hom is alles moontlik”!

Henry ·

Ja om barmhartig te wees is n goeie eienskap en nie n swakheid nie, MAAR daar is n tyd en plek daarvoor. Jy was onskuldig (en kon dit bewys en eks bly vir jou) en dit was die plek daarvoor… in die dwelm smokkelaar se saak is hy NIE onskuldig nie (hy erken immers self hoeveel hy sou ontvang vir die smokkel daarvan). Die enigte paralel wat getrek kan word is dat julle twee gearresteer was. So skei jou geval van sy geval asb. Laastens, “trek die wapenrusting aan” — n mens kan nie die bybel voorhou hoe en waneer dit jou pas nie… as hy die wapenrusting aangehad het voor die tyd, sou hy dit nie gedoen het nie. So kom ons los die bybel hier uit asb.

Skaap ·

Dit is hartseer, wat ‘n mors van ‘n lewe. Hoop ander mense wat daaraan dink om dwelms smokkel sien dit en heroorweeg hul keuses.

sê net ·

As ‘n vrou haar lyf verkoop neuk sy net haar eie lewe op en dalk iemand anders se huwelik. As jy dwelms smokkel vernietig jy klomp kinders/ jong mense se lewens en is jy indirek ‘n moordenaar

Kay ·

NET soos jy sê “sê net” – niemand dink dat dwelm vir duisende se dood verantwoordelik is nie.

Johan H. ·

PIET !. Dit is ongelukkig so dat elke nou en dan iemand een moet vat vir die span,, Bedoelende , Dit was sy keuse om dit te doen en sy doodstraf sal n voorbeeld wees vir ander, Wat as jou kind deur drugs is,, en eindelik,n baie slegte hartseer lewe ly, prostetusie ens en maar ook op straat of n hool verkrag en vermoor word,,, en die begin van dit als was drugs,,Wette is daar vir n rede, en dit is om mense te beskerm teen mense wat nie die wet nkom nie, Toegegee! dit is vreeslik hartseer Ek het gesien hoe dit n naaste se lewe totaal verwoes,, Die man kon sekerlik iewers werk om aan die lewe te bly, maar dis te maklik om gou n kortpad te vat tenkoste van iemand anders, Sorrie maar daar gaan jy jongman,dis jou keuse<

jaco ·

Albei wit Afrikaanse mense. Daars ‘n paar ander gevalle ook. Dis nou die gevolg van regstellende aksie en BEE. Jy soek en soek en soek werk en jy kry eenvoudig NIKS. Oral word jou “verkeerde” velkleur teen jou gehou. G’n wonder dié mense wend hulle uit desperaatheid tot dwelmsmokkelary.

Henry ·

a nee a! Hoe kan jy BEE die skuld gee vir dwelms smokkel???? Kyk gerus banged up abroad… Mense doen dit omdat hulle gulsig is. Nie oor regstellende aksie nie. Mense moet verantwoordelik gehou word vir hulle aksies. Die man het geweet wat die gevolge kan wees, maar steeds besluit om dit te doen. Dwelms verwoes lewens terwyl die smokkelaar sy $$$ verdien

SNEL ·

Ja, om dwelms te smokkel vernietig lewens, (soos dubbel standaarde sê) net so neuk alkohol ook gesinne, families en mense se lewens op en is baie al dood as gevolg daarvan. Om finansieël te sukkel druk jou seker om goed te doen wat jy nooit gedink het jy sal doen nie en al was dit vooraf beplan, dink ek hy was so in die warboel van omstandighede dat hy nie tyd gehad het om reguit te dink nie. Doodstraf, sjoe, dis vreeslik, kry sy familie en hom vreeslik jammer. Wil nie in sy skoene wees nie. Die vrees en angs om te weet wat kom. Baie moordenaars loop op straat, in en uit tronke. Miskien moet hulle n eerste oortreder net tronkstraf gee (soos Jane sê) en tweede oortreder doodstraf, maar aan die ander kant kry jy ook die wat nie leer nie en dit net weer en weer sal doen tot hulle gevang word en in daai tyd kan ander lewens verloor. Dink ook n mens moet weet as jy daai goed na daai lande toe smokkel is jou doppie geklink. Wat hy gedoen het is nie reg nie, maar kry hom en sy familie bitter jammer vir wat hulle deurmaak. Een verkeerde keuse en jou lewe word kort geknip… dis vreeslik, en dan nog die gewag vir jou straf. Dink dis hier wat jy nie tyd om wens nie, maar wens dit staan stil.

Akram ·

Miskien is die vonnis baie erg vir n eerste oortreder. Maar dink bietjie, n persoon word gevang, maar dit is nie die eerste keer dat n persoon dalk so oortreding begaan nie. Dalk net die eerste keer dat n persoon gevang word.

Ian Smith ·

Hierdie knaap verdien die “Darwin Award”. Dit word toegeken aan iemand wat sy lewe verloor deur sy eie onnoselheid. As jy vinnig wil geld maak met dwelms smokkel, kies dan ten minste ‘n beskaafde land wat nie die doodstraf daarvoor het nie.

Henry ·

Die ironie is dat Vietnam n baie mooi en gevorderde plek is. Was al self daar. Almal op hulle plek met n vrees vir die wette en om dit nie te oortree nie. Baie meer beskaafd as baie afrika lande.

Niklaas ·

Wat hierdie man gedoen het is verkeerd en die straf is gepas. Die muile is net kanonvoer vir die groot visse wat agter hul sit en altyd wegkom. Almal weet watter groot straf gevolge risiko geloop word met hierdie smokkel werk. Dis dom om dit te doen en hoop jy word nie gevang nie. Dan dink die muil mos ook nooit aan die verslaafdes se ellendes nie en bydraes tot dit nie.

Dennis ·

Mense sterf daagliks agv dwelms. Al wanneer mens daarvan hoor is wanneer dit n bekende persoon is. As jy dwelms smokkel of handel, is jy n moordenaar en moet jy vat wat jou kant toe kom. Ek het geen simpatie met die smokkellaar nie. Ja, sy arme familie ly agv sy aksies, maar net so ly die persoon wat sterf agv daardie dwelms se familie ook.

Johnnie ·

Ek se gee alle dwelm handelaars en dwelm smokkelaars die doodstraf want hulle is moordenaars al is hulle eerste oortreders. Ek stem 100% vir vietnam se dwelm wette wens dit kan hier toegepas word.

Sê maar net ·

Ons almal vang sekerlik soms stupid, ondeurdagte goed aan. Ek wonder of hy geweet het doodstraf is ‘n moontlikheid as hy gevang word? Laat hom eerder vir 25 jaar lank in ‘n rehabilitasiesentrum werk as gemeenskapsdiens. Daarna sal hy ‘n kampvegter teen dwelms wees.

Se maar net ·

Wat mense nie als sal doen vir geld en nie dink aan die nagevolge of strikke wat gestel kan word nie. So desperaat net vir geld. En om jouself daaruit te lieg of te ontken is nou n perd van n ander kleur. Lekker om ander se vuil werk te kan doen, juis omdat hulleself weet wat die nagevolge is. Ongelukkig was dit n keuse gewees wat hulle gemaak het en dit vir geld. Ek het nie simpatie met sulke tipe mense nie. Ek voel net bitter jammer vir hul geliefdes hier in SA, dis hulle wat met vrae sit hoekom en waarom.

Wonder maar net ·

Wat mens nie als sal doen vir geld nie. Lekker om ander se vuil werk te doen en te val vir hul aanbod maar sal nie self dit doen nie omdat hul weet wat die nagevolge is. Dis jammer dat 2 mense van SA in hierdie strik getrap het. Ek het nie simpatie met hulle nie, want dis n keuse wat hulle gemaak het. Ek kry wel die naasbestaandes jammer want dis hulle wat met onbeantwoorde vrae en hoekoms sit.

Arno ·

Ek oordeel glad nie of hy skuldig is nie, wat ek wel sê is dat ek die Oosterse lande ten volle steun in doodstraf vir dwelms. Almal weet hoe hulle dit doen, nogtans probeer hulle. Die skuldiges hierheen bring vir tronkstraf……NEE, ek wil hulle nie help onderhou nie.

jakes ·

Dis tragies dat mense nog sulke goed aanvang vir geld. My opinie is dat die doodstraf hier in SA ook ingestel moet word om die 50 moorde per dag wat hier plaasvind , hok te slaan. As mense vir dwelmhandel die dood straf kry dan is moord ook genoeg rede daarvoor.

Johan ·

Hoe lyk dit met doodstraf vir die Vietnamese wat met renosterhorings gevang word?

karen ·

Ek voel bitter jammer vir die ouers en familie Nog meer simpatie het ek met die ouers wie se kinders onbeheerbaar is agv die ander kinders se quick buck. Ek is seker haar ma sou graag haar baba in SA wil he om te kan sien maar wat van die ander ouers wat nie weet waar hulle kinders is of begrawe is? Geen ouer kan dwelm smokkel / gebruik voorsien en baie selde indien ooit – keer Dis Bitter hartseer en die doodstraf vir die man wat hulle geldjie belowe het is ook heel gepas. Doodstraf is daardie land se beleid so sal dit wees. en ek wed jou mamma as daar doodstraf in SA was vir dwelmsmokkel het ons nie die probleem gehad in ons land. live by the sword die by the sword……

Nettie ·

Live by the sword – die by the sword” sê ek. Hy het goed geweet die kans dat hy betrap en doodstraf opgelê word, is baie sterk. “Do, the crime, do the time” – hoewel, in dié geval, hy sy lewe op die spel geplaas het. En natuurlik sal ons SA regering nie ‘n vingertjie verroer om in te gryp of te help nie.

Piet ·

As die dwelm muil, wat misbruik word deur die “drug kingpin” ( wat met alles wegkom) moet sterf, dan moet die mense wat die goed vir die lekker in hulle neuse op snork seker ook sterf. Die een doen dit vir die geld en die ander vir die lekker en die kingpin kom met alles weg.

Dwelms maak dood ·

Dwelms maak of stadig dood of baie vinnig. Ek het een op n tyd n sterk gesonde broer gehad, hom gerespekteer en nou is hy n maer, uitgeteerde jong man wat stadig besig is om te sterf. Hy wil nie gehelp word nie, hy wil nou so wees. As jy dwels smokkel verwoes jy mense se lewens, daai boetie wat saam jou in fie grond gespeel het, bome uit geklin het is nou n vreemdeling, n ou herhindering. Jy verwoes n ma se lewe, wat altyd moet wonder waar haar kind is, het hy kos, is hy veilig want hy wil nie by die huis wees nie, altyd besig om the wheel en deal. Jy sien dwelms oorheers jou, dit neem alles van jou. Hy verwoes nie net een mens se lewe nie maar n held letting reaksie van honderde mense. As jy dwelms handel is jy niks anders as n moordenaar nie. Doodstraf klink vir my reg en heel regverdig. Dink aan ma’s wat na babas kyk en verslaaf is aan die goed, dink aan daai kinders, dink aan hulle situasie, as jy deel handel dra jy deel aan hier die ripe scenarios.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.