SA man doodstraf opgelê

Tyrone Lee Coetzee

ʼn Hof in die suide van Viëtnam het ʼn Suid-Afrikaner die doodstraf opgelê nadat hy aan dwelmsmokkelary skuldig bevind is.

Die Ho Chi Minh City Law-koerant berig Tyron Lee Coetzee is daaraan skuldig bevind dat hy nagenoeg 1,5 kg se kokaïene gesmokkel het.

Hy is in Junie 2016 in hegtenis geneem nadat hy by die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe geland het en die dwelms in sy bagasie gevind is.

Volgens die berig het Coetzee glo in die hof aangevoer dat ʼn Nigeriër hom gehuur het om die dwelms te vervoer en dat hy $3 500 sou ontvang ná sy aankoms in Viëtnam. Hy het glo van Suid-Afrika na Brasilië toe gevlieg waar hy die dwelms gekry het, waarna hy na Viëtnam gevlieg het.

VN Express International het in Mei verlede jaar berig Coetzee het aangevoer hy het skisofrenie en dat sy saak toe uitgestel is sodat hy ʼn sielkundige evaluering kon ondergaan.

Vietnam het van die wêreld se strengste wetgewing teen dwelms en die smokkel van net sowat 100 g heroïen of kokaïen is strafbaar met die doodstraf.

Maroela Media het vroeër die maand berig oor Letitia Bosman (27) wat in 2015 die doodstraf in Maleisië opgelê is. Sy het vroeër die week in die hof verskyn in ʼn laaste desperate poging om haar vonnis na gevangenisstraf te laat omkeer. Die saak is tot 11 Oktober uitgestel omdat haar regsverteenwoordiger siek was.

Elsie Bosman, Letitia se ma wat in Pretoria woon, het aan Maroela Media gesê haar grootste wens is dat haar dogter se vonnis na gevangenisstraf omgeskakel word en dat die Maleisiese owerhede instem dat sy haar tronkstraf in Suid-Afrika kan kom uitdien. “Dan kan ek haar darem gereeld sien en met haar praat. Sy bly my baba. Niks kan dit verander nie.

Bosman is in September 2013 op die Senai Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en daar is 1,9 kg metamfetamien, ook bekend as tik, in haar besit gevind. Die dwelms was in ʼn sak versteek wat sy by haar gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anonieme Lafaard

Kyk ‘n paar episodes van “Banged up Abroad”. Dit het my genees om ooit so iets te oorweeg, maak nie saak hoe goed die geld is of hoe desperaat ek is nie.

Nellia

If U dont want to do the time…….Dont do the Crime.
Tronkstraf moet uitgedien word in die land waar die misdaad gepleeg en plaas gevind het .

Jane

Dit is aaklig en natuurlik verdien hulle ‘n goeie straf, maar ek dink eerste oortreders moet net tronkstraf kry .. dit is darem baie erg om met die eerste oortreding die doodstraf te ontvang .

hanna

Sou die SA regering net presies dieslefde straf kon toe pas, vir burgers van Vietnam, China en ander lande , wat RSA se wette oortree,

ek verwys na die onwettige jag van bedreigde spesies oa
Nie eers te praat van die dwelm wat hul inbring en versprei nie

Dubbele Standaarde

So ironies, die hele wêreld lyk my is heel tevrede om dubbele standaaarde te handhaaf as dit by die dwelm alkohol kom. Dis netso fisiologies and psigologies verslawend as middlele soos tik, dagga, kokaien ens ens, en netso lewensgevaarlik vir die liggaam. Maar om die een of ander rede was en is alkohol misbruik nog altyd sosiaal aanvaarbaar en bestaan daar nie ‘n misdaad om alkohol misbruik te beperk nie. ‘n Man gaan dood gemaak word omdat hy indirek lewens verwoes deur dwelms te smokkel – sosiaal onaanvaarbaar. Drankhandelaars verwoes daagliks indirek lewens – sosiaal aanvaarbaar. Mense word netso afhandlik… Lees meer »