SA man glo met dwelms in maag betrap

Jason Dylan Walker. Foto: Verskaf

Jason Dylan Walker (39) het Woensdag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Walker is op 20 November in hegtenis geneem nadat hy op die Kaapstad Internasionale Lughawe geland het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Valke se dwelmstoepassingsagentskap en die grenspolisie het gelei tot Walker se inhegtenisneming nadat passasiers van ’n vlug van Luanda, Angola, op die lughawe aangekom het.

Volgens Ramovha het Walker voldoen aan die beskrywing rakende ’n wenk wat ontvang is. Hy is na ’n mediese instansie geneem vir x-strale wat glo gewys het daar is onbekende voorwerpe in sy maag.

Dit is glo later as pakkies kokaïen geïdentifiseer. Daar is glo 35 pakkies gevind ter waarde van nagenoeg R200 000.

Die saak teen Walker is tot 29 November uitgestel vir verdere ondersoek. Walker, oorspronklik van Malmesbury naby Kaapstad, bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Ek het n artikel gelees dat die dwelm handelaars n decoy persoon stuur en hom dan rapporteer aan die polisie om die aandag af te lei om dan n groter besending in te bring.

Netso ·

Jy is heeltemal reg, hierdie persoon is die muil, en word gevang terwyl die regte smokkelaar deur kom. Die wenk kom van die lughawepolisie af vanwaar hy gevlieg het, en is moontlik kop en een mis met die dwelmbase.

Tammy ·

Hy is n teleurstelling vir die samelewing. Dalk nie intelligent genoeg om te weet dat dwelms ander mense se lewens verwoes nie. Hy moet sommer vir poging tot moord aangekla word aangesien so baie mense weens dwelms sterf. Hoop die regter het geen, maar geen genade vir hom nie.

christa ·

geen genade. Grootmense wat sulke dinge aanvang moet swaar gestraf word.

Genade ·

Jy weet nie wat die omstadighede was nie! Bytendien is die dwelms wat deur die regte koerier gesmokkel was reeds op straat…In meeste gevalle word die muile gedruig met die dood om dit te doen.

Sammy ·

Ek verstaan nie, hoe lank het hy gevat om dit te sluk………….en hoe kom dit uit? hy kan bly wees hy is hier gevang en nie ‘n Oosterse land nie

Hennie ·

Ek stem saam met Leahim, die bron van inligting moet ook ondersoek word. Slaap die Valke se dwelmtoepassingagentskap so midde van hulle intelligensie-gedrewe operasie?

Nee tog ·

Sê nou maar ek judge, maar as jy daardie paadjie gekies het dan moet jy weet dit is net ‘n kwessie van tyd of jy word uitgevang. Dit is NIE toevallige of per ongeluk nie, dit beteken hy het dit vrywilliglik gedoen, en was deeglik bewus van die gevolge wat so iets kan hê. Leer tog nou asb .. of jy ‘n vlugkelner of lugwaardin of pilot of net ‘n passasier is .. MOENIE DWELMS SMOKKEL NIE, hulle gaan jou vang . as dit nie nou is nie is dit oor ‘n paar maande van nou af en in sekere ander lande kan jy jou lewe verloor . is dit regtig die moeite werd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.