SA man in Aus vas vir ‘dwelmsmokkelary’

Die dwelms is versteek in die basis van ‘n houtkrat wat van Suid-Afrika na Australië verskeep is. (Foto: Nieu-Suid-Wallis-polisie)

ʼn 45-jarige Suid-Afrikaanse man is agter tralies in Sydney in Australië nadat 68 kg kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van R340 miljoen in ʼn besending houtmeubels gekry is.

Australiese doeanebeamptes het onraad met die skeepskratte vermoed en dit met X-straaltegnologie gefynkam. Een van die kratte is uitmekaar gehaal en altesame 61 pakkies met wit poeier is daarin gevind. Forensiese toetse het dit as kokaïen aangedui.

Sydney Morning Herald het die man as Paul Shannon Finlayson van Edenvale in Johannesburg geïdentifiseer.

Ondersoekers het ʼn sogenaamde beheerde aflewering by ʼn stoorplek in Campbelltown gedoen en die perseel deurlopend dopgehou. Finlayson is in hegtenis geneem toe hy die besending gister wou gaan afhaal.

Die Nieu-Suid-Wallis-polisie het in ʼn verklaring gesê ondersoekers het ná Finlayson se inhegtenisneming toegeslaan op nog drie persele in Campbelltown, waar hulle op verskeie items beslag gelê het.

Die dwelms is versteek in die basis van ‘n houtkrat wat van Suid-Afrika na Australië verskeep is. (Foto: Nieu-Suid-Wallis-polisie)

Finlayson is aangekla van die besit en invoer van dwelms. Hy het reeds in die hof verskyn, waar sy aansoek om borgtog van die hand gewys is.

Sydney Morning Herald het berig ondersoekers het bevestig Finlayson se inhegtenisneming dui op nuwe bewyse van ʼn misdaadsindikaat wat dwelms van Suid-Afrika na Australië smokkel.

Volgens die koerant reis Finlayson al sedert 2016 na en van Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Wiehan ·

As hy skuldig is hoop ek die Aussies sluit hom lewenslank toe. So ‘n mens hoort nie op straat nie. Gelukkig kon hy nie borgtog kry nie want dan was hy “weg”. In SA sou sy kamerade ‘n miljoen of twee uithaal en hy was vry.

Heksie ·

Wonder net hoeveel jare smokkel hy al met kokaien, en dit reg onder ons neuse hier aan die Oosrand, hopelik ondersoek Interpol die saak verder.

ChrisE ·

Ons moet wakker skrik in die land. Die huidige regering se mense wat terwyl hulle in “ballingskap” was reeds dwelms gesmokkel om aan die gang te bly.

Anoniem ·

Daar moet makliker maniere wees om permanent in Aus te gaan bly…

Gert van Wierdapark ·

Snuif-snuif, sy storie is uit!!! Hul moet hom laat “sing” sodat die res van die smokkelnetwerk ook geskep kan word!!

Hans Richardt ·

Hoekom altyd jammer voel vir kriminele wat mense slawe maak?

Renschia ·

Ons het onlangs na China getoer en was ‘n paar jaar gelede in Aus ook. Die hoeveelheid sekuriteit wat ons moes deurgaan net om die lande in te gaan was verstommend hoog. Ons handbagasie is meer as een keer geskandeer en jy word gereeld op die lughawe in groepe “gescan” vir dwelms. In China kan jy op geen metro trein klim sonder om deur sekuriteit te beweeg nie. Jy kan nie eers kombuismesse by Ikea koop en op die trein klim nie. Elke bus het ‘n sekuriteitswag wat saamry en die treine maklik 1 in elke 3 waens. Terug in S.A. was dit opmerklik hoe maklik jy net kan deurstap. Nie een van ons tasse is met die terugkom deur skandeerders of doeane nie. Geen wonder onwettige goed kom so maklik in en uit nie. Dis lagwekkend!

bolla ·

China se regering beheer ook waarna mense op die internet kyk. En in Australie is baie dinge ook maar wat ek sou noem oor-gereguleer. Nee dankie, nie vir my nie.

Ma Zhiwei ·

Renchia: Die “scan” van groepe op die lughawes in Sjina is NIE vir dwelms nie, dit is vir wapens (messe tel as wapens) en plofstof. Indien jy opelet het, sou jy sien dat daar ‘n “swap” van elke handtas of sak geneem word. Terloops, ek het net vanoggend (25 Apr) vanaf Beijing na Shanghai gevlieg.
Ek het nog nooit enige veligheidswag op ‘n bus of trein, in Sjina, gesien nie. Miskien is ek onoplettend (Ek woon, permanent, al vanaf 1990 in China)

Wat jy miskien nie weet nie is dat elke hotel waar jy tuisgaan jou besonderhede (skandering van paspoort en visum) aan die plaaslike polisie verskaf word. Dat daar in groot stede soos Shanghai, Bejing … ongeveer 1000 fotos per dag van jou geneem word.
Groete vanaf Shanghai

Ma Zhiwei ·

Bolla: Korrek die internet EN sosialemedia word gemonitor, so ook jou doen-en-late. Plus minus 1000 fotos per dag word van elke persoon geneem. Iniden jy vanaf jou landlyn of selfoon (plaaslike nommer) oorsee wil skakel moet jy eers aansoek doen. Ek woon, permanent, vanaf 1990 in Shanghai en werk oor die lengte en brete van China.
Groete van Shanghai

Waarheid ·

Sorry ou jy gaan laaaaank sit
Hoop hy vertel wie nog betrokke was.
Sy arme ouers

willem Botha ·

Australië is net gelukkig hulle het regte polisie,en as hy regtig bo alle twyfel skuldig is moet die wet sy gang gaan en hom laat boet .

Henri ·

Jammer doodstraf is afgeskaf. Hy maak mense geestelik dood!

Nettie ·

@Henri – ek dink mense wat dwelms (of enige ander verslawende middel) gebruik, doen dit nie noodwendig met iemand wat met ‘n geweer agter hul rug staan nie. HULLE VOER ‘N KEUSE UIT OM TE DRINK/TE ROOK/DWELMS OF VOORSKRIFMIDDELS TE MISBRUIK. Dwelmhandelaars en -smokkelaars vervaardig en versprei wel die dwelmmiddels, maar niemand DWING iemand anders om dit gebruik nie.

Lia ·

Henri, dwelms maak geestelik EN op die ou einde fisies ook dood. Ek stem saam met Nettie ook……..mense het altyd ‘n keuse en dink gewoonlik hulle sal nie in die strik van verslawing val as hul dit die eerste keer gebruik nie ……maar die eerste keer is alreeds een keer te veel. Die uiteinde is altyd na ‘n inrigting gaan, tronk toe of die dood…of aldrie……hartseer, maar waar……..

Jax ·

Geen genade! As hy wel skukdig is, kan hulle hom maar laaaaank toesluit!

janneman ·

Hy skep ‘n swak naam vir Suid-Afrikaners wat in Australie bly en die wat wil imigreer. Ek hoop hy sit lank, want hy besef nie hoe ander mense se lewens verwoes nie .

Michelle ·

Kan hulle die man sommer daar hou en daar sy tronk straf gee. Die regering moenie eers die moeite doen om papier te mors of oproep om die man terug te kry in Suid Afrika nie dit is ‘n skande dat jy jou ophou met dwelm smokkel ek hoop hulle gee swaar tronk straf . Dankie hy is gevang dat hy geen lewens verwoes het nie.

jaco ·

Sonder regstellende aksie en BEE sou dit nie nodig gewees het vir hom om in so ‘n bedryf betrokke te raak nie.

Nika ·

Jaco daar is geen verskoning vir dit nie, ek hoop jy besef wat jy sê want hy verkoop dwelms, het jy al gesien of n kokaien verslaafde beleef? Het jy al gesien hoe lyk n kind wat verslaaf is aan so dwelm middel? Dit was n keuse hy is n grootmens daar is baie beter maniere om geld te maak as om mense verslaaf te maak aan dwelms.

lulu ·

Grote genugtig
Hy meen GAAN GROOT OF GAAN HUISTOE
En ons weet waar gaan jou huis wees vir volgende paar jaar
You can run but you cant hide

Wilma ·

Lewenslank agter tralies is steeds nie genoeg. Doodstraf sou geskik wees indien skuldig bevind. Vuilgoed

Anoniem ·

Ek het hoegenaamd GEEN simpatie met dwelmsmokkelaars nie. Hulle voer ‘n geil bestaan ten koste van ander.

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg.

Lucy in the Sky of Diamonds ·

As geld jou baas is, kry jy nooit genoeg nie. Maak ook nie saak of jy ander se lewens verwoes om dit te kry nie.

Johan ·

Ek wonder of daar nie weer n regerings amptenaar agter allis sit nie

LO ·

Die klong was seker so besig dat hy nooit “Border Security” gekyk het nie!

Schalla ·

Ek wonder wie was die ouens wat sy trek gereel en gestuur het?

Japies ·

Daarsy, so wys die Saffas hoekom lande dit moeiliker maak vir Afrika land burgers om te imigreer, ek hoop hul pos hom terug SA toe om toegesluit te word.

Niel ·

interresant as mens vinnig op google soek na hom dat mens nie bv by sy sosiale media uitkom nie. Dus hou hy ‘n baie lae profiel oor homself. Seker om te keer dat mense nie hom “herken” nie. Wens dieselfde tipe doane beheer kan in die land toegepas word, met strenger grensbeheer.

KL ·

@Niel, nie almal is so narsasisties om orals profiele te he nie.

NET EK ·

As mens nie wil hoor nie moet hul maar voel. Hou hom daar en sluit hom toe. Ons het hom nie nodig in ons land nie!!!

ekke ·

Hy verwoes ander se lewens, meestal kinders, hy hoort nie in die samelewing nie, hy moet total en al verwyder word uit die samelewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.