SA man in Engeland verhoor ná vrou se valskerm nie oopgaan

Victoria en Emile Cilliers.

Emile Cilliers (37), ʼn Suid-Afrikaner wat ʼn sersant in die Britse weermag is, word in Engeland verhoor op twee aanklagte van poging tot moord.

Cilliers se voormalige vrou, Victoria (40), het wonderbaarlik oorleef nadat sy op 5 April  2015 in Wiltshire, Engeland, 1,2 km ver geval het nadat haar valskerm nie wou oopgaan nie. Sy het onder meer haar been gebreek en rugbeserings opgedoen en was drie weke lank in die hospitaal.

Die Daily Mail berig ʼn hof in Winchester het Woensdag gehoor dat twee onderdele van Victoria se valskermtoerusting vermis was en dat dit tot gevolg sou hê dat haar noodvalskerm nie sou werk nie.

Die staat voer aan Cilliers wou sy vrou verlaat vir ʼn ander vrou, Stefanie Goller, wat hy op Tinder ontmoet het. Hy het glo ook steeds ʼn verhouding met sy eksvrou, Carly Cilliers, gehad.

Volgens die BBC het die staat aanvoer dat Cilliers net meer as ʼn maand voor Victoria se valskermsprong doelbewus ʼn gaslekkasie veroorsaak het in die huis waar hulle gewoon het. Cilliers was nie tuis nie en Victoria het glo die gas geruik en vir hom ʼn SMS-boodskap gestuur waarin sy grappenderwys gesê het: “Probeer jy my doodmaak?”

Volgens die staat het Cilliers skuld van £22 000 gehad en het hy geglo hy ʼn lewensversekeringspolis van £120 000 sou in sy guns uitbetaal word as sy sou sterf.

The Guardian berig die jurie, bestaande uit nege vroue en drie mans, het dokumente ontvang waarin daar verwys word na boodskappe wat Cilliers aan Goller gestuur het. Van die boodskappe is ook in die hof voorgelees.

Cilliers en Victoria is in September 2011 in Kaapstad getroud.

Die verhoor sal vermoedelik vyf weke lank duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Drikus ·

Net iemand sonder gewete kan soiets doen. Tragies, as dit waar sou wees. Hoe sou so iemand ooit met die gevolge kon saamleef?

Kiepie ·

Jy bedoel seker “Niemand MET ‘n gewete kan so iets doen”.

G ·

Ai Kiepie, jy korrigeer vir Drikus, maar jy vergeet die dubbel “nie” reël. Ek sê dit ‘tongue in the cheek’ hoor ;-)

Poppie ·

Dricus bedoel: Net iemand sonder n gewete … selfde as ……..net ‘n persoon sonder ‘n gewete. Iemand is ook ‘n persoon. Niks fout met sy taal nie. Maar anyway, geld is belangriker vir die man as ‘n vrou. Kan nie glo hoeveel mans probeer hulle vroue vermoor vir geld nie. Baie hartseer. En op hul troue het hul plegtig belowe: To love and to hold, for richer and poorer. Maar hy het seker gedink aan: Till death do as apart.

Adam ·

Absoluut en weereens ‘n bewys dat ons voormalige landgenote ook maar lekker skandes maak in hul nuwe tuistes.

Sean ·

Jinne maar die ou is besig, die ander vroue moet maar met hulle oë oop slaap in die aand, hierdie man het sy vinger in meer as een pasteitjie, en hy is besig om hulle uit te dun. Dit klink soos ‘n movie, skokkend dat mense so gemeen kan wees en dink hulle kan daarmee wegkom. Ek is bly hy is nie meer in SA nie, darem is die vrouens hier nou veilig.

Darius Els ·

Word alweer sonder n hofbevinding gese die man is skuldig.Word alweer verwys na “heveel mans wil ontslae raak van hulle vroue”.Voorafgaande EN gedurige verwysings na “beloftes in die kerk en slegte mans” word nou al net so oud soos toe J vn R nog vir die WP gspeel het.Onthou tog maar ook BAIE mans WIL skei maar VROUE hou hulle dmv kinders en dreigemente vasgevang in getroude lewe.Hierdie kansel/hof troues is net n “aardse” instelling.Wonder wie het Adam ,Dawid,Moses Job ens ens ens ,getrou en by watter kerk/hof en watter amptenaar? Nes in huidige SA,”emancipation” of the women,dink ek vroue word SOMS NET SOMS vergoed vir die specials aan die mans tydens “vroee” dae.Ek vermoed mens spel dit “excile”.Adam het nie eerste appel ge eet nie pmaar Eva wel.Het ok nog nie slang gesien wat ,seil onspraaklik is, en vir mrns se eet iets nie,Het wel bgehoor van engel wat uit die hemel gegooi is en duiwel geword het.Die engel wss n man Eva n vrou ,en siedaar “sekere” dinge gebeur mo maar.

Ashley ·

Ag tog Els, verstaan tog nou eenmaal. Waar n Suid Afrikaner betrokke is, wit, bruin of swart, is daar moord en doodslag betrokke. Maak nie saak waar die uwe hom bevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.