SA man in Jordanië doodgeskiet

jordanieʼn Suid-Afrikaner is een van die drie mense wat doodgeskiet is by ʼn polisieopleidingsentrum in Jordanië. Die drie mense is glo deur ʼn veiligheidsbeampte doodgeskiet.

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge probeer intussen vasstel wat tot die skietery gelei het. Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, het gesê die Suid-Afrikaanse ambassade in Amman probeer tans inligting oor die voorval kry.

Volgens berigte was die skieter ʼn Jordaniese veiligheidbeampte met die rang van kaptein. Dit is nie duidelik of hy deel van die polisie of weermag was nie. Die skieter is in ander berigte as ʼn mede-instrukteur geïdentifiseer.

Volgens berigte was die ander twee mense wat doodgeskiet is Amerikaanse instrukteurs. Die skieter is ook tydens die voorval doodgeskiet. Hy het glo ook nog twee Amerikaanse instrukteurs en vier Jordaniërs gewond.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.