SA man in Mauritius-hof ná moord

Argieffoto van die Anahita-oord in Mauritius Foto: anahita.mu

Argieffoto van die Anahita-oord in Mauritius Foto: anahita.mu

Peter Roberts, ʼn sakeman van Suid-Afrika, is voorlopig in ʼn hof in Mauritius aangekla van moord nadat sy meisie se liggaam drywend in ʼn vakansieoord se swembad aangetref is, het die Sunday Times gesê.

“Die regstelsel in Mauritius is anders as Suid-Afrika sʼn en ʼn persoon kan voorlopig aangekla word al is die ondersoek nog nie afgehandel nie,” het Roberts se prokureur, Nicqui Galaktiou, aan die koerant gesê.

Roberts moet vandeesweek weer in die hof verskyn wanneer hy vermoedelik gaan aansoek doen om borgtog. Hy is tans in aanhouding in polisieselle.

Lee-Ann Palmarozza se liggaam is op 28 Desember in ʼn swembad by Anahita-oord aangetref waar sy saam met Roberts tuisgegaan het. Roberts het in daardie stadium aan veiligheidsbeamptes gesê sy het verdwyn nadat hy omstreeks middernag gaan stort het. ʼn Soektog is van stapel gestuur en haar liggaam is in die swembad opgespoor.

Verskeie mediaberigte het aangedui dat ʼn nadoodse ondersoek bepaal het dat sy versmoor het.

Volgens die Sunday Times sal ʼn tweede nadoodse ondersoek gedoen word voordat haar liggaam na Suid-Afrika teruggebring word.

Galaktiou was nie Sondag beskikbaar vir kommentaar nie.

Lees alle vorige berigte oor Mauritius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lillian ·

Hier kom nog ‘n storie wat opslae gaan maak, na al die “miss trials” van 2014 tov mans wat hul lewensmaats vermoor, gaan hierdie vent ook seker skotvry daarvan af kom, want die regsstelsel in ons land faal steeds vrouens en kinders wat mishandel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.