SA man kan doodstraf opgelê word

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse man is in Viëtnam in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in sy besit gevind is.

Die 32-jarige man is Sondag by die Ho Chi Minh City-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo 1,7 kg se kokaïen in sy besit gevind is. Die man het op ʼn vlug van Doha, Katar, in die land aangekom.

“Dit was nie ʼn lukrake inhegtenisname nie, ons het hom geteiken,” het ʼn doeanebeampte gesê. Die dwelms is glo tussen kos en ander persoonlike besittings gevind.

Die man het glo aan doeanebeamptes gesê hy is sowat R53 000 betaal om die dwelms na Viëtnam en die VSA te vervoer. Die dwelms sou ʼn straatwaarde van nagenoeg R4,5 miljoen in die VSA hê.

Die man kan volgens Viëtnamese wetgewing tot lewenslange tronkstraf gevonnis word of selfs die doodstraf opgelê word vir die handel, vervoer of berging van meer as 100 g heroïen of kokaïen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leeukop ·

Respek vir hierdie land wat sy mense van dwelms beskerm. Gee hom die straf wat hom toekom, en so ook vir die vir wie hy werk.

Jef ·

As hy lewenslang kry dan gaan hy na n kort rukkie in die tronk wens hy het die doodstraf gekry.

Johan 2 ·

Ek stem met jou saam…ek sal maar vra v die genade om eerder te sterf?

Sus ·

Om eerlike geld te verdien is vir party mense té harde werk…….soms met slegte gevolge.

Anti-Haas ·

Nee Martin, die polisie sou die dwels gesteel het en die man gelos het.
Selfverykking…..

Duitswes ·

Jip, hy wil nie hoor nie en moet maar voel. ‘n Mens bevuil nie ‘n ander se voorstoep en verwag genade nie. Doodstraf vir Bylae 1 misdrywe is net meer as goed en soveel te meer vir dwelmbase/handelaars/muile wat deur hul donker daad miljoene ander se lewens & toekoms opfoeter en families gebroke laat. GEEN GENADE, punt.

Johann Marx ·

As jy in SA met soveel dwelms gevang word is die regering se “verskonings”
1. Wie is ons om ‘n man se dade so te veroordeel dat dit hom sy lewe kos?
2. Hoe wys jy vir die bevolking dis verkeerd om iemand dood te maak, en dan die doodmaker dood maak?
3. Die regstelsel is vol gate…..netnou word hy onskuldig tereggestel.
4. Wat van die slagoffers van sy daad se naasbestaandes se morele en godsdienstige reg tot vergifnis?
5. Miskien is hy rehabiliteerbaar. Teregstelling kanselaar daardie opsie.
6. Maak nie saak wat ‘n persoon aan ander mense doen nie, teregstelling is wreed en barbaars.
Dé, hier’s vir jou ‘n vonnis. Moenie worry nie, die belastinbetalers het nog sakke vol….. En so sit ons met 7 000 “lewenslange” gevangenis teen R140/dag vir 15-25 jaar. Werk maar vir jouself uit, my sakrekenaar is te klein.

Willie ·

Whatt whent wong? Daai maat het meer probleme wat hy gedink het… hoop maar hulle vang die dwelm handelaars ook, wat die muile so eksploreer…

Leon ·

Hoeveel ander lewens sou deur hierdie dwelms verwoes word. Laat hy vir hom kry dit wat hom toekom…. “sakeman” of nie!

Bessie de Kock ·

Hierdie dwelms maak ander mense dood
Die doodstraf vir die man is te lig

Maar die reg sal geskied

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.