SA man moor glo eksvrou in Nieu-Seeland

Heidi Welman Scott. Foto: Facebook

Heidi Welman Scott. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaner is in Nieu-Seeland van moord en poging tot moord aangekla nadat ʼn vrou vermoor is en haar dogter en dié se kêrel met ʼn mes gesteek is.

Stuff.co.nz berig dat Brent Scott Vrydag in die North Shore-distrikshof sal verskyn na die moord op Heidi Welman Scott (41). Die egpaar was glo vervreem.

Welman Scott, haar 22-jarige dogter en dié se 22-jarige kêrel is volgens die berig Donderdagoggend aangetref waar hulle buite ʼn huis in Albany gelê het. Welman Scott is op die toneel dood verklaar. Die dogter en haar kêrel is na ʼn hospitaal gehaas en albei is in ʼn ernstige maar stabiele toestand.

Scott is by die Auckland Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo na Suid-Afrika probeer vlug het. Volgens die berig is Scott die Nieu-Seelandse agent vir ʼn Suid-Afrikaanse messlypmaatskappy.

Die gesin het glo verlede jaar in Suid-Afrika vakansie gehou toe Scott op aanklag van gesinsgeweld in hegtenis geneem is. Wellman Scott het glo ʼn beskermingsbevel teen hom uitgeneem met hul terugkeer na Nieu-Seeland. Haar dogter en 14-jarige seun word ook in die bevel genoem.

Volgens Welman Scott se Facebook-profiel is sy van Kaapstad afkomstig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Ons ouers moet asseblief ons kinders van kleins af woede beheer leer. Almal van ons beland in emosies van woede of seerkry en voel om te moor. En dan gebeur dit. Asseblief ouers, ons kan hierdie aanvalle en moorde keer.

Dave ·

Vergeet dit Drieks, jy praat onsin. Iemand wat sy vrou met ‘n mes doodsteek en probeer om haar dogter en dië se man ook te vermoor en daarna sy bes probeer om landuit te vlug; alles nadat sy reeds ‘n beskermingsbevel teen hom gekry het as gevolg van gesinsgeweld, is bloot ‘n moordenaar.

Jy beskryf dit as ‘n woedeaanval maar hy het nie later tot sy sinne geraak. Dink jy Pistoors moes liewer ook ‘n woedeaanval as rede gepleit het? Myn insiens is die (karige) beskrywing in hierdie berig bloot die beskrywing van ‘n gewetenlose moordenaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.