SA man ná 25 jaar in VSA vasgetrek

Barrett Preston Busschau. Dié foto is in 1993 geneem. Foto: FBI

Barrett Preston Busschau (43), oorspronklik van Suid-Afrika, is ná 25 jaar op vlug Woensdag in die Amerikaanse deelstaat Oregon in hegtenis geneem.

Hy is in opdrag van die FBI deur polisiebeamptes van Clackamas in hegtenis geneem nadat hy met ʼn vliegtuig in Portland aangekom het.

Busschau is op 27 Julie 1993 in die Clackamas-distrik in Oregon in hegtenis geneem vir die beweerde molestering van vyf meisies, tussen vyf en 15 jaar oud. Busschau was toe vermoedelik 18 jaar oud.

Volgens inligting wat deur die FBI uitgereik is, staan Busschau tereg op ʼn reeks aanklagte wat seksuele aanranding, verkragting en sodomie insluit. Busschau is op borgtog vrygelaat hangende die verhoor teen hom, maar het op die vlug geslaan en nie op 4 Oktober 1993 in die hof verskyn soos hy moes nie. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is kort daarna uitgereik.

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van hoe Barrett Preston Busschau moontlik nou lyk. Skets: FBI

Die FBI het gesê Busschau is ʼn Suid-Afrikaner wat as kind na die VSA gereis het en in 1989 permanente verblyfregstatus toegeken is.

“Vir ʼn kwarteeu het Busschau daarin geslaag om weg te kruip,” het Renn Cannon, spesiale agent in beheer van die FBI in Oregon, gesê. “Danksy die FBI-agente wat aan die saak gewerk het, die aanklaers en vennootskappe van Oregon tot Suid-Afrika sal Busschau uiteindelik moet antwoord op die bewerings teen hom.”

Geen verdere inligting is bekend gemaak oor hoe presies Busschau opgespoor is nie. Die FBI het destyds vermoed hy het na Kalifornië of Panama gereis en toe weer in Suid-Afrika kom woon.

Die FBI het ook vroeër ʼn beloning van $10 000 (ongeveer R120 000) aangebied vir inligting wat direk tot Busschau se inhegtenisneming sou lei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Blommie ·

Welgedaan, hier by ons het hulle lankla ne die tweede maand ophou soek…
Dit as die docket nie voete gekry het nie.

CAROL ·

You see – you can run …… but you always get caught!!!

Stuiwer ·

Die FBI kan gerus vir SA se polisiediens ‘n paar tricks kom leer.

AttnieNo1 ·

Ja, maar ons regering sal eerder jong polisiemanne Kuba toe stuur om te leer. Kuba is wonderlik, Amerika is kapitalisties en boos en ons, ons sal ly soos altyd onder die marxiste.

Arno ·

Alles goed en wel en gereg sal geskied….. maar het die skrywer regtig sy somme reg? $10 000 is nie 120 000 nie maar op vandag se rand dollar pys is dit R 155 500……. se maar net….

JoeV ·

haha, teen die tyd wat dit reg gemaak word in die berig is dit seker R22000-00!

Marinda ·

Hierdie is ñ baie ou storie, eks seker ek het die al op MM op ñ vroër geleentheid gelees.

Diklizzy ·

“daarin geslaan om weg te kruip” moet seker lees “daarin geslaag”

Nico Strydom ·

Dagsê Diklizzy
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.