SA man smokkel glo dwelms oorsee in kathokke

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse man van Benoni het in ʼn hof in Londen verskyn nadat hy glo kathokke gebruik het om nagenoeg R13 miljoen se heroïne in Engeland in te smokkel, het The Star Vrydag berig.

Scott Parker, wat Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap het, word daarvan aangekla dat hy die dwelms aan die onderkant van drie kathokke versteek het. Die katte is op ʼn vlug van OR Tambo-lughawe in Johannesburg na Heathrow-lughawe in Londen vervoer.

Engeland se nasionale misdaadeenheid het gesê die diereontvangssentrum by Heathrow het onraad vermoed toe hulle gevoel het die hokke is ongewoon swaar nadat die katte verwyder is.

Beamptes het die vals bodems in die hokke ontdek waarin die heroïen versteek is.

Parker is in hegtenis geneem vir die invoer van ʼn klas A-dwelmmiddel.

Hy het in die Uxbridge-landdroshof verskyn en hy is nog nie gevra om te pleit nie. Dit is nog nie bekend wanneer hy in die hof verskyn het of wanneer hy in hegtenis geneem is nie.

Hy is steeds in aanhouding en gaan na verwagting Donderdag weer in die kroonhof in Isleworth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Hoe het hy verby die kastige dwelmsuffelaars gekom by ons lughawe seker ook weer n betaaling aangebied onder deur die tafel dis hoe mense weg kom met moord

zahn ·

Hallo Alet, al ooit gehoor van baklei soos kat en hond? Om die diere trauma te spaar, word die kathokke nie deursoek deur snuffelhonde nie, maar deur mense, sou ek aanneem. Vandaar die vindingrykheid.

Babs ·

Enigiemand wat dwelms smokkel moet aangekla word vir poging tot moord. Op die einde van die dag verwoes hulle mense se lewens. Geen genade vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.