SA man sterf in Fidji

Langdon Owen en sy vrou, Fiona. Foto: Facebook

Langdon Owen en sy vrou, Fiona. Foto: Facebook

Langdon Owen van Suid-Afrika is in Lami, Fidji dood nadat hy glo giftige gasse ingeasem het terwyl hy besig was om ʼn boot te verf.

Die Fiji Sun berig dat Owen en nog werkers Donderdag die romp van die Betsy Ross geverf het. Volgens die berig het die verf en verdunner glo gemeng en ʼn toksiese gas afgegee. Owen se liggaam is eers omstreeks 17:30 uit die romp van die boot gehaal, vier ure nadat daar alarm gemaak is.

Volgens die Fiji Sun het Owen, glo in sy vroeë 40’s, op 12 Augustus 2014 aan boord van die Betsy Ross in Fidji aangekom. Owen, oorspronklik van Benoni, word oorleef deur sy vrou, Fiona, twee seuns en ʼn dogter.

Volgens die berig is ʼn Fidjiaanse werker intussen ook in die hospitaal oorlede. Verskeie bemanningslede, polisiebeamptes en brandbestryders is na die voorval in die hospitaal opgeneem nadat hulle ook deur die gasse oorval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sollie ·

Liewe hemel dit is ERG! Baie sterkte aan die familie. Hoekom sou dit so lank vat vir hulle om te reageer en hom uit die boot te haal – bietjie soos party van ons nooddienste?? Wonder of hulle hom sou kon help as hul gouer was? Sjoe, baie erg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.