SA man sterf in fratsongeluk in VSA

Lihan du Plessis. Foto: Facebook

Lihan du Plessis. Foto: Facebook

Lihan du Plessis (27) is Maandag in Noord-Dakota dood na ‘n fratsongeluk in ‘n graansilo.

KX News berig dat Cornelius Johannes (Lihan) du Plessis op die toneel dood verklaar is. Volgens die berig het Du Plessis op die plaas Doepke naby Wilton in McLean County gewerk. Die polisie is om 10:00 na die plaas ontbied en het ‘n gat in die kant van die silo gesny om Du Plessis uit te kry.

“Hulle het probeer om graan aan die kant van die silo weg te kry. Een van hulle het uitgegaan en het gedink sy vriend agtervolg hom. Die man op die grond het die grondboor aangeskakel, dit het begin suig en die individu het in die mielies weggesak, ” het ‘n polisiewoordvoerder aan KX News gesê.

Volgens die berig het Du Plessis slegs sowat ‘n maand en ‘n half gelede op die plaas begin werk. Sy liggaam sal na Suid-Afrika toe teruggebring word.

Familie van Du Plessis is intussen erg geskok oor die voorval. “My liewe ou neef!!! Wat kan ek se!! Jy het geblom hoe gelukkig jy is en hoe lekker dit is daar. Vandag weet ons jy was gelukkig tot op die einde!!! Gaan jou mis groot neef!! RIP Lihan. Sal altyd lief wees vir jou!!” het Phialetta Botha-de Beer op Facebook geskryf.

‘n Troosdiens vir Du Plessis sal op 27 Junie in Bloemfontein plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

So ken nie een van ons die dag en die uur nie – Rus in Vrede.

Maritza ·

Rus in vrede Lihan, ons almal gaan jou so baie mis! Dit was ‘n groot voorreg om jou as ‘n vriend te kon he, gaan jou grappies mis. xx

william ·

My hart gaan uit na sy familie. Ek ken vriende wie se seuns ook op plase in Amerika gewerk het. N mens dink maar altyd aan hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.