SA man sterf in stryd teen Boko Haram

Leon Lotz. Foto: Facebook

Leon Lotz. Foto: Facebook

Leon Lotz, ʼn voormalige Koevoet-soldaat, is in Nigerië in die stryd teen Boko Haram dood.

Die Daily Maverick berig Lotz is dood nadat ’n Nigeriese tenk in die deelstaat Borno in die noorde van Nigerië op sy konvooi losgebrand het. Volgens RSG het Pine Pienaar, voorsitter van die Koevoet-veteranebond, Lotz se dood bevestig en is sy familie Dinsdag in kennis gestel.

Oudsoldate van die Suid-Afrikaanse weermag en private militêre kontrakteurs is in Nigerië ontplooi om Boko Haram te help vernietig.

 

Talle mense het intussen medelye op Lotz se vrou, Almari, se Facebook-blad betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Malinda ·

R.I.P, maar wat soek ons mense buitendien in daardie land pleks eerder hier help iets doen aan die boboharems wat ons mense afmaai

Irah ·

Hy was ‘n kontrakteur wat militere voertuie reggemaak het.

PIETIE ·

malinda, nee hartjie,,, jy moet dit in ‘n positiewe lig sien….. as ons oud soldate daai mense kan afmaai en wereld nuus maak, imagine hoe versigtig sal die klomp hierdie kant raak, en altyd onthou wat kan nogsteeds gebeur as hul nie in vrede wil saam leef met al die rasse en kulture nie. pine r.i.p. dit was waarvoor jul geleef het deur sulke opleiding, dankie vir jul dappere diens. baie sterkte aan sy gesin en familie.

jacques ·

Dink ons land is al besmet net bokoharms,hulle moet nog net uit hulle doppe kruip.En dit gaan sommer oornag gebeur.Jammer om van sy dood te hoor,maar ek dink ook ons hoort nie daar nie.

boer ·

Dis goed om te weet ons oud wermag en polisie manne is nog aktief. Ons gaan hulle een van die dae weer in ons eie land nodig he,” mark my words”

Se net ·

Julle wat vra wat soek hulle daar – al gedink hulle kry nie werk in die “wonderlike” nuwe SA . En het ook gesinne wat moet leef

Grotman ·

Daar veg hulle bokoharem en hier veg ons teen Zoo-ma harem en Mal-ema harem!!…..

Drieks ·

Gelees, die Nigeriese regering het hul gevra om hul kennis daar te kom deel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.