SA man sterf voor hy ruimtereis onderneem

Mandla Maseko. (Foto: Facebook)

Mandla Maseko, die eerste swart man van Afrika wat na die ruimte sou reis, het Saterdagaand in ʼn motorongeluk omgekom.

Maseko se familie het Sondag die nuus van sy dood in ʼn verklaring bevestig. “Maseko – meer bekend as Spaceboy en Afronaut – het in 2014 een miljoen mense uitgestof om een van 23 mense te word om ʼn sitplek te wen, geborg deur die Axe Apollo-ruimte-akademie, om ʼn uurlange sub-orbitale ruimtereis te onderneem,” lui die verklaring.

Ten tyde van sy dood was die reis egter nog nie onderneem nie.

“Maseko (30), ʼn boorling van Soshanguve, het opleiding ontvang om ʼn private vlieënier te word en het ʼn korporaal in die Suid-Afrikaanse Weermag geword,” lui die verklaring.

“As openbare spreker en gemeenskapswerker het Maseko gewerk om talle Afrika-kinders te inspireer om loopbane in die wetenskap te volg. Deur sy gemeenskapswerk het hy by die Corsa Utility Club Mzansi aangesluit. Hy was ook ʼn ywerige motorfietsryer saam met die Tshwane Legend Bikers.”

Maseko is in 2016 deur die Gautengse departement van onderwys vereer en die wetenskapgebou by die Curtis Nkondo School of Specialisation is na hom genoem.

Besonderhede oor sy gedenkdiens en begrafnis sal later die week bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan ·

Mandla, jy het ‘n merkwaardige nalatenskap gelos. Mag jy in vrede rus.

Sylvia ·

Wat ‘n jammerte dat iemand wat so goed gevorder het oorlede is. Wys jou motors is gevaarliker as vliegtuie.

KaterinaKat ·

Baie tragies. Op die foto lyk hy na so n ordentlike en vriendelike mens. Juis die tipe persoon wat hierdie land Nie kan bekostig om te verloor nie. My innige meegevoel met sy geliefdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.