SA man toets negatief vir ebola

Ebola-virus

Ebola-virus

Die Suid-Afrikaanse man wat in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem is nadat hy as ‘n gesondheid- en veiligheidsbeampte by ‘n myn in Liberië gewerk het, is nie met die ebola-virus besmet nie.

“Die pasiënt se toestand is stabiel en hy het negatief getoets vir ebola,” het Joe Malila, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.

“Ons het hom ook vir malaria getoets en die uitslag was ook negatief.”

Die 37-jarige man is Sondag in die hospitaal opgeneem nadat hy ‘n koors ontwikkel het.

Hy het op 6 Augustus van Liberië na Suid-Afrika teruggekeer. Die man was nie in kontak met enige pasiënte terwyl hy in Liberië was nie en hy was nie betrokke by pasiëntversorging nie.

“Hy is tydens die normale roetine-ondersoek gesond verklaar toe hy by OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. Die skandeerder het geen probleem uitgewys of ʼn verhoogde temperatuur aangedui nie,” het Malila vroeër gesê.

Lees ook:
Man word in JHB getoets vir ebola

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.