SA man tweede in Antarktika-marathon

Mauritz Jansen van Rensburg en sy vrou Lanéne.

Mauritz Jansen van Rensburg het nie net die moordende Antarktika-marathon voltooi nie, maar ook tweede in die mansafdeling geëindig.

Die Antarktika-marathon word oor die klassieke marathonafstand (42,195 km) gehardloop. Die wedloop behels ʼn individuele kompetisie, met ʼn mans- en vroueafdeling. Daar is ook ʼn opsie om ʼn halfmarathon te hardloop. Die marathon het Vrydag in Antarktika plaasgevind.

William Hafferty van die VSA was eerste oor die wenstreep in die mansafdeling in ʼn tyd van 3:34:12. Hafferty het ook die vorige rekord, wat in 2013 deur Petr Vabrousek van die Tsjeggiese Republiek opgestel is, verbeter. Vabrousek het die marathon in ʼn tyd van 3:34:47 voltooi.

Die 48-jarige Jansen van Rensburg, ʼn pa van twee van George, het kort hierna die marathon in ʼn tyd van 3:43:12 voltooi.

Lanéne Jansen van Rensburg, Mauritz se vrou, sê dit was sy vierde marathon vanjaar. Hy het in November ook aan die New York-marathon deelgeneem.

Jansen van Rensburg het sy vrou per satellietfoon gebel kort nadat hy die eindstreep in Antarktika oorgesteek het.

“’Liefie, liefie, ek was tweede gewees,’ het hy gesê. “Hy was so opgewonde,” vertel Lanéne.

Mark Leibold van die VSA was derde.

Lenka Frycova van die Tsjeggiese Republiek was die eerste vrou oor die wenstreep in ʼn tyd van 4:40:38. Beata Larson (Poland/VSA) en Danielle Nelson (VSA) was onderskeidelik tweede en derde.

Roy Jorgen Svenningsen (84) van Kanada het die oudste persoon geword om ʼn marathon in Antarktika te voltooi.

Richard Donovan, direkteur van dié marathon, het Svenningsen geloof vir sy prestasie. “Dit is ʼn fantastiese prestasie wat geslagte atlete sal inspireer.”

Die deelnemers vertrek vandag na Punta Arenas in Chili.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

4 Kommentare

JohanR ·

Is soe LEKKER om ‘n marathon en ultra-marathon te voltooi! Die gevoel is uit hierdie wereld uit. Ek was nooit ‘n lang asem nie, maar het darem op ‘n manier al drie marathons, en twee ultra’s voltooi met groot gesukkel. Dit gee jou deurdruk, en laat weet wie en wat JY is. Half marathon was altyd my beste afstand. Om tweede te eindig in die Antartica-marathon is om te gedoen te word! Alles teen die elemente…..

Kaaskop ·

Ja JohanR, ek stem volkome saam met jou, het self al byna 100 maratons en ultras gedoen en dit gee mens baie insig tot jouself om so iets te voltooi! Ek ken ook iemand wat die bogendoemde maraton al gedoen het en om daai tye te hardloop in daai omstandigehede is onmenslik! Baie geluk Mauritz, sou jy die berig in MM lees!!

Kaaskop ·

Hi Vicky, 42,195Km is hoe die Amerikaners en Europeers dit neersit. As hulle Twee en Veertig Duisend Een Honderd Vyf en Negentig kilometer wou neersit sou dit so lyk by hulle – 42 195Km, met ‘n spasie tussen die 42 en 195.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.