SA man vas in Alaska ná hy glo moor en dit verfilm

Brian Steven Smith tydens sy hofverskyning. Foto: (Loren Holmes/Anchorage Daily News via AP)

ʼn Suid-Afrikaner is in Anchorage in Alaska in hegtenis geneem nadat ʼn geheuekaart in ʼn woonbuurtstraat opgetel is en daar op video’s en foto’s afgekom is wat glo wys hoe hy ʼn vrou vermoor.

Brian Steven Smith (48) het Woensdag vlugtig in handboeie en ʼn geel tronkoorpak in die Anchorage-distrikshof verskyn op aanklag van moord.

Smith is Dinsdag by die Ted Stevens- Internasionale Lughawe in Anchorage in hegtenis geneem. Volgens die polisie het ʼn reeks vreemde gebeure tot Smith se inhegtenisneming gelei.

Beamptes van die Anchorage-polisie is op 30 September na die Fairview-woonbuurt ontbied nadat ʼn inwoner ʼn geheuekaart in die straat opgetel het.

“Die SD-kaart het verskeie video’s bevat wat blyk te wees van die aanranding en die daaropvolgende moord op ’n volwasse vrou,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. Op 2 Oktober is die polisie na ʼn toneel langs die Seward-hoofweg ontbied nadat menslike oorskot gevind is.

Daar is deur verdere ondersoek vasgestel dat die oorskot wat gevind is, dié is van die vrou in die video. Dit is ook vasgestel dat die misdaad in die eerste week van September in Anchorage plaasgevind het.

Die toneel waar die menslike oorskot gevind is. Foto: (Bill Roth/Anchorage Daily News via AP)

Volgens die Anchorage Daily News is Smith as ʼn verdagte geïdentifiseer aangesien polisiebeamptes hom glo in die video’s kon herken. Hy was glo voorheen by ʼn ander ondersoek betrek. Daar is geen verdere besonderhede oor die vorige ondersoek bekend gemaak nie.

Volgens die berig was daar 39 foto’s en 12 video’s op die geheuekaart. Dit wys glo onder andere hoe ʼn kaal vrou op die vloer van ʼn hotelkamer aangerand en gewurg word. Die vrou het glo verbete probeer terugveg. Daar is glo ook bewyse dat Smith die betrokke aand ʼn hotelkamer bespreek het en selfoonrekords plaas hom glo ook naby aan die moordtoneel.

Die oorledene se identiteit is nog nie vasgestel nie en ʼn nadoodse ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

Volgens Smith se Facebook-profiel het hy in 2014 na Anchorage verhuis en is hy oorspronklik van Queenstown in die Oos-Kaap.

Openbare rekords wat deur die Anchorage Daily News bekom is, wys dat Smith ʼn huis in die Geneva Wood-woonbuurt besit. Volgens sy Facebook-profiel is hy ook in 2014 getroud.

Die polisie was Dinsdag vir ure by die huis waar Smith saam met sy vrou gewoon het, aldus die berig. Sy vrou word nie by die moord betrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Besem ·

Dit is ook ‘n riem onder die hart dat sulke mense Suid Afrika verlaat, hou hom maar in Alaska.

Onnie ·

Die feit dat hy dit verfilm het, wys jou net hoe siek hy regtig is.

Gaitsigubib ·

Ek dink hy het geweld aangeleer in die VSA, die reeksmoordenaar hoofstad van die wereld. Seker bang hy voel uit.

Gaitsigubib ·

Ek het jou raad gevolg Yank. Die shrink dink dat iemand het my dalk geantagoniseer deur te vra of “almal dan mal geword het in SA” m.b.t die hoe misdaad, so asof hulle self nie eens van SA af kom nie. Ek verseker jou dat hier “ysters” in SA oor is, wat ver bo die huidige sataniese misdaadgolf uitstyg. Ek was ook in die VSA, hulle ken God nie, maar gelukkig nie almal nie. Net soos in SA is daar wel ook goeie mense. Ek dink net die wat in SA agterbly en in die geloof sterk staan teen die aanslag van hierdie donker tye verdien meer respek as wat tans die geval is.

Paaries ·

Nee sorry Gaits dit is nie waar nie. geweld en moord is ‘n eg Suid Afrikaanse produk.

Gaitsigubib ·

Ag ek weet tog jy’s reg. Ek klou maar net aan die droom dat SA eerder vir ander dinge geken sal word, soos ons pragtige natuur.

Als gehoor! ·

Daars nog vele van sy soort in die buiteland hou net die spasie dop!

Chris ·

Gooi hy nou ons Suid Afrikaners se naam weg! Hoop hulle het nog die doodstraf daar..

Henk ·

Alaska as a state has never had a death penalty. The Territorial Legislature abolished capital punishment two years before Alaska gained statehood. … Seven people are estimated to have been executed under that system. There were only eight legal executions in Alaska between 1900 and 1957.

Erik ·

En dit is een van die redes hoekom ek nie wil emigreer nie – daar is Suid-Afrikaners orals! So kan maar net sowel hier bly.

Vermoed ·

Ek wil graag iets hier noem en hopelik lees iemand dit raak en doen navorsing. Ek vermoed daar word ongeveer dieselfde hoeveelheid blankes in Suid-Afrika vermoor per jaar as die hoeveelheid blankes in Australië per jaar. Ek weet Australië het ongeveer 30 miljoen mense en ons seker so 6 miljoen blankes, maar nogtans. Daar word ongeveer 600 mense in Aus per jaar vermoor. Ek kry nie die statistieke van blanke moorde in SA nie, slegs plaasmoord statistieke en dis minder as die totale moorde in Aus. Ek veroordeel elke moord ten sterkste en praat dit nie goed nie, maar blankes voel soms onnodig bedreig. Soveel meer swartmense word elke dag hier vermoor!

Gaitsigubib ·

Niemand hoef navorsing te doen nie, jou naam is dan Vermoed, so kom ons vermoed sommer. Ek vermoed daar is 6 maal soveel blankes in Aus as in SA. Ek vermoed ten spyte daarvan, dat jy verkeerd vermoed en dat daar meer blankes in SA vermoor word. Ek vermoed dat in SA geen geregtigheid is nie en dat die skurke geen vrees vir die gereg het nie terwyl almal in Aus gevang word en tereg staan. Ek vermoet jy voel vere vir mense wat daagliks aan die geweld in SA blootgestel is.

Die Waarheid ·

‘n Swart persoon in SA het ‘n 8 keer groter kans as ‘n blanke om in SA vermoor te word. Dis net die blanke boere (ongeveer 60 moorde per jaar) wat’n abnormale hoe moordsyfer onder blankes het. Die moordsyfer in SA was amper tweekeer hoer in 1994 as nou. Die land was ‘n misdaadhool so vanaf 1981 tot 1994 en die apartheidsregering het heeltemal die plot verloor en kon nie meer die situasie hanteer nie. Dankie tog ons het JA gestem.

Louis ·

Weet nie waar jy daaraan kom dat daar 600 mense per jaar in Australia vermoor word nie! Australia se moordsyfer is 1 per 100 000 mense. Australia is een van die veiligste lande ter wereld slegs n kort kop agter Swede – die veiligste land volgens die United Nations. Swede se moordsyfer is 0.9 per 100 000 mense. Suid Afrika se moordsyfer is 31 per 100 000 mense. As jy die wiskunde doen is daar ongeveer 300 moorde per jaar in Australia en 21 000 moorde in Suid Afrika! Die groter meerderheid moorde in Australia ken die moordenaar die slagoffer. Dit is baie anders as wat in Suid Afrika aangaan. Ek woon al 10 jaar in Australia en het nog nooit hier bedreig gevoel nie. Het wel elke dag in Suid Afrika bedreig gevoel. Ek sal nooit weer terug gaan nie!

Yankee ·

Vermoed. Regtig!!! Doen jou huiswerk behoorlik. 460 moorde in Australia laas jaar. Vergelyk met 23.000 in Suid Afrika.

@Louis, Yankee en die Waarheid ·

Louis en Yankee: Ek stem heeltemal saam dat Suid-Afrika se moordsyfer belaglik hoog is en nie vergelyk kan word met Aus en NZ nie. Dis nie die punt wat ek probeer maak nie. Ek praat van blanke moorde. Amerika se moordsyfer is in elk geval baie hoog, maar ek weet ook dat daar soveel meer mense is. Wat ek probeer sê is dat moorde onder blankes in SA baie minder is as die onder swart mense en dat ek wonder hoe ons moordsyfer onder blankes (die verhouding tussen blanke moorde en die hoeveelheid blankes in SA vergelyk met die van Aus en lande soos Amerika). Ek dink ons syfer, verhoudingsgewys, sal nogsteeds hoër wees onder blankes, maar nie soveel hoër nie.

Die waarheid: Ek stem saam met wat jy sê. Ek dink ook jy verstaan watter sommetjie ek probeer maak.

Ek het nog bitter min in my lewe bedreig gevoel in Suid-Afrika, alhoewel ek vermy gevaarlike dele.

TDW ·

@Die Waarheid
Jou feite is bietjie gepoets.
Die hoogste misdaadsyfer was tussen 1990-1994. Die einde van apartheid. Dit was agv die geveg tussen ANC en IVP.
As jy jouself waarheid wil noem, probeer dit uitleef.
Die misdaad het juis begin toeneem vanaf 1970 agv terreur dade, soos bomme in siviele areas.
Ons kan baie praat oor die sleg van apartheid. Dis polities toelaatbaar. Daar is legio daaroor geskryf.
Wat ons nie mag sê nie, is dat dit veiliger was, vir alle rasse, funksionerend was, en baie minder korrup.

Kobus ·

Vermoed, jou vermoede is op fiksie gebaseer. Dalk is jy die een wat navorsing oor jou feite moet doen. Jy sal jou hande saamslaan as jy op die ware feite voor jou het!

SêMaarNet ·

Die punt is : Hy kom van Suid Afrika af – nie ‘n goeie refleksie nie!

Anne ·

Die tv gee ook ‘n swak refleksie van alles in SA. Hierdie ou is maar een wat naam weggooi.

Flippie ·

Wys jou net Satan is los oral. Ek weet alle sonde is sleg voor God, maar moord is so erg omdat jy iemand se lewe neem en self daaroor beskik, amper asof jy n god word en besluit daardie persoon mag of mag nie lewe nie. Alle moord is bitter hartseer.

Sarel ·

Gooi ons naam nog verder weg.
Vermoed …..jy sal maar weer jou huiswerk moet doen of meld jou bronne.

Jerry ·

RIJ. Laat dit nou n les wees vir die Suid Afrikaner dat “crime does not pay in countries who does not have failed states”. In a failed state the one who picked up the evidence, would have handed it back to the murderer for a nice bribe!

Leon ·

Dit is wat hulle ‘n “Snuff video”noem. Sulke videos word daagliks oor die wêreld gmaak en is baie populêr. Baie kinders word ontvoer en op wrede wyse vermoor in die “Snuff videos”.
Die publiek weet netnie daarvan nie. Maak seker julle weet elke oomblik van die dag waar julle kinders is, wie hulle vriende is. Ons vermoed Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was deel van die sindikaat.

Gaitsigubib ·

Ek het jou raad gevolg Yank. Die shrink dink dat iemand het my dalk geantagoniseer deur te vra of “almal dan mal geword het in SA” m.b.t die hoe misdaad, so asof hulle self nie eens van SA af kom nie. Ek verseker jou dat hier “ysters” in SA oor is, wat ver bo die huidige sataniese misdaadgolf uitstyg. Ek was ook in die VSA, hulle ken God nie, maar gelukkig nie almal nie. Net soos in SA is daar wel ook goeie mense. Ek dink net die wat in SA agterbly en in die geloof sterk staan teen die aanslag van hierdie donker tye verdien meer respek as wat tans die geval is.

A-nee-a ·

Ek is darem bly Smith het sy rieme styf geloop. Hier in SA sou die ondersoekbeampte heelmoontlik die geheustokkie gebruik het om pirate musiek of flieks of wat ookal op te stoor!

Marius ·

Stuur hom terug . Die wat wil emigreer het nie sulke “ambasideurs” nodig om wit suid afrikaners n swak naam te gee nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.