SA man vas in Botswana; ondersoek glo suster se dood

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Botswana het twee Suid-Afrikaners in hegtenis geneem nadat hulle hul glo as polisiebeamptes voorgedoen het, het die Global Post berig.

Donald Nyoni en Solomon Zitha, albei van Johannesburg, het in die Francistown-landdroshof verskyn. Volgens die berig het Nyoni en Zitha saamgewerk en ʼn man genaamd Menje Phiri “in hegtenis geneem”.

Nyoni het in die hof aangevoer dat hulle ʼn Tanzaniër, wat glo sy suster as ʼn dwelmmuil gebruik het, agtervolg het. Nyoni het aangevoer sy suster is dood nadat sy dwelms ingesluk het. Volgens Nyoni het hulle Phiri na ʼn polisiestasie gevat vir ondervraging.

Nyoni en Zitha is met hul aankoms by die polisie in hegtenis geneem en aangekla. “Wat kan ons by hom vat? Al wat ek wil hê is inligting oor my suster se dood,” het Nyoni tydens sy borgaansoek gesê. Zitha het gesê hy het bloot sy vriend bygestaan.

Die staatsaanklaer het borg teengestaan. Landdros Dumisani Basupi het Nyoni en Zitha borg geweier en gesê hulle is ʼn vlugrisiko. Die saak is tot 27 Februarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.