SA man, vrou in VAE tronk oor swangerskap

Emlyn Culverwell en Iryna Nohai. Foto: Facebook.

Emlyn Culverwell en Iryna Nohai. Foto: Facebook.

Emlyn Culverwell (29) en sy verloofde, Iryna Nohai (27), is in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in hegtenis geneem omdat hulle voorhuwelikse seks gehad het.

Culverwell is ʼn Suid-Afrikaner wat in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap grootgeword het. Hy werk al vyf jaar lank in die VAE. Nohai is oorspronklik van Ukraïne en het ook in die VAE gewerk.

Die BBC het berig Nohai het siek gevoel en maagkrampe gekry, waarna Culverwell haar hospitaal toe geneem het. ʼn Dokter het bevestig Nohai is swanger. Culverwell en Nohai is aan die polisie oorhandig, omdat dit onwettig is om voorhuwelikse seks te hê in die VAE.

Dit het nou eers aan die lig gekom dat die paartjie in die tronk is, hoewel hulle reeds in Januarie in hegtenis geneem is. Amptelike klagte is nog nie teen die paartjie ingedien nie. Hulle sal egter in aanhouding bly terwyl verdere toetse op Nohai gedoen word.

Die Suid-Afrikaanse regering het die paartjie aangeraai om regshulp te kry.

Maroela Media het navraag gedoen by Nelson Kgwete, woordvoerder vir die departement van internasionale betrekkinge, maar na verskeie pogings kon hy steeds nie bereik word vir kommentaar nie.
Kgwete het wel aan EWN gesê hulle kan nie inmeng met die regsproses van ʼn ander land nie.
“Hulle [VAE] is ʼn soewereine staat met die reg om oortredings te vervolg wat as krimineel beskou word onder hul eie wetgewing,” het Kgwete gesê.

Indien die paartjie skuldig bevind word, kan hulle tronkstraf kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

isabell ·

Haha … maar in S A … kan jy MOOR, ROOF en VERKRAG … en nie sommer TRONK toe gaan nie …! Hoe VOL sou ons tronke nie gewees het as bogenoemde SONDE in SA ñ “ootreding” was nie!

tamboti ·

Belaglik of nie, die wet word afgedwing daar.
Nou wat se die anti-Trump anties nou!

MissDemeanor ·

Klink of jy nie besef dat die UAE en Saudi-Arabie vriende van die USA is nie…is jy onder ‘n klip gebore? UAE is nie op die lys van Trump se nuwe anti-imigrasie verbod nie. Die UAE en Amerika is dik tjommies. Wat dink jy daarvan?

Justice ·

Die skynheiligheid van die Arabiese lande is om van siek te word. Tydens `n besoek aan Dubai kon jy nerens behalwe in die Hotel kroeg ten duurste `n glas bier bestel – enige alkohol gebruik is volgens hulle taboe wat sekerlik hul reg is. Hulle koerante se advertensie bladsye is egter oorlopens vol van onder andere Russiese prostitute wat hul dienste aanbied sonder dat `n haan daaroor kraai. Arabiese mans vind veral blonde modelle absoluut onweerstaanbaar en word gereeld saam met hulle gesien – sekerlik bespreek hulle nie die Brent prys van olie nie. Ek kan nie verstaan waarom hulle nou so `n groot bohaai oor die twee wil opskop nie.

Johanna Botha ·

Een ding is seker hulle pas hulle wette toe …nie soos hier in SA waar alles veskoonbaar is al steel jy die koffers leeg

Hannetjie ·

Dis sad wat gebeur. ..Aan anderkant werk 5 jaar daar jy behoort mos te weet wat teen wet. …Dalk tyd Al die Arabs uit SA gegooi word. ..skokkend ons so called regering help nie

Jaco ·

Sulke lande se mense emigreer en dan kry na allerhande liegstories vlugtelingstatus en later selfs burgerskap in europa en amerika. Vir n paar jaar verdra hulle dan sondes wat vir die Weste, totaal aanvaarbaar is: “sondes” soos voorhuwelikse seks, homoseksualiteit, alkoholgebruik orals en selfs die eet van varkvkeis. En dan op n dag ruk hulle messe of masjiengewere uit, of hulle vlieg in geboue vas, om al hierdie Westerse sondes te straf. Ek verstaan nou Trump se reisverbod teen party moslemlande.

Piet Snot ·

Jaco, as jy my een VAE burger wys wat Europa of VSA toe vlug, eet ek my hoed op. Emiratis is oor die algemeen gesofistikeerde mense wat betaal vir dit wat hulle kry.
Hulle is verstommend verdraagsaam, en tree self baie sterk op teen ekstremiste: laasjaar is amper 100 ekstremiste lank tronk toe gestuur.

Jannie ·

Dit is reg. Wette is daar vir n rede. “When in Rome, do as the Romans does” hulle het dit geweet, as jy daar werk moet jy hulle wette gehoorsaam. Hulle moes aan die baba gedink het voor hulle saam in die bed gespring het. After-all sê die Bybel ons kinders sal vir ons sondes gestraf word.

tamboti ·

MissDemeanor jy is reg wat die reisverbod en VSA se bande met UAE betref, maar dit gaan oor die beginsel van die saak:
Ander lande se wette werk anders, moenie verwag dat jou “mensereg” of jou eie land se wet daar eerbiedig gaan word nie! Veral Moslem lande het baie streng en oenskeinlik DISKRIMINERENDE wette.
Nou waarom mag ‘n President in sy eie land regeer soos hy goed dink, al diskrimineer hy dalk teen ander lande nie?
Johannes jy vat mos vir Hannetjie in die gesig of wil jy nou diskrimineer teen “sogenaamde” Afrikaners?

Jd ·

As jy in n ander land kuier of werk moet jy hulle wette respekteer. As jy nie wil nie moet dan nie gaan nie.

Frikkie ·

Ek stem 101% saam, alle lande moet so wet toe pas. Ons lewe in ñ siek wereld sisteem, die mens is weer oppad soos in ‘sodom en gemora’ maar daar is hoop!

tess ·

Will jy vir my se dat Niemand in Dubai seks het as hulle nie getroud is nie. BOG man!
Daar is regtig baie erger dinge om oor te worry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.