SA meisie gered van mensehandel ná lokval

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vandeesweek daarin geslaag om ʼn aantal meisies van sowat 14 lande, insluitend Suid-Afrika, van mensehandel te red nadat die meisies deur ʼn valse webwerf en beloftes oor modelwerk in ʼn lokval gelei is.

Fikile Mbalula, minister van polisie, sê die SAPD, Interpol en die Valke het vandeesweek saamgewerk om te verseker dat die meisies veilig na hul lande van herkoms gestuur kan word.

Mbalula het nie gesê hoeveel meisies betrokke is nie, maar wel dat minstens een meisie van Suid-Afrika afkomstig is.

Volgens ʼn verklaring is die meisies na Maleisië gelok onder die voorwendsel dat hulle modelwerk gaan doen. Mbalula sê ʼn valse webwerf is ook begin om die meisies te oortuig dat hulle in veilige hande sou wees.

“Die vinnige reaksie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Interpol en die Valke het verseker dat meisies van onder meer Asië, Barbados en Suid-Afrika nou veilig is. Ons eie meisie, die Suid-Afrikaner, sal binnekort terug in die land wees,” het hy gesê.

Mbalula het ook gesê mense moet waaksamer wees oor geleenthede soos dié wat byna te goed is om waar te wees.

“Mensehandel is ʼn ernstige saak en jong mense, veral jong vroue, moet weet dat hulle veral weerloos is vir mensehandel. In sommige gevalle word die slagoffers vermoor en hulle organe gebruik om verder mee handel te dryf. Ons is net dankbaar dit was nie dié keer die geval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Carlen
Dankie vir jou valkoog! Jy is inderdaad in die kol. Die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Paul ·

Die spelling is “weerloosste”. Die woord is “weerloos” en die oortreffende trap kry die “-ste” uitgang.
Soos “pers”, “perser”, “persste”.

SPEL Reël ·

Weerloos= Weerlose

-Die twee weerlose meisies het by die boom gestaan.
-Die man sonder die baadjie is weerloos in die koue wind.
-Die dogtertjie sonder skoene en sonder ‘n baadjie was die weerloosste onder die groep kinders.

Kry my drift asb. Jul Afrikaans is werklik skokkend. Kry rigting soos my Oupa altyd sê.

LB S ·

Genade tog, as mens nou deesdae vermoor gaan word vir jou organe ook nog, waar sal alles tog eindig?

Sandra ·

Dank die Hemelse Vader dat hulle gevind is. Geluk aan almal met julle puik werk om hulle so gou te red. So baie jong mense is desperaat vir werk ên is nie altyd bewus van die gevare nie. Daar moet ‘n meer bewuste veldtog wees om jong mense te waarsku. Dit is nie almal wat nuus lees om van die gevare te weet nie.

yolande ·

Dankie aan die polisie wat meer op hul hoede is vir sulke dinge as 20jaar gelede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.