SA minister nou ook AU-komiteevoorsitter oor landbou

Minister Thoko Didiza. (Foto: GCIS)

Thoko Didiza, Suid-Afrika se minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, is pas in Addis Abeba verkies tot voorsitter van die Afrika Unie (AU) se gespesialiseerde tegniese komitee oor landbou, landelike ontwikkeling, water en omgewing.

In haar intreerede het Didiza toegegee dat ʼn enorme taak voorlê.

“Ons moet ʼn aksieplan saamstel, bepaal watter menslike hulpbronne ons het en begroot vir die programme waartoe reeds ingestem is,” het sy gesê.

Didiza het ook benadruk dat klimaatsverandering en die uitwerking daarvan op die landbousektor fyn dopgehou moet word. Sy het gesê die gevolge daarvan is ʼn werklikheid.

Die AU se gespesialiseerde tegniese komitees hanteer elkeen ʼn spesifieke aspek, soos landbou, en is verantwoordbaar aan die AU se uitvoerende raad. Die komitees bestaan uit ministers en senior amptenare van lidlande wat volgens hul portefeuljes verkies word.

Die komitees werk ook nou saam met ander AU-departemente om te verseker alle projekte en programme skakel bymekaar in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Ek dink sy weet darem as jy ‘n saadjie in die grond sit, en hom water gee behoort ‘n wortel, of blom darem op te kom. Sy lyk asof sy nie eers ‘n kleine saadjie se intelegensie het nie, maar word seker dik betaal, met soe paar onwettige tenders hier en daar. Arm AU! Waar was hulle koppe!!!!????

Eddie ·

Tinus , jy weet mos as politikus hoef jy niks van niks af te weet nie ,net die stoel te kan warm hou .

R ·

So die blindes lei die res. Die konsep dat die wat iets regkry, die leisels moet dryf is ‘n westerse konsep….

humor ·

Skielik besef ek wat gaan die redes wees wanneer nuwe eienaars na grononteiening gaan faal en hul n gemors daarvan gaan maak. Die eerste rede sal steeds apartheid bly. Die 2de rede sal die moderne een wees nl. klimaatsverandering en ek dink oom Jan van 1652 sal nog so af en toe n klap kry.

Sobymykoolkop ·

Dan kan Satan seker maar op ń kerkraad dien. Die bybel sê mos hoeka as 2 blindes mekaar lei val altwee in die sloot. As dit nie so absurd was nie kon ons daaroor gelag het

Adri ·

Wil iemand nie vir ons mooi verduidelik wie en wat die AU is en watter positiewe bydraes hulle al ooit gelewer het nie. Klink vir my maar na ‘n unie van dwase.

J J Schoeman ·

Tinus Coetzee……baie goeie kommentaar!! Maar van praat weet hulle alles. Hulle kan met die beste voorstelle en verskonings kom, dit verbaas my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.