SA minister skop vas teen Aussies se stelling oor wit boere

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Min. Lindiwe Sisulu het gesê ʼn politieke ingryping moet gedoen word nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, gesê het sy departement stel ondersoek in na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.

Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Donderdag ʼn diplomatieke démarche aan Adam McCarthy, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika, gerig om aan te dring dat kommentaar van die minister [Dutton] oor grondonteiening teruggetrek word.

“Die Suid-Afrikaanse regering neem aanstoot aan die uitlatings wat deur Australië se minister van binnelande sake gemaak is en ʼn volledige herroeping word verwag,” het Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement, gesê.

Mabaya het gesê McCarthy en afgevaardigdes het onderneem om dadelik met die regering in verbinding te tree om die boodskap aan Dutton oor te dra en terugvoer aan Sisulu te gee.

Maroela Media het vroeër berig Dutton het in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê sy departement stel ondersoek in na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer. Dutton het gesê hy meen wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die omstandighede waarin hulle hul bevind.

Sisulu het vroeër vandeesweek gesê dit is jammer dat die Australiese regering nie gekies het om die “beskikbare diplomatieke kanale” te gebruik om hul kommer oor die grondhervormingsproses in Suid-Afrika te kenne te gee nie.

“Daar is geen rede vir enige regering op enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar by hul eie demokraties verkose regering verkeer nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

213 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lollie

Slaap Sisulu of is sy bloot net ń puppet on a string?! ń Blinde persoon kan sien wat in SA aangaan!

Johann

Ja Sisulu. Jou vermetelde arrogansie pas by jou gewetenlose houding teenoor blankes en boere en die realiteit van verwoesting, diefstal, vergrype en moord est JY probeer toesmeer!

Andries

Natuurlik sal sy so dink, die MOORD statistiek mag mos nie in die in koerante kom nie. Daar word nie gesing en gese maak die boere dood nie, ons gaan “soos paddas gekook word”, en dis die wat in beheer is oor die massas se woorde. Nee genoeg is genoeg, Die skrif is op die muur.

Christel

Liewe Lindiwe…..jy bly seker nie in dieselfde SA as ek nie. Hier op die plaas is ons lewens elke minuut van elke dag in gevaar!! In die laaste 5 jaar het ek self al hulp verleen by 4 plaasaanvalle…waarvan twee familie lede was & een ‘n goeie vriendin. Lindiwe, haal die skille van jou oë af of wees net man genoeg om te erken dat SA ‘n probleem het. Om ander kant toe te kyk & te maak of niks fout is nie IS DIE GROOTSTE FOUT!! Dis baie maklik om in jou gerieflike huis te sit en hierdie sinnelose… Lees meer »

Lag

Nou wat van alle weteloosheid op ons plase..minister? hoekom mag ons wit boere nie ook n uitweg he nie?